MURGPAMPOENTJIE-EN-SOETRISSIESOP MET ROOM

Kuier - - IN DIE KOMBUIS -

Ge­noeg vir 6 – 8

BE­STAND­DE­LE

2 eet­le­pels bot­ter 1 groot ui, fyn­ge­kap 2 mid­del­slag aar­tap­pels, ge­skil en in blok­kies ge­sny 7 mid­del­slag murg­pam­poen­tjies, in blok­kies ge­sny 2 groot groen soet­ris­sies, wit ge­deel­tes en sa­de ver­wy­der en in blok­kies ge­sny ½ groen brand­ris­sie, sa­de ver­wy­der en in stuk­kies ge­sny 6 kop­pies hoen­der­af­trek­sel 1 tee­le­pel ko­myn­saad 1 tee­le­pel kar­da­mom­saad, uit die peu­le ver­wy­der 1 tee­le­pel fyn gem­mer­poei­er Sout en vars­ge­maal­de swart­pe­per

Rooi­soet­ris­sie­room

1 eet­le­pel o­lyf­o­lie 1 groot rooi soet­ris­sie ½ kop­pie room, styf­ge­klits ’n Knip­pie sout

ME­TO­DE

Ver­hit die bot­ter in ’n swaar­boom­ka­strol en so­teer die uie en aar­tap­pels daar­in oor lae hit­te. Be­dek met ’n stuk bak­pa­pier en dek­sel op die pot vir on­ge­veer 10 mi­nu­te so­dat die groen­te lek­ker kan sweet. Voeg die murg­pam­poen­tjies, soet­ris­sie en brand­ris­sie by. Giet die af­trek­sel by, be­dek die pot en laat vir on­ge­veer 20 mi­nu­te prut of tot die groen­te gaar is. Ver­hit in­tus­sen die spe­se­rye in ’n droë pan en braai lig­gies tot­dat die geu­re vry­ge­stel word. Maal dit dan fyn. Ver­pulp die sop met ’n hand­men­ger of in ’n voed­sel­ver­wer­ker, voeg die spe­se­rye by en geur met sout en vars­ge­maal­de swart­pe­per na smaak. Maak deur­warm en be­dien met rooi­soet­ris­sie­room. (Jy kan dit met ge­mak weg­laat, in­dien jy so ver­kies.)

Rooi­soet­ris­sie­room Ver­wy­der die wit ge­deel­tes en sa­de uit die soet­ris­sie en sny die soet­ris­sie in groot stuk­ke. Plaas op die roos­ter­ge­deel­te van ’n oond­roos­ter­pan met die vel­kant na bo en be­druip met o­lyf­o­lie. Roos­ter in ’n voor­ver­hit­te oond van 180°C vir on­ge­veer 25 mi­nu­te. Plaas die soet­ris­sie­stuk­ke in ’n plas­tiek­sak en ver­se­ël tot heel­te­mal af­ge­koel. Trek die vel­le­tjies af en ver­pulp. Meng met die room en sout en gar­neer die sop daar­mee.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.