VIN­NI­GE ERT­JIE­SOP

Kuier - - IN DIE KOMBUIS -

Ge­noeg vir 4

BE­STAND­DE­LE

2 eet­le­pels bot­ter 1 groot leek (prei), goed ge­was en in stuk­ke ge­sny 1 mid­del­slag aar­tap­pel, ge­skil en in blok­kies ge­sny 5 kop­pies hoen­der­af­trek­sel 3½ kop­pies vars of be­vro­re ert­jies Sout en vars­ge­maal­de swart­pe­per na smaak 4 eet­le­pels room 4 re­pies bros­ge­braai­de spek, in stuk­kies ge­breek

Ge­roos­ter­de ta­ma­tie-en-kaas­brood­jies 8 snye wit­brood ¼ kop­pie son­ge­droog­de ta­ma­ties in vi­nai­gret­te (met sous en al) 1½ kop­pies ge­ras­per­de ched­dar­kaas

ME­TO­DE

S­melt die bot­ter in ’n swaar­boom­ka­strol en so­teer die leek en aar­tap­pel daar­in vir on­ge­veer 5 mi­nu­te voor­dat jy die af­trek­sel by­voeg. B­ring tot kook­punt en laat prut vir on­ge­veer 10 – 15 mi­nu­te of tot­dat die aar­tap­pel sag is. Voeg die ert­jies by en laat vir nog 10 mi­nu­te prut. Ver­pulp die sop met ’n hand­men­ger of in ’n voed­sel­ver­wer­ker, roer die room by en geur met sout en pe­per na smaak. Gar­neer met die bros­ge­braai­de spek­stuk­kies en be­dien.

Ta­ma­tie-en-kaas­brood­jies: Ge­bruik ’n groot ron­de koe­kie­druk­ker en druk sir­kels uit die snye wit­brood. Druk die son­ge­droog­de ta­ma­ties so in hul sous fyn in die voed­sel­ver­wer­ker en meng met die kaas. Ver­deel die kaas­meng­sel tus­sen die brood­sir­kel­tjies. Plaas op ’n bak­plaat en roos­ter on­der ’n voor­ver­hit­te oond­roos­ter tot die kaas mooi ge­smelt en goud­bruin is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.