ROOMBOLLETJIES

Kuier - - IN DIE KOMBUIS -

Le­wer 9 bol­le­tjies

BE­STAND­DE­LE 3 kop­pies koek­meel 1½ eet­le­pel strooi­sui­ker 3 tee­le­pels ye­ast (kits­gis) ¾ tee­le­pel sout 1 ei­er, lig­gies ge­klits 4 eet­le­pels sag­te bot­ter 1 kop­pie warm melk, plus ek­stra vir verf 2 eet­le­pels ver­sier­sui­ker 1 kop­pie room, ge­klits, plus ek­stra vir die vul­sel ½ kop­pie aar­bei- of e­ni­ge an­der bes­sie­kon­fyt

ME­TO­DE Meng die koek­meel, strooi­sui­ker, ye­ast en sout saam in ’n gro­te­ri­ge meng­bak. S­melt die bot­ter in die warm melk en voeg die ge­klits­te ei­er by. Maak ’n dam­me­tjie in die mid­del van die droë be­stand­de­le en giet die vloei­stof­meng­sel daar­in. Ge­bruik ’n me­taal­le­pel om ’n sag­te deeg te meng. Be­dek die bak met kleef­plas­tiek en laat ’n uur lank op ’n warm plek staan om dub­bel in groot­te te rys. Keer die deeg op ’n meel­be­strooi­de op­per­vlak uit en knie 3 mi­nu­te lank of tot­dat die deeg lek­ker e­las­ties is. Ver­deel die deeg in 9 ge­ly­ke de­le en rol in bol­le­tjies. Plaas dit in ’n ge­smeer­de vier­kan­ti­ge bak­pan, be­dek met kleef­plas­tiek en laat 20 mi­nu­te staan. Verf die bo­kant met die ek­stra melk en bak in ’n voor­ver­hit­te oond van 190⁰C vir 20 mi­nu­te. Keer op ’n draad­rak uit om af te koel. Sprin­kel 1 eet­le­pel van die ver­sier­sui­ker oor die bo­kan­te van die rol­le­tjies en k­lits die an­der eet­le­pel ver­sier­sui­ker saam met die room tot styf. Sny die rol­le­tjies in die helf­te deur en vul met die room en kon­fyt!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.