TYD­LO­SE TA­LENT

Dié ak­teur­paar ver­maak ons al vir ja­re en het nog baie les­se om te deel, ver­al met die jeug.

Kuier - - FRONT PAGE - DEUR ernusta van wyn­gaard

As daar nou ’n ak­teur­paar is wat jou hart­sna­re kan roer en jou in daar­die to­neel kan vat waar hul ka­rak­ters hul­le be­vind, is dit Cedwyn Joel (62) en De­ni­se Ne­w­man (60).

Dink maar aan hul­le in klas­sie­ke en on­ver­geet­li­ke reek­se soos Die Al­le­mans,

On­der En­ge­le, Tus­sen Dui­wels en Meeu-lan­ders (wat on­langs her­uit­ge­saai was op SABC3) waar­in hul­le teen­oor me­kaar ge­speel het. In die mees­te ge­val­le was hul ka­rak­ters ook ’n cou­ple.

Die drif waar­mee Cedwyn sy ka­rak­ters tot in jou sit­ka­mer kan b­ring en die e­mo­sie wat De­ni­se jou kan laat voel wan­neer sy in haar ka­rak­ters in­klim en hul pyn, des­pe­raat­heid en soms die wan­ho­pig­heid van hul om­stan­dig­he­de aan jou oor­dra, is op ’n an­der vlak van to­neel­spel.

Dit ge­tuig van“old s­chool acting”– daai wat hul­le in die te­a­ter ge­leer het en wat hul­le saam met hul­le b­ring wan­neer hul­le voor die TV-ka­me­ras in­skuif.

Dis hoe­kom dit vir Kui­er ’n voor­reg is om dié ou TV-guns­te­lin­ge by­me­kaar te kon b­ring vir hier­die voor­blad. Ons wou hul­de b­ring aan Cedwyn en De­ni­se wat ons al vir so­veel ja­re met hul ta­lent ver­maak en ons men­se se sto­ries met so­veel pas­sie, deer­nis en ge­loof­waar­dig­heid ver­tel.

En soos Cedwyn sê, ’n mens is nooit te oud om te leer nie, en dié t­wee, wat al­bei nou in hul ses­tigs is, het ge­noeg van die le­we (én hul be­dryf) ge­sien om ons steeds ’n les of t­wee te leer. Hul­le hoop om ver­al tot jong­men­se deur te dring, wat hul­le voel is te uit voe­ling met hul ge­skie­de­nis, én dit wat be­lang­rik is in die le­we.

Voor ons eg­ter by die erns­ti­ger din­ge uit­kom, moet ons net eers praat oor hoe goed Cedwyn en De­ni­se vir hul ou­der­dom­me lyk.

Cedwyn is die jeug­dig­heid van­self en sê hy voel nie ’n dag ou­er as 40 nie! Hy volg hier­die stel­ling op met ’n aan­steek­li­ke kek­kel­lag­gie en sê hy klou­ter nog op sy huis se dak rond.

De­ni­se, wat ver­le­de jaar ses­tig ge­word het, is steeds beeld­skoon, sexy en straal ’n tyd­lo­se e­le­gan­sie uit.

Cedwyn ver­tel lag­gend hy is maar te bly De­ni­se is saam met hom op die voor­blad. “Sy het my nog al­tyd laat goed lyk!”

STO­RIE­VER­TEL­LERS

Hoe­wel hul­le eint­lik al na­by “af­tree­ou­der­dom” is, is daar tans nog nie spra­ke daar­van nie, want Cedwyn (wat la­ter van­jaar wel ’n bie­tjie tyd wil af­vat), werk nou aan

Buurt­wag, ’n nu­we kykNET-reeks. Voor dit was hy in pro­duk­sies by fees­te soos die KKNK, Woord­fees en by die Kuns­te­kaap­te­a­ter.

De­ni­se was ten ty­de van die on­der­houd weer op die ver­hoog be­sig om die an­ti­a­part­heids­ak­ti­vis Dul­cie Sep­tem­ber se sto­rie in die pro­duk­sie Cold Ca­se: Re­vi­si­ting

Dul­cie Sep­tem­ber by die Bax­ter-te­a­ter te laat her­leef. Daar­na wil sy Dul­cie se sto­rie land­wyd vat en mik ook om dit op oor­se­se ver­hoë te ver­tel, want Dul­cie het ook in die ja­re se­wen­tigs en tag­tigs in­ter­na­si­o­naal be­kend ge­word vir haar an­ti-a­part­heids­werk. Sy is uit­ein­de­lik in 1988 koel­bloe­dig in Pa­rys, Frank­ryk ver­moor. (Lees meer oor Dul­cie se sto­rie op die vol­gen­de blad­sy.)

Dit is juis dié pas­sie om aan te hou om ons men­se se sto­ries te ver­tel, wat Cedwyn en De­ni­se steeds laat doen wat hul­le doen.

“Die jong­men­se van van­dag ver­geet van die ge­skie­de­nis wat an­der­dag ge­beur het. Dis hoe­kom ek Dul­cie Sep­tem­ber se sto­rie ver­tel. Sy was ’n hel­din en sy was van Athlo­ne. Ons moet weet waar­van­daan ons kom, al kyk ons vo­ren­toe, an­ders her­haal ons die fou­te van die ver­le­de,”sê De­ni­se.

Sy sê jong­men­se, wat dink hul om­stan­dig­he­de ver­hoed hul­le om uit te styg, moet ont­hou“daar was mil­joe­ne wat uit­ge­styg het”en dit reg­ge­kry het deur klip­hard te werk en nooit tou op te gooi nie.

