FA­MI­LIE IN PYN

Ge­lief­de nur­se se gru-moord ruk U­ping­ton

Kuier - - FRONT PAGE - DEUR Amy John­son

Die een oom­blik het sy nog ’n groot tre­at vir haar ma be­plan en die vol­gen­de moes sy die geld wat sy daar­voor ge­spaar het, ge­bruik om vir haar ma se be­graf­nis te be­taal.

F­ri­do­li­ne Beu­kes wou so graag vir haar ma, Ka­tri­na Ja­ger van U­ping­ton, die mooie Kaap wys, maar voor sy dít kon doen, is haar ma wreed van haar en haar broers weg­ge­ruk.

Ka­tri­na is op 25 A­pril met ’n mes aan­ge­val en wreed ver­moor. Haar aan­val­ler is na be­we­ring ie­mand wat soos ’n huis­kind was.

Die moord op Ka­tri­na het die dorp tot in sy fon­da­men­te ge­ruk en o­ral waar jy kom, sê in­wo­ners dié ti­pe goed ge­beur nie op hul dorp nie.

F­ri­do­li­ne (29) het op­ge­won­de vir al haar vrien­de ver­tel Ka­tri­na (54) kom Kaap toe vir haar gra­de­pleg­tig­heid. Maar op 15 Mei – 20 dae ná haar ma se dood – het F­ri­do­le­ne haar di­plo­ma in on­der­wys ont­vang son­der dat Ka­tri­na uit die ge­hoor vir haar te­rug­ge­kyk het. Die be­lang­rik­ste mens in haar le­we wat só trots was op haar was, het nie ge­leef om dié spe­si­a­le dag – ’n dag waar­na sy al so lank uit­sien – in haar e­nig­ste dog­ter se le­we te sien nie.

F­ri­do­li­ne het vir ’n paar dae nog niks

ge­ëet nie en aan haar moeë oë kan jy sien sy het dae laas ’n goeie nag­rus ge­had. Haar tra­ne lê vlak en jy kan die hart­seer in haar stem hoor.

“As ek nie kan slaap nie, kom sit ek hier by die ta­fel, dan kan ek nog sien hoe sit Mam­ma in die hoe­kie van die bank of op die bed met haar By­bel. Wat ge­beur het, is vir my nog so on­werk­lik, want ek en Mam­ma het die heel­tyd met me­kaar ge­praat en dit het net so skie­lik ge­beur,”sê F­ri­do­li­ne.

oom­blik­lik weg

Ka­tri­na se woon­stel aan die ein­de van die half­don­ker gang langs die swart vei­lig­heids­hek het nie ’n nom­mer nie, maar as hul­le haar kom soek het, het haar vrien­de en groot­maak­kin­ders ge­weet dís waar hul­le Kat­ja, soos al­mal vir Ka­tri­na ge­ken het, kon kry.

Maar nou is dit as­of al­les in Ka­tri­na se woon­stel by die ver­la­te, ver­val­le woon­kwar­tie­re langs die Gor­do­nia-hos­pi­taal op U­ping­ton, gaan stil­staan het. Die groot hor­lo­sie wat bo die was­bak hang, het op 09:29 gaan staan. En die fo­to’s van haar kin­ders wat op die muur hang, is al be­wys dat sy hier ge­woon het.

Dis in dié ein­ste woon­stel waar die wre­de aan­val wat tot haar dood ge­lei het, be­gin het.

Ka­tri­na, ’n pe­di­a­trie­se sus­ter by die Dr. Harry Sur­tie-hos­pi­taal, het daar­die dag soos ge­woon­lik haar skof klaar­ge­maak. Nooit het sy ge­weet dit sou haar laas­te skof wees nie. Die aand is sy met ’n mes aan­ge­val, tot in die par­keer­ter­rein van die kwar­tie­re ge­sleep en ten aan­skoue van vrien­de en kol­le­gas ver­der aan­ge­val.

Haar aan­val­ler het na be­we­ring men­se te­ë­ge­sit wat haar wou help en an­der ge­dreig hy gaan te­rug­kom vir hul­le.

