Rus now sag...

Kuier - - KUIERHOEKIE -

Mo­ni­que Ga­briels

Ger­ty Ga­briels se laas­te dag met haar dog­ter, Mo­ni­que (23), was per­fek.

“Sy het ge­straal en die laas­te dag was eint­lik ’n ge­pas­te fa­re­well. Haar laas­te woor­de aan my was‘Mam­ma, ek wil huis toe gaan,”ver­tel ’n e­mo­si­o­ne­le Ger­ty.

Op 23 A­pril het Mo­ni­que se hart gaan staan en sy het in die Ty­ger­berg-hos­pi­taal, waar sy al meer as 20 jaar be­han­del word, ge­sterf.

Mo­ni­que se be­graf­nis is op 2 Mei ge­hou en t­wee dae la­ter het Ger­ty se sus­ter ook ge­sterf.

Keisha Gys­man

(7) van Port Elizabeth, wat ’n groei­sel op haar ge­sig ge­had het weens die kan­ker neu­ro­blas­toom, het op 30 A­pril om­streeks 04:30 die og­gend ge­sterf. Haar pa, John­ny, was by haar.

Haar ma, Hilary, se stem het ge­be­we soos sy ver­tel:“Dis moei­lik, maar ons gaan aan.”

Hilary ver­tel voor haar dood was Keisha in baie pyn en weer in die hos­pi­taal. Keisha was eg­ter steeds ge­sel­se­rig. Die aand voor haar dood wou Keisha eg­ter by John­ny weet:“Dad­dy, as jy dood­gaan, kan jy in jou jaart be­gra­we word?”So as­of sy ’n voor­ge­voel ge­had het van wat gaan ge­beur.

Keisha is op 9 Mei be­gra­we.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.