Fa­ce­book

Kuier - - Huierhoekie - CAR­MEN SAAY­MAN ROS­SOUW

Die ar­ti­kel oor Mo­ni­que Ga­briels (’n Reg­te Veg­ter, 22 A­pril 2015) b­ring so­veel tra­ne in my oë, ek kan nie eens my e­mo­sies keer nie. Die sto­rie be­wys dat ons wat ge­sond is, die le­we moet waar­deer en el­ke dag vir die He­re dan­kie sê vir Sy ge­na­de. Sy is ’n li­ving tes­ti­mo­ny van die He­re se teen­woor­dig­heid hier op aar­de.

ALESIA ANTHENE SWART

Bloe­dig Ver­moor (Kui­er 8 A­pril 2015). Dis tra­gies om daai twee­ling so te ver­moor en dan die tik die skuld te gee. Hy leef nog, maar wat van hul reg op le­we wat van hul­le ont­neem is? Ek het ge­huil toe ek dit lees. B­ring die dood­straf t­rug. CO­LIN GRAN­VIL­LE

My tra­ne rol nou soos ek die sto­rie van Je­ro­me en No­le­ne lees (Ou­sus, My Held, 22 A­pril 2015). Ai, dit breek my hart, want hier in van­dag se le­we is daar so baie kin­ders wat be­voor­reg is en als in die le­we kry, maar dan gooi hul­le tog hul le­we weg waar hul­le be­sig is met ver­keer­de din­ge. Dan kry jy an­der soos Je­ro­me wat wil iets wees, ten spy­te van sy om­stan­dig­he­de. Ooh, dit laat ’n mens se hart net goed voel. Ek sa­lu­te jou No­le­ne! Een­dag gaan jy jou kroon in die he­mel ont­vang. En aan Je­ro­me, jy is ’n wen­ner. Jy het suk­ses be­haal, so wees trots op jou­self en waar­deur jy ge­kom het. Dan­kie Kui­er dat jul­le my so lek­ker laat tjank het. Ek is self ’n ma wie als vir haar seun kan gee, maar hy wil sy le­we weg­gooi en dit maak so seer. JC VAN NEEL

Ek het my Kui­er oor en oor ge­lees. Het die on­der­houd met ons lief­li­ke voor­blad­nooi ( Lief­li­ke Lie­sl, 22 A­pril 2015) baie in­spi­re­rend ge­vind. Thumbs up, Kui­er. ROSALINE CLAASENS

Prag­ti­ge voor­blad (22 A­pril 2015). Dan­kie Kui­er- span vir el­ke sto­rie, wenk, ad­vies en re­sep in die tyd­skrif. Ek lees el­ke uit­ga­we van hoek tot kant. God se­ën jul­le.

LAROCHELL CU­PI­DO

Ek moet sê, al die sto­ries in die vo­ri­ge uit­ga­we het my hart­sna­re vrees­lik ge­roer. Ek was ver­al in tra­ne vir Mo­ni­que se sto­rie (’n Reg­te Veg­ter). Baie dan­kie aan die Kui­er- span vir ’n u­nie­ke uit­ga­we. Mag God jul­le ryk­lik se­ën.

ZULEIGA SADICK

Baie dan­kie vir jul tyd­skrif, Kui­er. Ek het al baie goeie wen­ke hier ge­kry en kan nie wag vir die vol­gen­de uit­ga­we nie.

AN­NA­TJIE MUN­NIK-S­CHOLTZ

Dan­kie baie Kui­er- span vir ’n won­der­li­ke tyd­skrif. My hart het ge­breek toe die ar­ti­kel lees van die twee­ling­sus­sies wat so le­lik ver­moor is (Bloe­dig Ver­moor, 8 A­pril 2015). My hart gaan uit na hul moe­der. Ek weet nie wat ek sou doen as ek my kin­ders so wreed moes ver­loor nie. Mag God haar ver­troos.

A­LI­CIA ANASTACIA KEY­SER-WAL­TERS

Het so pas my Kui­er deur­ge­blaai en stop toe by die ar­ti­kel van die U­dubs rek­tor (U­dubs se Prof, 22 A­pril 2015). Baie goeie ar­ti­kel! En om te dink t­wee maan­de ge­le­de was ek deel van die VIP’s wat die in­hul­di­ging van die nu­we rek­tor en vi­se-kan­se­lier van U­dubs kon by­woon! Wel­kom tuis, pro­fes­sor Ty­ro­ne P­re­to­ri­us.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.