IN­SPI­RA­SIE

Ou­ma laat skaars San-taal voort­leef

Kuier - - FRONT PAGE - DEUR AMY JOHN­SON

Sy het nooit haar klein­dog­ter­tjie­droom be­waar­heid om een­dag as ’n on­der­wy­ser voor ’n klas te staan nie. Trou­ens, sy het self nooit eens skool ge­gaan nie. Maar dank­sy ’n pas­sie wat sy laat in die le­we ont­dek het, is Ka­trig­wa (Ka­tri­na) E­sau op 82 tóg ’n on­der­wy­se­res in eie reg.

Ou­ma Ka­tri­na van die K­ho­ma­ni-San­ge­meen­skap kan nie lees of skryf nie en is een van slegs ’n hand­vol men­se wat die N/uu-taal kan praat. En al is dit die laas­te ding wat sy doen, is sy vas­be­slo­te om met een per­soon en een klik op ’n slag ’n ver­skil te maak. Daar­om het sy be­gin om die kin­ders in die U­ping­ton-om­ge­wing te leer om dié skaars taal te praat. Nog min­der het sy ge­dink dit sal maak dat sy ’n ver­hoog met pre­si­dent Zu­ma sal deel! Maar deur haar werk in die ge­meen­skap is dít een van haar dro­me wat be­waar­heid is.

As jy in Ro­se­da­le, U­ping­ton, rond­ry en vra waar Ka­tri­na E­sau woon, sal nie­mand jou kan help nie, maar as jy vra vir ou­ma Geel­meid, sal e­nig­ie­mand in die straat jou som­mer tot voor haar deur be­duie.

Dis eint­lik op ’n ma­nier haar kin­der­ja­re wat die pas­sie laat op­vlam het om ’n ver­skil te maak in die ge­meen­skap waar sy woon. Sy en haar tien broers en sus­ters het saam met hul ou­ers op die plaas K­lip­pan bui­te U­ping­ton ge­woon.

“Ek was ses toe ek saam met my pa be­gin ska­pe op­pas het en op daai plaas het die boer vir my die naam Geel­meid ge­gee. Toe ek 11 was, het ’n boer my by my ou­ers kom haal en ek het vir hul­le in hul huis (op ’n plaas na­by O­li­fants­hoek) gaan werk. Ek ken nie eens die stoep van die skool nie. Ek weet nie eens hoe lyk die deur van ’n skool nie,”ver­tel ou­ma Ka­tri­na.

“Die boer het al­tyd vir my pa ge­sê:‘Ou Jan, kom ons vat die kin­ders dan sit ons hul­le in die kloos­ter, dan kan hul­le daar bly en skool­gaan’. My pa wou niks daar­van weet nie. Hy’t al­tyd ge­vra:‘Hoe kan ek Boes­man­kin­ders U­ping­ton toe s­tuur?’Ons het so ge­huil, maar hy wou hê ons moet saam met hom ska­pe op­pas.”

Sy ont­hou hoe sy en haar sus­ter al­tyd in die veld ag­ter die ska­pe ge­sit en hun­ker

het na ’n be­ter le­we, maar dit was net nie vir hul­le be­sko­re nie.

“Ek het nooit daai ge­leent­heid ge­kry nie. Ek moes ska­pe op­pas en in die kom­buis werk; op my knieë stoe­pe was en po­lish. Weet jy hoe het ek ver­lang om by die skool te wees? My hart het be­geer om so ’n ge­leent­heid te kry en dit was baie swaar om te aan­vaar dat ek dit nooit gaan kry nie.”

Ou­ma Ka­tri­na sê ten spy­te van die ge­leent­he­de wat sy as kind nooit ge­had het nie, gaan sy nie toe­laat dat dít haar te­rug­hou om goeie werk in die ge­meen­skap te doen nie.

“Dit is net ge­na­de dat ek hier­die werk kan doen son­der pa­pie­re en ge­le­rent­heid. Ek moet an­der men­se ge­bruik om my tong te wees om vir my te praat en om my han­de te wees om vir my te skryf.”

Sy het voor die groot Oran­je­ri­vier-vloed in 1974 U­ping­ton toe ge­trek en voor die San-ge­meen­skap in 1999 die grond in die Ka­la­ha­ri ge­kry het, net A­fri­kaans ge­praat. Ou­ma Ka­tri­na het ook nie vir e­ni­ge van haar 11 kin­ders die San-taal ge­leer nie. Maar sy het se­ker ge­maak hul­le gaan skool toe, want al wat sy wou hê, is dat haar kin­ders ’n be­ter le­we moes hê.

“Baie men­se het ge­sê dis ’n le­li­ke taal. Ek en my sus­ters is al­tyd ge­spot om­dat ons die taal ge­praat het, maar vir my is dit ’n mooi taal. En dit maak my hart bly om te hoor hoe die kin­ders dit praat,”sê sy.

“Ek het my kin­ders ge­le­rent­heid ge­gee, want ek wou nie soos my pa wees nie. Ek het my oud­ste kind in die skool gaan sit, toe’s hy al 13.

