Hal­lo Kui­er-men­se

Kuier - - Huierhoekie -

Hier­die is voor­waar ’n bê­re­boek en heel­te­mal te­reg, want dis im­mers ons Moe­ders­dag­uit­ga­we. Dis som­mer baie spe­si­aal en ook nie net om­dat jul­le ’n CD by­kry nie. (Maar dis da­rem ’n lek­ker luis­ter-CD, of hoe?)

Dis spe­si­aal om­dat ons dit nie net vir al die ma’s in Kui­er- land ge­maak het nie, maar ook vir al ons eie ma’s, groot­maak­ma’s en an­ties, want jul­le is mos die eint­li­ke in­spi­ra­sie ag­ter Kui­er en dis aan jul­le wat ons dink el­ke keer as ons ’n uit­ga­we be­plan of ’n sto­rie uit­werk.

Ek sê al­tyd vir die span, as jul­le nie kan sien hoe jou ma, ou­ma of an­tie haar in ’n sto­rie in­leef, saam huil of iets uit ’n ar­ti­kel leer nie, dan doen ons dit nie reg nie. Dit geld vir elk­een van ons.

My ou­ma is klaar ge­hol­pe met die bood­skap, my ma gaan haar weer in­leef in Clai­re Paul­se se sto­rie. Vir an­tie Lol­la is dit Jo-Ann S­trauss en haar ma, want sy was maar al­tyd die beau­ty qu­een on­der ons, an­tie Ti­na is op die geld­sa­ke en vir an­tie Ma­rie is daar Wat die Hart van Vol is.

Maar die Wa­re Le­wens­dra­ma is vir my, want ek is ook mos nou ’n an­tie. Daai sto­rie vat aan jou, daar waar jy nie aan ge­vat wil wees nie. En wat sê mens dan nou vir Me­lis­sa-Ja­de se ou­ers?

Ons kan nie ge­noeg hul­de b­ring aan die ma’s wat ons groot­ge­maak het nie (en nou nog as groot­men­se daar is vir ons nie), maar B­ren­den Rui­ter help ons da­rem in sy ru­briek uit met ’n paar ge­pas­te woor­de: He­re, dan­kie vir die han­de waar­mee U my ma ge­se­ën het; Dan­kie dat U hul­le sterk ge­maak het toe myne swak was.

Tot vol­gen­de keer,

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.