’n Vrou wat die aan­val ge­sien het, het aan die dag­blad Volks­blad ge­sê sy was in haar woon­stel toe sy skie­lik ’n vrou se hulp­kre­te hoor.

“Ek het bui­te­toe ge­hard­loop om te kyk wat ge­beur en ge­sien hoe sy (Ka­tri­na) hard­loop. Ek het eers nie ge­weet wie dit was nie. Ek het ge­dink dit is ’n jon­ge­ri­ge mei­sie. Eers toe ek in die par­keer­ge­bied kom, het ek ge­sien dit is sy. Hy het op haar ge­trap en haar ge­slaan en ons het ge­skree: ‘Hou op, hou op.’

“Ons was net ’n paar me­ter weg

Die ma­nier hoe sy ge­sterf het, val my nie by nie. Ek ont­hou die mooi per­soon wat sy was.

F­ri­do­li­ne Beu­kes

toe hy om­ge­draai en sy arm op­ge­lig het. Ek het die mes in die maan­lig ge­sien flits. Toe ek die mes sien, het ek ge­gil:‘Hard­loop, hy het ’n mes.’Dit was soos ’n sa­ta­nis­tie­se ri­tu­eel. Een van die in­wo­ners het ge­hoor hoe hy skreeu:‘Jy vat al lank gat’, en‘Ek is die He­re’.”

Die man het haar maag oop­ge­sny en van haar in­ge­wan­de uit­ge­haal. Met haar bloed het hy die ko­de 35 – wat glo met sa­ta­nis­me ver­bind word – op ’n deur ag­ter die kwar­tie­re gaan skryf. Hier het hy vir die po­li­sie ge­wag en is in heg­te­nis ge­neem. Ka­tri­na het op die to­neel ge­sterf. Tot van­dag toe weet nie­mand hoe­kom dié ge­lief­de ver­pleeg­ster so wreed ver­moor is en wat die mo­tief was nie.

Ka­tri­na se seuns wei­er om in die woon­stel te wees. Haar jong­ste seun, wat daar­die aand ook deur die­self­de man aan­ge­val is, wil glad nie daar slaap nie. Vrien­din­ne van Ka­tri­na ont­ferm hul­le nou oor haar kin­ders en F­ri­do­li­ne het in die tus­sen­tyd af­ge­vat by die werk om haar broers by te staan.

“Soms dink ek‘He­re, sy het ook om hulp ge­roep soos U om hulp ge­roep het (op die kruis)’. Ek weet nie hoe­kom sy dit moes deur­maak nie. Sy het dit nie ver­dien nie, maar wat my hart bly maak, is dat Mam­ma se hart by die He­re is. Dis net die leem­te wat so seer is. Vir wie gaan ek nou ad­vies vra? Wie gaan ek bel as ek ’n pro­bleem het? Ek moet nou sterk wees vir my boe­ties (Ja­co­bus, 23, en Brandon, 20),”sê F­ri­do­li­ne.

In­wo­ners van dié Noord-Kaap­se dorp sê dit is on­aan­vaar­baar dat so iets met háár moes ge­beur, want sy was soos ’n ma vir al­mal – ook vir De­von O­vies (25), wat aan­ge­kla is in ver­band met haar moord.

De­von, wat in woon­stel 99 in die­self­de kwar­tie­re as Ka­tri­na ge­woon het, het by die­self­de hos­pi­taal as sy ge­werk en was ook ’n p­si­gi­a­trie­se pa­si­ënt daar.

Hy is ná die moord die“Gor­do­nia-slag­ter”ge­doop en sy regs­ver­teen­woor­di­ger het ty­dens sy twee­de ver­sky­ning op 12 Mei die hof ge­vra om hom ses we­ke lank vir siel­kun­di­ge waar­ne­ming te s­tuur. Hy ver­skyn weer op 15 Ju­nie in die U­ping­ton­land­dros­hof.

die MOEI­LI­KE TY­DING

F­ri­do­li­ne, wat in die Strand bui­te Kaap­stad woon en ’n on­der­wy­se­res by die Dr. G.J. Jou­bert-la­er­skool is, was daar­die aand be­sig om boe­ke te merk toe sy die ty­ding kry.

