UI-EN-TIEMIESOP

Kuier - - IN DIE KOMBUIS -

Ge­noeg vir 6

BE­STAND­DE­LE

3 eet­le­pels bot­ter 4 mid­del­slag uie, grof­weg ge­kap 2 mid­del­slag aar­tap­pels, ge­skil en in blok­kies ge­sny 2 tee­le­pels vars­ge­kap­te tie­mie­bla­re 3½ kop­pies hoen­der­af­trek­sel 150 ml room Sout en vars­ge­maal­de swart­pe­per na smaak

ME­TO­DE

S­melt die bot­ter in ’n swaar­boom­ka­strol en roer die uie en aar­tap­pels daar­deur so­dat dit met die ge­smel­te bot­ter be­dek is. Voeg die tie­mie by. Plaas ’n stuk bak­pa­pier di­rek bo-op die aar­tap­pel-en-ui­e­meng­sel om die stoom bin­ne te hou. Be­dek die pot met ’n dek­sel en ver­laag die hit­te. Laat vir on­ge­veer 10 mi­nu­te so sweet. Voeg die af­trek­sel by, b­ring tot kook­punt en laat vir 10 mi­nu­te prut of tot­dat die aar­tap­pels sag is. Ver­pulp die sop en voeg die room by. Geur met sout en pe­per na smaak.

WENK: Die sop is eint­lik ro­me­rig ge­noeg, so as jy ver­kies, kan jy die room heel­te­mal weg­laat en ek­stra hoen­der­af­trek­sel in die plek daar­van ge­bruik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.