“Hoe­veel jong­men­se ken by­voor­beeld vir Dennis Bru­tus (op­voe­der, joer­na­lis, dig- ter en ak­ti­vis)? Ek wil nie ’n ge­voel hê dat ons lo­sers groot­maak nie, want dees­dae com­mit hul­le aan die af­bre­ken­de, ne­ga­tie­we goed en is boon­op in de­ni­al daar­oor,” meen Cedwyn.

“En hoe­veel jong­men­se ken vir Ri­chard Ri­ve, wat ’n bril­jan­te skry­wer was en aan Ox­ford-u­ni­ver­si­teit stu­deer het? Hy het te­rug­ge­kom en ’n groot in­druk op skool­kin­ders hier kom maak. Hy en Dul­cie was ons men­se en het ge­wys daar is ’n an­der kant van ons ge­meen­skap ook,”voeg De­ni­se by.

Dit is juis oor die“an­der kant van ons ge­meen­skap”dat Cedwyn en De­ni­se kop­skui­we maak oor die rol­le wat hul­le na de­se ver­tolk.

De­ni­se en Cedwyn, wie se we­der­syd­se re­spek vir me­kaar on­mis­ken­baar is, is al­bei oor een ding dui­de­lik: Cedwyn is nie meer lus om bruin men­se op ’n ste­re­o­ti­pie­se ma­nier uit te beeld nie. De­ni­se stem saam en sê dis hoe­kom sy vir eers rol­le van die “arm­sa­li­ge, hui­le­ri­ge vrou”ver­my.

“Ek wil nie heel­tyd die tsot­si-rol­le speel nie, want dit gla­mo­ri­se goed wat ons pro­beer teen­werk. Bruin fa­mi­lies word al­tyd arm­sa­lig uit­ge­beeld. Ek wil nu­we goed hê. Ons het ook mos la­wy­ers en dok­ters in ons ge­meen­skap­pe (wat ons kan uit­beeld),”sê Cedwyn met gees­drif en pas­sie.

doen dit VIR DIE LIEF­DE

Die glim­lag­te breek op al­twee se ge­sig­te deur en die ont­hou gaan sit in hul oë wan­neer hul­le uit­ge­vra word oor die tye toe hul­le be­gin saam­werk het.

Die Al­le­mans in 1990 was die eer­ste reeks waar­in hul­le teen­oor me­kaar (én ’n paar­tjie) ge­speel het.

De­ni­se, wat eint­lik En­gels is, ver­tel nos­tal­gies dit was toe haar eer­ste keer in ’n A­fri­kaan­se reeks.

“Ons het Die Al­le­mans nog in ’n skool­saal in Pa­row ge­skiet. Ek het baie hard ge­werk om my A­fri­kaans reg te kry en Cedwyn het my des­tyds baie ge­leer oor die rit­me van A­fri­kaans,”ont­hou De­ni­se en kyk dank­baar na Cedwyn.

Ná Die Al­le­mans, het die tref­fer­reek­se On­der En­ge­le in 1994 en Tus­sen Dui­wels in 1996, oor die for­ced re­mo­vals in Dis­trik Ses, ge­volg. Die sto­rie was swaar ge­laai en e­mo­si­o­neel en dis rol­le waar­in Cedwyn en De­ni­se hul tan­de in­ge­slaan het, om­dat hul­le daar­mee kon re­la­te.

Hul che­mi­stry voor die ka­me­ras het oor die ja­re ook net ál be­ter ge­raak en hul­le is ge­mak­lik om voor­stel­le te maak oor hoe die an­der een ’n se­ke­re to­neel moet aan­pak.

“On­der En­ge­le was een van my guns­te­lin­ge. Dit was ’n klas­sie­ke reeks en het die spy­ker (van for­ced re­mo­vals) op die kop ge­slaan. Ek het baie ge­leer in hier­die tyd. Die leer hou nooit op nie; selfs nou nog. Die o­nus is op ons om die stan­daard van acting daar te stel vir die jon­ger ge­slag. Ek wil hê hul­le moet ver­be­ter daar­op,”sê Cedwyn.

En al is Cedwyn en De­ni­se van die be­kend­ste ak­teurs in Suid-A­fri­ka, is hul­le ge­luk­kig om tus­sen hul men­se in ge­meen­skap­pe te bly wat hul­le ken.

Cedwyn bly steeds in Eer­ste­ri­vier in die Kaap en De­ni­se in Van­guard E­sta­te in Athlo­ne.

De­ni­se sê ak­teurs word in elk ge­val nie so baie be­taal om die duur­ste van die duur­ste goed te kan be­kos­tig nie.“Ek ry steeds nie ’n BMW of Mer­ce­des nie en bly steeds in die towns­hip. Wat men­se ook ver­geet is, as ek nie werk het nie, het ek nie ’n in­kom­ste nie. Maar ek doen dit waar­voor ek ’n pas­sie het,”sê sy te­vre­de.

Cedwyn glim­lag ook, want ook hy voel ge­luk­kig om sy pas­sie en doel te­ge­ly­ker­tyd te kan uit­leef.

In elk ge­val, sê hy, hy voel hy is die een wat gaan uit­mis op al die kleur­vol­le ka­rak­ters in sy ge­meen­skap as hy moet weg­trek na ’n spog­buurt toe. Waar gaan hy dan die in­spi­ra­sie vir sy ka­rak­ters kry?

HOOF­FO­TO EN REGS: Die ak­teur­paar Cedwyn Joel (62) en De­ni­se Ne­w­man (60) wil met hul rol­le die jon­ger ge­slag die les­se oor ons ge­skie­de­nis leer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.