“’n Ou skool­vriend het my ge­bel en ge­vra‘F­ri­do­li­ne, hoe­kom is jy so kalm en ge­luk­kig? Hoe­kom lag jy? Jou ma is dood’. Dis die eer­ste op­roep wat ek ge­kry het.”

Sy het pa­nie­ke­rig haar ma se sel­foon­nom­mer ge­bel, maar daar was geen ant­woord nie.

“Ek het toe my broers ge­bel en Ja­co­bus het al­les con­firm en ge­sê:‘Hul­le was al­mal daar, hoe­kom het hul­le nie vir Mam­ma ge­help nie?’Ek het ’n kol­le­ga van my ma ge­bel en sy was in so ’n toe­stand en het net ge­sê‘ja my kind’. Dís toe ek weet dis waar.”

Daar­die oom­blik was daar nie­mand by haar om haar te on­der­steun nie en al per­soon aan wie sy kon dink, was haar nig­gie wat ook in die Strand woon. Maar F­ri­do­li­ne het dit nooit tot daar ge­maak nie.

“Ek het na my nig­gie se huis toe ge­hard­loop, maar ek het langs die pad so siek ge­raak dat ’n vrou my moes help om te­rug te gaan na my woon­stel. Ek het nie ge­weet van die gru­saam­heid en die mar­te­ling nie. Ek het net ge­weet van die ste­ke­ry en dat Mam­ma dood is, maar die res het ek nie ge­weet nie.”

F­ri­do­li­ne het in­der­haas ’n plek ge­boek op die eer­ste taxi wat sy kon kry en die rit soon­toe het vir haar soos ’n e­wig­heid ge­voel.

“Ek het reg­tig nie ge­weet wat om te ver­wag as ek daar kom nie. Ek het ook nie ge­weet wie wat ge­doen het nie. Toe ek uit die taxi klim, het ek plek-plek rooi duin­sand ge­sien waar bloed­kol­le toe­ge­gooi is, maar ek het toe nie ge­weet dis my ma se bloed nie.

“Toe die men­se my la­ter ver­tel wat reg­tig ge­beur het, het ek by­na siek ge­word, want my ma het dit nie ver­dien nie.”

F­ri­do­li­ne sê in die tyd wat sy saam met haar ma ge­woon het, kon sy nooit vat­tig­heid kry aan De­von nie.

“Hy sou al­tyd met my praat as ek ag­ter

die kwar­tie­re ge­sit en lees het, maar ek het hom soms net ge­kyk en ge­sê ek lees my By­bel. Daar was al­tyd iets van hom wat my af­ge­sit het,” ver­tel sy.

“Ek vra al­tyd vir die He­re of ek hom moet haat. Moet ek kwaad wees vir hom? Maar ek kan nie, want ek weet God wil hê ek moet vry­spreek. Ver­gif­nis b­ring he­a­ling. Mens moet net bid, want net God alleen kan sê wat daar ge­beur het. God sal ge­reg­tig­heid laat ge­skied. Die goed gaan nie ver­by Hom nie, want daai kind van Hom – my ma – was ’n en­gel­kind.”

An­na La­velot, ’n ja­re­lan­ge vrien­din van Ka­tri­na wat ook saam met haar ge­werk het, sê Ka­tri­na het ’n groot lief­de ge­had vir men­se en haar werk.

“Sy’t al­tyd baie vin­nig ge­praat en met daai dun been­tjies net­so vin­nig ge­stap ook. Ek het so op ’n af­stand haar moe­der­lik­heid be­won­der; sy’t al­tyd ’n plek­kie ge­had vir al­mal se kin­ders. En sy was haar eie kin­ders se an­ker en soos ’n boom wat sy ska­du oor hul­le gooi.”

Die goeie tye wat hul­le ge­deel het, sal An­na ook al­tyd by­bly.

