Hal­lo Kui­er-men­se

Kuier - - Kuierhoekie -

Dis da­rem lek­ker om ’n nu­we ge­sig op die voor­blad te hê – ver­al as hy so ’n in­te­res­san­te en in­spi­re­ren­de sto­rie soos He­mel-Be­sem het. En dan is hy nog aan­trek­lik ook! Wat my die mees­te be­ïn­druk het, is sy po­si­tie­we in­ge­steld­heid, want hy het nooit dat sy om­stan­dig­he­de be­paal deur wat­ter fil­ter hy die le­we sien nie. In­teen­deel, hy glo baie groot din­ge is moont­lik, maak nie saak waar­van­daan hy kom nie en hy wil daar­die bood­skap ver­sprei so ver hy kan. Daar is in­der­daad baie prik­ke­len­de lees­stof wat jou in­spi­reer en ook laat na­dink. Ek het nou nie kin­ders nie, maar as ek ’n ou­er was, sou ek be­slis die sto­rie t­wee keer lees oor wie ek sou be­noem om na my kin­ders kyk in­dien ek sterf ter­wyl hul­le nog min­der­ja­rig is. Ek het nooit ge­weet dis so in­ge­wik­keld nie! Maar die een sto­rie waar ek my nou in­ge­leef het, is oor daai “Ou­sus” (blad­sy 42), want ek is mos self een. Die oud­ste van vier en hul­le noem my “Die Baas”, juis oor ek ook soms in skool­va­kan­sies na hul­le moes kyk as my ma ge­werk het. En dan was my woord wet. Nou kyk, g’n tie­ner hou van dié jop­pie nie en wou eer­der met my tjom­mies uit­hang as ag­ter kleu­ters hard­loop. Ek het ook die heel­tyd ge­wor­ry hul­le kom iets oor on­der my sorg (die kook­wa­ter!). So ek het nog­al sim­pa­tie met “Ou­sus” en al sal my sus­ter en broers se­ker sê ek was bie­tjie rof by tye, sou ek hoop die dag as hul­le in die moei­lik­heid is of reg­tig hulp be­no­dig, is dit “Die Baas” se nom­mer wat hul­le eer­ste bel. Tot vol­gen­de keer,

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.