AM­PER DOOD

Jong­man weer op die been

Kuier - - FRONT PAGE - DEUR KRISJAN DE SWARDT

Tie­ner­self­moord is ’n des­pe­ra­te hulp­kreet. Maar dit hoef nie in ’n tra­ge­die te ein­dig nie. Jy kan nóú jou kind help om vol­uit te leef. Voor dit te laat is . . . Soos die dag toe A­dri­an Solomons* (21) van El­sies­ri­vier bui­te Kaap­stad, by die huis aan­kom en sy mei­sie dood aan­ge­tref het.

Toe hy die slaap­ka­mer­deur oop­stoot, het haar von­kel­lo­se oë na hom ge­staar; haar lyf het slap ge­hang aan ’n tou bo die bed. Daar het ’n self­moord­brie­fie op die du­vet ge­lê – sy het haar eie le­we ge­neem.

“Ek sal dit nooit ver­geet nie,”sê A­dri­an. Hul­le was al­bei 18 jaar oud; al ’n jaar uit die skool.

“Ons het so­veel plan­ne en dro­me ge­had. Ek het ge­dink ons was ge­luk­kig.”

Hy het nooit ná daar­die dag te­rug­ge­keer na die Wen­dy-huis wat hy op sy an­tie se erf vir hul­le ge­bou het nie.“Ek moes se­ker ag­ter­ge­kom het iets was fout. Ge­woon­lik moes ek al­tyd ná werk on­mid­del­lik huis toe gaan. Sy het die mid­dag ge­bel en ge­sê ek kan ’n bie­tjie saam met die ou­ens hang. Sy maak huis skoon en wil my nie on­der haar voe­te hê nie.”

Haar dood het hom erg ge­raak.“Daar was so­veel sto­ries; dat ek haar ver­krag en ver­wurg het, dat sy swan­ger was, ’n a­bor­sie ge­kry het en nie met haar ge­we­te kon saam­leef nie. Ek was die hoof­ver­dag­te. Dit het my am­per ver­woes. Ek was kwaad vir haar.”

Al die ge­rug­te is la­ter met ’n fo­ren­sie­se on­der­soek deur die speur­ders weer­lê. Haar self­moord­brie­fie is glo saam met vuil la­kens ver­brand, ver­tel A­dri­an.

“Ek weet nie wat daar­in ge­staan het nie en dié wat weet, wil niks sê nie. Ons ou­ers, fa­mi­lie en vrien­de wil niks met me­kaar te doen hê nie. Daar word nie oor daai dag ge­praat nie.”

A­dri­an se vrien­din is deel van die self­moord-sta­tis­tiek. Wê­reld­wyd pleeg ’n mil­joen men­se el­ke jaar self­moord. In Suid-A­fri­ka neem 23 men­se el­ke dag hul eie le­we; 230 pro­beer om hul­self dood te maak.

Een uit vyf tie­ners pro­beer op een of an­der sta­di­um in hul le­we self­moord pleeg en min­stens 10% van al­le on­na­tuur­li­ke sterf­tes by jong men­se, is self­moord­ver­want, vol­gens na­vor­sing wat deur die Suid-A­fri­kaan­se Me­die­se Na­vor­sings­raad (MNR) ge­doen is.

NIE E­NIG­STE UIT­WEG

Self­moord is nie ’n ge­heim nie, maar ’n werk­lik­heid. Sta­tis­tiek kan die voor­koms daar­van be­re­ken, maar die werk­li­ke om­vang van die im­pak wat dié ge­drag op men­se het, is on­meet­baar. Dit is ’n tra­ge­die: Vir hul­le wat self­moord pro­beer en mis­luk, die­ge­ne wat daar­in slaag of men­se wat daar­deur ge­raak word. Ver­al die ge­lief­des wat ag­ter­bly en skul­dig wor­stel, om­dat hul­le nie be­tyds kon in­gryp en help nie.

