SMS

Kuier - - KUIERHOEKIE -

Dit is so hart­seer oor die ver­lies van Me­lis­sa-Ja­de Plat­jies se le­we (Graf toe ge­boe­lie, 6 Mei

2015). Aan die ou­er­paar en fa­mi­lie, hou vas aan die won­der­li­ke her­in­ne­rin­ge en dan­kie dat jul­le

jul pyn met ons le­sers ge­deel het. Jul dog­ter sou wou hê dat an­der kin­ders dalk die pyn ge­spaar word. Mag die vre­de van Je­sus saam met jul­le wees in hier­die moei­li­ke tyd. Baie dan­kie Kui­er! CATHY MAT­THEWS, S­TRAND­FON­TEIN

Jong mam­mies, ’n mens is nooit te oud om te leer nie. Wees al­tyd teen­woor­dig as daar met ge­vaar­li­ke ma­sjie­ne, ge­reed­skap en toe­stel­le ge­werk word (Ge­be­de ver­hoor, 20 Mei 2015). Kin­ders moet net van ver af kan kyk. Rat­her sa­fe than sor­ry.

ELLEN BRO­WN, PORT ELIZABETH

Ek lees “Rus nou sag” (Kui­er­hoe­kie, 20 Mei 2015) en met tra­ne in my oë wil ek die fa­mi­lies van Mo­ni­que Ga­briels (Reg­te Veg­ter, 22 A­pril 2015) en Keisha Gys­man (Help tog net my kind, 11 Maart 2015), sê hoe jam­mer ek is oor hul ver­lies. Wees sterk. Hul­le rus sag en is vei­lig in die arms van Je­sus.

JE­AN SOLOMONS, MIT­CHELLS PLAIN

Ons koop el­ke uit­ga­we van Kui­er, en het ver­al die Moe­ders­dagCD ge­niet. Ons hoop dat daar ook een in die Va­ders­dag-uit­ga­we gaan wees. God se­ën jul­le, Kui­er­span vir al die har­de werk en om­gee. Jul­le is tops! Ek het my Moe­ders­dag-uit­ga­we van Kui­er aan Mag­gi Ger­ber van Har­ten­bos ge­skenk en sy ge­niet so vrees­lik om die tyd­skrif te lees.

JA­CO­BUS KIEWIT, VLEESBAAI

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.