“Ek ont­hou hoe be­kom­merd sy was toe haar jong­ste seun nie huis toe ge­kom het ná sy matriekafskeid nie. Man, sy’t som­mer vir my ge­sê ek sal my man ook moet bel om te kom help soek. Haar kind het toe uit­ein­de­lik huis toe ge­kom, maar dit was net die ti­pe ma wat sy was.

“Ek sou een aand vir haar leer koe­kies bak en toe ek weer sien, was Kat­ja be­sig om die skot­tel­goed te was soos ek be­sig is om te bak.

“Tot van­dag het sy nooit daai koe­kies ge­bak nie, maar ek het haar la­ter ge­leer om gem­mer­bier te maak. Dit is die ti­pe mens wat sy was en sy was my al­les,”ver­tel sy.

Ka­tri­na se moe­der­lik­heid is iets wat F­ri­do­li­ne ook be­won­der het om­dat haar ma se deur al­tyd vir al­mal oop­ge­staan het.

“My ma het so baie groot­maak­kin­ders ge­had. Sy het vir hom (De­von) moe­der­lik­heid ge­gee en het hom al­tyd – nes met ons – ver­maan om weg te bly van die ver­keer­de din­ge. Sy sou haar­self te­kort doen om haar me­de­mens te help.

“Hy het ge­ëet wat ons eet en hy was soos ’n huis­kind, hoe­kom het hy dít loop doen? My ma het nog nooit ie­mand seer­ge­maak of selfs met ’n klip ge­gooi nie. Mam­ma moes nie so sterf nie.”

PAD wat voor­lê

F­ri­do­li­ne en haar broers is stuk­kend. En die moei­li­ke taak lê nou voor hul­le om hul ma se be­sit­tings op te pak en vir Ja­co­bus en Brandon ’n an­der bly­plek te soek.

“Dit was nie net my ma nie. Sy was my vrien­din ook. Ek en sy was so een­ders. Sy was ’n ma en ’n pa vir my; sy het my en my boe­ties alleen, met haar eie t­wee han­de, groot­ge­maak en nou is daai per­soon wat so be­lang­rik vir ons was, nie meer daar nie. Sy is nou weg en ek het reg­tig nie my ma se dood só voor­ge­stel nie.”

Op 9 Mei – ’n dag voor Moe­ders­dag – is Ka­tri­na uit die stamp­vol Lut­her­se kerk op Riet­fon­tein, haar tuis­dorp in die Ka­la­ha­ri, be­gra­we. Aan weers­kan­te van haar kis was daar ’n kan­de­laar met d­rie ker­se – een vir el­ke kind.

Men­se het van hein­de en ver ge­kom om die diens by te woon en dit was die groot­ste be­graf­nis wat Riet­fon­tei­ners nóg ge­sien het. Tal­le men­se moes bui­te staan, want daar was dood­een­vou­dig nie meer plek in die kerk nie. Vir som­mi­ge be­graf­nis­gan­gers het dit her­in­ner aan Kat­ja se huis, wat soms so vol kin­ders was.

F­ri­do­li­ne sê ná die be­graf­nis toe sy te­rug­dink aan die dag se ge­beu­re, het sy ge­weet haar ma sou te­vre­de wees.

“Mam­ma het al­tyd ge­sê hoe sy prin­ses Di­a­na se be­graf­nis be­won­der het. Toe ek ná die be­graf­nis op pad huis toe is, toe sê ek stil­le­tjies‘Mam­ma, jou be­graf­nis was am­per nes La­dy Di s’n’,”ver­tel sy.

Moe­ders­dag was ver­on­der­stel om ’n spe­si­a­le dag te wees, maar van­jaar het dit vir F­ri­do­le­ne niks be­te­ken nie.

“Vir my was dit net nog ’n dag. My ma; my moe­der was nie by my nie. Wie gaan nou my boe­ties wak­ker maak? Wie gaan my nou be­moe­dig met die woord van die He­re? Wie gaan nou lag en grap­pies ver­tel? Ek kan nou nog hoor hoe my ma lag wan­neer my broer op ’n lied­jie dans.

“My ma het al­tyd ge­sê ek moet op die He­re ver­trou en Hom die nom­mer een maak in my le­we. Ek het net mooi din­ge van haar oor. Die ma­nier hoe sy ge­sterf het, val my nie by nie. Ek ont­hou die mooi per­soon wat sy was.”

