SMS

Kuier - - Huierhoekie - RO­SE NORKIE, PORT ELIZABETH

Wat meer kan ’n mens sê? Mo­ni­que, jy is ’n wa­re veg­ter (’n Reg­te Veg­ter, 22 A­pril 2015). God wil deur jou vir an­der wys as jy glo, is daar hoop. Wees sterk.

MA­RIE JOHN­SON, PA­CALTS­DORP

Ek lees nou die ver­haal met tra­ne (Bloe­dig Ver­moor, 8 A­pril

2015) want ek kan hul­le keer nie. As ’n jong ma wil ek net vir Net­ta sê sy is baie sterk. Maar sy moet een ding ont­hou, God sit niks op jou pad wat jy nie kan han­teer nie. Ek wil haar be­moe­dig. Sy moet haar le­we vir Je­sus gee, want Hy is baie lief vir haar en ek bid vir haar. Ek sal li­ke om haar te ont­moet.

MA­RIA GROOT­BOOM, GE­OR­GE

Na aan­lei­ding van die bar­baar wat daar­die twee­ling ver­moor het (Bloe­dig Ver­moor, 8 A­pril 2015), dink ek dit is tyd dat hier­die re­ge­ring be­gin ver­stand kry en die dood­straf te­rug­bring.

AT ED­WARDS, BRAND­FORT

Ek is ’n ge­reel­de Kui­er- le­ser en mis nie een uit­ga­we nie. Jul­le het so ’n ver­skei­den­heid ar­ti­kels, sul­ke in­spi­re­ren­de en wa­re sto­ries. Vat nou maar by­voor­beeld die een oor ons huis­hul­pe (Stryd van die Huis­hulp, 11 Maart 2015). Huis­hul­pe het ’n on­dank­ba­re werk met lui huis­vroue en mans se ge­drag. Dit gaan my ver­stand te bo­we dat daar nog sul­ke ras­sis­tie­se aan­mer­kings ge­maak word ná meer as 20 jaar in die nu­we re­ge­ring. Kui­er is reg­tig ’n puik tyd­skrif, die prys is so goed en ek lo­ve al die wen­ke ook. Baie dan­kie Kui­er.

NI­TA ERASMUS, VAN­DER­BIL­J­PARK

Nie­mand van ons het ’n vo­te ge­had om ons ou­ers te kies nie, maar is deur God se ge­na­de as ver­wan­te uit­ver­kies en dit gee nie­mand die reg om kin­ders te ont­voer nie (Nog lang pad vir Zep

ha­ny, 25 Maart 2015). Nie­mand het die reg om ma en dog­ter se ver­hou­ding vir 17 jaar so te sa­bo­teer nie. Maar dank­sy God en Sy u­nie­ke plan, het Ce­les­te en Zep­ha­ny nog ’n kans ge­kry om te her­e­nig. Dit gaan bui­ten­dien nie oor hoe ons be­gin nie, maar hoe ons ein­dig. Se­ë­nin­ge oor ma en dog­ter se re­ü­nie.

PAMELA SELLIDON, WYN­BERG

E­ric van der Byl se om­stan­dig­he­de in “Stap na Suk­ses” (8 A­pril 2015) het my weer­eens laat be­sef dat al­les in die le­we moont­lik is. My om­stan­dig­he­de het my ook ge­leer hoe om die le­we vier­kan­tig in die oë te kyk en om al­tyd my beste te pro­beer. Dis reg­tig ’n in­spi­ra­sie en ’n le­wens­les vir ons al­mal. Nog­maals dan­kie Kui­er, vir al die lees­stof en el­ke an­der as­pek wat dit be­hels.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.