SMS

Kuier - - KUIERHOEKIE - BE­NI­TA SOLOMONS

Wat kan ek sê? My hart gaan uit na Net­ta (Bloe­dig ver­moor, 8 A­pril 2015). Ek glo dat jy weer gaan lag en ge­luk­kig sal wees. Ont­hou, daar is net een wat jou pyn heel­te­mal kan weg­vat en Sy naam is Je­sus. Ek bid vir jou.

SOPHIA VAN WYK, STRAND

Net­ta, wees jy net sterk. God sal af­re­ken met hom want wat hy ge­doen het, is wreed (Bloe­dig ver­moor, 8 A­pril 2015). Los hom, sy ly­ding is nie ver nie. Hy gaan smeek tot die dood hom tref, want daai twee­ling is nou Je­sus se en­ge­le. Hul­le t­wee is nou vei­lig in Je­sus se arms. Wees sterk en vol moed, Net­ta. Ek voel dit saam met jou.

JES­SI­CA ADAMS, LO­TUS­RI­VIER

Dis ’n groot ver­lies wat Net­ta deur­ge­maak het (Bloe­dig ver­moor, 8 A­pril 2015). Maar so praat die He­re ook met ons deur al hier­die din­ge. Ek hoop hy gaan swaar ge­straf word en dat Net­ta ’n nu­we be­gin kan maak met die He­re aan haar sy. Dis so jam­mer Net­ta se ma wat haar moes vas­hou in die tyd, ont­breek in haar le­we. Sterk­te Net­ta, jy is voor­waar ’n le­wens­les vir so baie van ons hier bui­te.

LI­O­NEL BARK­LY, NOORD-KAAP

My tra­ne loop soos ek die sto­rie lees van die twee­ling wat dood

ge­steek was (Bloe­dig ver­moor, 8 A­pril 2015), op die­self­de dag (14/12/2012) wat ek my sus­ter dood­ge­steek in haar huis ge­kry het. Haar man het haar van kop tot to­ne ge­steek en toe hom­self ge­hang. Sy was ’n ver­pleeg­ster en die sto­rie het my hart ge­ruk. Dit is ’n pyn wat nooit weg­gaan nie.

ROCHELLE NI­CHO­LAS, BLACK­HE­ATH

Nou is hul­le wreed van jou af weg ge­neem (Bloe­dig ver­moor, 8 A­pril 2015). Maar ek kan jou be­lo­we die He­re doen al­les met ’n doel. Ont­hou, ons He­mel­se Va­der het hul­le net vir jou ge­leen om hul­le vir Hom groot te maak. Hy het ’n plan met jou. Sterk­te en glo en ver­trou. Jy is in my ge­be­de.

ROCELLE SWART, RO­BERT­SON

Mag hy vrot in die tronk! Hy’t nie eens sim­pa­tie dat dit ba­bas was nie (Bloe­dig ver­moor, 8 A­pril 2015). Net­ta, ons le­sers dink aan jou deur die moe­li­ke tyd. Mag jy

vre­de in jou hart kry.

K. GOR­DON,WE­LING­TON

Wat ’n hart­seer sto­rie (Bloe­dig ver­moor, 8 A­pril 2015). Rei­net­te, ek kan my net in­dink wat ’n tra­gie­se er­va­ring jy be­leef het. Ek is so jam­mer vir dit. Mag God jou se­ën met lief­de, ge­luk en be­rus­ting. Ek is self ’n ou­er en toe ek dit lees, was dit net tra­ne wat rol. Maar ont­hou, jou t­wee prag­ti­ge en­ge­le is nou vei­lig.

ROE­LI­NE DE KO­KER, KAT­HU

Ek kan nie glo dat een mens so ’n wre­de be­le­we­nis ge­had het nie. So sit ’n mens hier in jou eie com­fort zo­ne en weet nie wat ver­der in die wê­reld aan­gaan nie. Wens ek was na­by dat ek haar net druk­kie kon gee.

SU­SAN S­WA­NE­POEL,VRYSTAAAT

Ek wil net vir Kui­er baie dan­kie sê dat ek van my goeie vriend E­ric van der Byl in die uit­ga­we van 8 A­pril 2015 kon lees ( Stap na Suk­ses). Jul­le tyd­skrif is prop­vol in­spi­ra­sie vir al jul­le le­sers. Ek hoop die men­se van Ha­no­ver Park kan sien dat met God aan jou sy, kan jy din­ge ver­mag wat jou­self ver­stom. God se ryk­ste se­ë­nin­ge vir die Kui­er- span!

HO­ËR­SKOOL­ON­DER­WY­SER PETER HEN­DRICKS, MOUNTVIEW

Ek was aan­ge­naam ver­ras met die aan­stel­ling van dr. Ge­ni­ne Jo­si­as in Kui­er. Jul­le kon nie ’n be­ter keu­se ge­maak het nie. Na­dat my man ’n be­roer­te ge­had het, was hy nie so goed be­han­del deur die dok­ter van ’n se­ke­re hos­pi­taal nie. Dr. Jo­si­as het my man per­soon­lik te­rug hos­pi­taal toe ge­neem en daar­op aan­ge­dring dat hul­le hom in­neem. Ek het al­tyd ge­hoop om vir haar dan­kie te sê en ek wil Kui­er ge­bruik om dit te doen. Ek wens haar al­le sterk­te toe.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.