Voor F­ri­do­li­ne en haar broers se le­wens hand­om­keer ver­an­der het, was al waar­na sy uit­ge­sien het die tyd­jie wat haar ma by haar in die Kaap sou kom kui­er.

“Sy was baie op­ge­won­de om te kom. Sy het fo­to’s ge­neem van rok­ke wat sy vir my wil koop en fo­to’s ge­stuur van ’n wit en rooi rok. Ek kon nie wag om haar weer te sien nie. Ek wou vir Mam­ma spoil; ons sou die he­le Kaap plat­ry. Ons het ’n par­ty­tjie be­plan, maar toe kom ek na ’n fu­ne­ral toe.

“Ek wou vir Mam­ma op ’n boot neem. Ek wou haar op die ka­bel­kar­re­tjie vat. Ek wou haar net ’n bie­tjie spoil, want sy het so hard ge­werk en het ver­dien om ge­spoil te word.”

In Ja­nu­a­rie het F­ri­do­li­ne in U­ping­ton gaan kui­er en dit was die laas­te keer wat hul­le as ge­sin saam was, be­hal­we die op­roe­pe en W­hat­sApp-bood­skap­pe wat hul­le ge­reeld vir me­kaar ge­stuur het.

“Hul­le het al­tyd ge­spot en ge­sê die ver­lo­re dog­ter kom huis toe. En dit was die laas­te keer wat ek haar ge­sien het. Ek wou al­tyd Mam­ma se swart By­bel met die pienk blaaie hê en sy’t hom toe vir my ge­gee.

“Toe my kê­rel vir my ’n nu­we een koop, het ek haar laat weet en ge­sê sy kan ha­re weer vat. Sy’t vir my ge­sê, ‘juf­frou­tjie, jy’t daai By­bel hier kom haal, so jy moet dit te­rug­bring’. Ek het dit nou te­rug­ge­bring, maar sy is nie nou meer hier nie, so ek sal hom maar weer saam­vat.

“Die agt­ste A­pril, op my ver­jaar­dag, het ek die laas­te keer haar stem ge­hoor. Sy’t my ge­bel en ge­sê‘juf­frou Beu­kes, jy is baie mooi en Mam­ma is baie trots op jou.’Daai woor­de sal ek nooit ver­geet nie.”

Die e­nig­ste troos wat F­ri­do­li­ne nou het, is Gods­woord en dít hou haar staan­de.

“Ek moet nou moe­der­skoe­ne aan­trek en soos ’n vrien­din wees vir my boe­ties. Ek moet nou my ma se skoen­tjies aan­trek; dís ’n groot stap, maar ek gaan dit nie alleen doen nie. Ek weet God is met my.

“Vir nou vat ek din­ge one step at a ti­me. Soms voel dit ek raak bie­tjie deur­me­kaar, dan dink ek die He­re het nie vir my ’n spi­rit of fe­ar ge­gee nie, maar ’n spi­rit of ho­pe, a sound mind and of po­wer. En al gaan ons deur ’n dal van dood­ska­du­wee, ons sal nooit vrees nie. Want Hy is met ons en ek weet die He­re sal ons nooit in die steek laat nie.”

LINKS: F­ri­do­le­ne Beu­kes (29) ver­tel op wat­ter gru­sa­me wy­se haar ma van haar af weg­ge­neem is. HEEL REGS: Ka­tri­na (Kat­ja) Ja­ger (54) was ’n pe­di­a­trie­se sus­ter by ’n hos­pi­taal in U­ping­ton en haar deur het al­tyd vir al­mal oop­ge­staan, selfs vir De­von O­vies (25) (fo­to regs), wat in ver­band met haar moord in heg­te­nis ge­neem is.

LINKS: F­ri­do­li­ne hou haar ma se ge­lief­de By­bel vas.

Ka­tri­na het dit vir haar ge­gee toe hul­le me­kaar vir die laas­te keer in Ja­nu­a­rie

van­jaar ge­sien het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.