“Ek het vir die hoof gaan sê ek wil hê hul­le moet leer. Net my ba­ba­seun het ma­triek klaar­ge­maak. Maar my kin­ders kan lees en skryf en dis net Gods­ge­na­de.”

Gra­ce Humphrey van die Suid-A­fri­kaan­se San-in­s­ti­tuut het ou­ma Ka­tri­na in 2005 ge­na­der vir hulp om die San-taal te help be­vor­der. Sy was eers ge­kant teen die i­dee, maar het tog la­ter daar­toe in­ge­stem.

“Gra­ce het vir my kom sê ek moet met ’n Boes­man-ding be­gin. En ek het haar ge­vra ‘wat?’en sy’t my ge­vra,‘Ou­ma, is Ou­ma die taal lief?’ En ek ís die taal lief. Ek het toe saam met die kin­ders be­gin dans en la­ter het ek el­ke dag saam met hul­le ge­sit en met hul­le die taal ge­praat.

“Ek het met vyf kin­ders op die stoep be­gin en toe word die ding lek­ker. La­ter toe is daar 10 kin­ders en toe is daar 40 en toe ons weer sien, is daar 50.”

Haar klein­dog­ter Clau­dia du P­les­sis (23), het som­mer op ’n ou hang­kas se deur al­les ge­skryf wat ou­ma Ka­tri­na sê. Die Lug­ha­wens­maat­skap­py van Suid-A­fri­ka (A­c­sa) het oor haar werk in die koe­rant ge­lees en la­ter geld ge­gee, wat ge­help het met die bou van ’n per­seel by haar huis.

“En toe ek hoor hoe die kin­ders be­gin praat, het dit het net lek­ker­der ge­word.”

Daar is dae wat sy moeg voel, maar dit is be­lang­rik vir haar dat die jon­ger kin­ders die taal leer.

“As ek klaar is met die kin­ders, dan is ek moeg. Hul­le sê nie som­mer die woor­de reg nie, dan moet ek dit oor en oor sê en dit put my uit. Maar mô­re as ek op­staan, is dit ’n nu­we dag.”

Ou­ma Ka­tri­na is af­hank­lik van sken­kings en knyp van haar pen­si­oen af as din­ge nie an­ders kan nie en in die ne­ge jaar wat sy die klas­se aan­bied, was ’n toe­ken­ning of aan­sien in die ge­meen­skap die laas­te ding wat sy wou hê.

sy kry er­ken­ning

Sy het op Vry­heids­dag ver­le­de jaar (27 A­pril) die Or­de van die Kre­me­tart (sil­wer) ont­vang vir haar werk om die N/uu-taal van uit­ster­wing te red.

Die pre­si­den­sie des­tyds het in ’n ver­kla­ring ge­sê ou­ma Ka­tri­na is ver­eer vir haar uit­ste­ken­de by­drae tot die be­houd van ’n be­dreig­de taal.

“Haar doel­ge­rigt­heid om die pro­jek suk­ses­vol te maak, het jon­ger ge­ne­ra­sies aan­ge­moe­dig om (die taal) te leer,”lui die ver­kla­ring.

Daar­die dag is ou­ma Ka­tri­na met haar mooi­ste rok en net­jies­ste haar­styl P­re­to­ria toe om haar toe­ken­ning te ont­vang.

“Ek ont­hou ons het Sa­ter­dag-laat­mid­dag P­re­to­ria toe ge­ry so­dat ek die toe­ken­ning kan ont­vang. Die ha­re was uit­ge­kam en mos nou nie so ge­koek nie,”lag sy.

“Toe­ken­nings be­te­ken vir my baie. As ek nie die werk ge­doen het nie, sou ek nie die toe­ken­ning ge­kry het nie. Toe ek daar sit, toe voel ek so trots. Jong, toe voel ek soos daai ene. Voor die pre­si­dent. En daai dag toe vat ek sy hand en ek het ge­weet dis net deur my werk wat dit ge­beur het.

“Toe dink ek ja, nou is ek by die pre­si­dent ook. Ek praat die taal uit my hart en ek doen dit vir die kin­ders.”

Ou­ma Ka­tri­na sê al laat die er­ken­ning en toe­ken­nings haar goed voel, weet sy daar is nog baie har­de werk wat voor­lê om haar moe­der­taal te be­waar.

“Ons was eers baie men­se wat nog die taal kon praat, maar baie het ge­sterf, so daar’s net ’n paar van ons oor.

“Dis vir my be­lang­rik dat die jon­ger ge­slag leer om die taal te kan praat; dat al­mal die taal kan praat. As ek die dag nie meer daar is nie, wil ek weet die men­se praat my groot­jie se taal, my ma se taal; my ou­ma en ou­pa se taal.”

Ek en my sus­ters is al­tyd ge­spot om­dat ons die taal ge­praat het, maar dis vir my ’n mooi taal. HOOF­FO­TO EN REGS: Ou­ma Ka­tri­na E­sau (82) is een van slegs ’n hand­vol men­se wat die N/uu-taal kan praat en sy leer dit met graag­te vir die jong­span so­dat die taal kan voort­leef.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.