HAN­DE VOL LIEF­DE

Soms wan­neer jy jou beste gee, sal jou har­de werk en op­of­fe­ring be­loon word.

Kuier - - KORTVERHAAL - Deur Noe­lien Ti­tus

Die ge­stoei in en uit die Kaap­se trein laat A­vril par­ty­keer ef­fe ver­lang na Port Elizabeth se taxi’s. Aan die an­der­kant laat die ge­druk en be­dom­pig­heid bin­ne die trein haar al­tyd won­der hoe haar u­ni­form ruik teen die tyd wat sy by die hos­pi­taal kom. Ge­luk­kig b­ring t­wee lang spuit­ha­le Whi­te La­ce weer ge­moeds­rus. In die taxi’s was ’n sit­plek die mees­te van die tyd ge­waar­borg. Sar­dien­tjie­blik-styl of te not.

Die ge­doef-doef mu­siek wat som­mi­ge van die Baai se dri­vers speel, was soms te veel, maar dit het haar ge­leer om haar­self af te sny. Dit was be­lang­rik dat haar ge­moed kalm en po­si­tief moes wees wan­neer sy by haar eer­ste pa­si­ënt se huis aan­kom.

Wie weet, mis­kien trek hul­le een van die dae weer te­rug PE toe. Sy kan sien die on­se­ker­heid by haar man se werk knou aan hom. Só speel A­vril se ge­dag­tes ping-pong tot sy by Bell­vil­le-sta­sie moet uit­klim.

Wie het ge­weet S­haun sou op hul ses­de wed­ding an­ni­ver­s­a­ry son­der die ge­wo­ne bos blom­me by die huis aan­kom? Wat hy wel huis­toe ge­bring het, was nuus dat hy oor d­rie maan­de son­der werk sou wees. Hy was ge­re­trench. Dank die Va­der vir haar swa­er wat in die Kaap­se ha­we hys­kra­ne be­stuur. Hy het ’n woord in­ge­sit by sy werk­ge­wer en agt maan­de la­ter het hul­le met die twee­ja­ri­ge S­haun­dré sak en pak Kaap toe ge­trek.

Kort-kort moet A­vril haar­self uit haar ge­dag­tes trek om te check by wat­ter sta­sie hul­le is.

Sy kan nie an­ders as om van­og­gend te­rug te dink nie. Van­dag, pre­sies t­wee jaar ge­le­de, het hul­le uit PE ver­huis. Dit was nie mak­lik om op te pak en af­skeid te neem van die plek waar sy nog haar he­le le­we lank ge­bly het nie. Die mees­te van S­haun se werks­aan­soe­ke het on­suk­ses­vol te­rug­ge­kom. Ver­der het die re­a­li­teit van net een in­kom­ste en pro­vi­dent fund geld wat al min­der word, hul­le met geen an­der keu­se ge­laat nie. Vir k­lein S­haun­dré was die aan­pas­sing die moei­lik­ste, want skie­lik was die be­der­fies en aan­dag van t­wee ou­mas nie meer so na­by nie. Hul stem­me oor die te­le­foon was maar min troos, maar ge­luk­kig het hul­le ’n huis ge­kry om te huur na­by S­haun se broer-hul­le.

Dis waar wat die groot­men­se sê: Waar daar vir jou ’n deur toe gaan, maak die He­re ’n an­der een oop. Haar kind is nou ge­luk­kig en S­haun het da­rem nog ’n werk. Al moes hy na 18 maan­de weer deur job in­se­cu­ri­ty gaan. Sy com­pa­ny was oor­ge­neem deur nu­we ei­e­naars en al die man­ne is ge­vra om te bly. Hul­le moes eg­ter kon­trak­te te­ken vir ’n ses maan­de proef­tyd­perk. In hier­die tyd moes hul­le hul­self be­wys, in die hoop om ’n per­ma­nen­te aan­stel­ling te kry. Haar man is in die laas­te tyd soms do­wn en het ’n paar keer hard­op ge­won­der of hul­le nie maar moet te­rug­trek Baai toe nie. ’n Vriend het juis laat weet van ’n nu­we fir­ma wat dri­vers soek. Dan moet sy hom maar rus­tig her­in­ner dat hul­le tog nog ge­se­ënd is en net die tyd sal leer.

Vir A­vril weer het haar wild­ste dro­me waar ge­word: ’n Werk in ’n hos­pi­taal. Dis met dank­baar­heid dat sy terugkyk na die tyd wat sy as Com­mu­ni­ty He­alth Wor­ker in PE ge­werk het. Dit was wel moor­dend om som­mi­ge van daai steil stra­te uit te loop. Maar die dank­baar­heid op haar pa­si­ën­te se ge­sig­te het dit al­tyd weer die moei­te werd ge­maak. Ver­al an’Suz van Ma­cMa­nus­straat, het tot haar dood aan­ge­moe­dig: “A­vril­tjie, jy moet tog die ding wat jy doen, ver­der vat. Ek kan die He­re se lief­de in jou han­de voel as jy so my bloed­druk vat en met my werk.”

Die Dins­dag­og­gend vlieg ver­by. Ge­luk­kig werk sy en die an­der t­wee ca­re wor­kers goed saam, want uit die 15 bed­dens in die

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.