“Men­se is bi­o­lo­gies ge­pro­gram­meer om te oor­leef. Dit sal baie kort­sig­tig wees om in een woord te pro­beer oor­deel hoe dit ge­beur dat men­se hul­self sal wil‘ver­moor’. Dit is bloot teen die mens se natuurlike grein,”sê Lou­is A­wer­buck, ’n kli­nie­se siel­kun­di­ge van S­tel­len­bosch.

Hy ver­moed el­ke mens het ’n af­sny­punt of op­gee-drem­pel waar dit net nie meer aan­ge­naam of die moei­te werd is om te le­we nie. Hul­le sê nie‘ek gaan my­self ver­moor’nie; hul­le sê‘ek ver­kies om eer­der dood te wees as om ver­der in dié om­stan­dig­he­de te le­we’.

“Al klink dit hoe ra­di­kaal; vir hul­le is self­dood tus­sen die tal­le an­der keu­ses die e­nig­ste uit­weg om hul­self van hul om­stan­dig­he­de te be­vry en van die wre­de wê­reld te ver­los. Dit is hul werk­lik­heid. In die mees­te ge­val­le wil dié moe­de­lo­ses nie reg­tig sterf nie; hul­le wil net nie meer die le­we in daar­die om­stan­dig­he­de er­vaar nie.”

Peter Morris* (16), ’n leer­der van Lim­po­po, er­ken hy was on­ge­luk­kig.“Ek het ge­voel ek pas nê­rens in nie. Ek was te­rug­ge­trok­ke en on­ge­luk­kig. Ek het ge­voel ek kon bloot nie op­leef na al die ver­wag­tin­ge nie. Ek het ge­voel ek was ’n te­leur­stel­ling vir an­der, ’n mis­luk­king in my eie oë. Ek het my­self be­jam­mer en was moe­de­loos!”

Peter het keer op keer sy pol­se ge­sny, maar hy was al­tyd bly wan­neer ie­mand hom be­tyds ge­kry het.“Ek het uit­ein­de­lik hulp ge­kry; me­di­ka­sie vir de­pres­sie en siel­kun­di­ge be­ra­ding. As ek nou te­rug­dink, be­sef ek hoe stu­pid ek was om te dink die dood sou be­ter wees. Maar ek ont­hou el­ke keer wan­neer ek my eie bloed ge­sien het, het ek ge­voel: Ek le­we!”

Peter is een van die so­wat 10 000 jeug­di­ges wat aan die MNR se pei­ling on­der jong­men­se deel­ge­neem het om die self­moord-ri­si­ko­ge­drag van kin­ders en tie­ners te be­paal.

Leer­ders se ge­drag in die ses maan­de wat die pei­ling voor­af­ge­gaan het, is ont­leed om on­der meer vas te stel hoe­veel kin­ders ge­voe­lens van hart­seer en moe­de­loos­heid er­vaar het, ’n plan be­raam het om hul eie le­we te neem, pro­beer het om self­moord te pleeg, maar mis­luk het en hoe­veel deur­ge­druk en die daad vol­tooi het.

Die leer­ders het ver­skeie re­des vir die toe­na­me in die voor­koms van self­moord­ver­wan­te ge­drag uit­ge­wys: Ver­lies aan so­si­a­le sa­me­syn, die in­een­stor­ting van die tra­di­si­o­ne­le ge­sin­struk­tuur, groei­en­de e­ko­no­nie­se on­sta­bi­li­teit, ’n toe­na­me in oor­we­gend de­pres­sie­we ver­steu­rings, on­reg­ver­di­ge ver­wag­tings, oor­dre­we druk en die skuld­ge­voe­lens wat daar­uit spruit.

“Ver­hou­dings­pro­ble­me, kwel­len­de ge­sins­kwes­sies, ge­weld en trau­ma, e­mo­si­o­ne­le teis­te­ring en sek­su­e­le mis­han­de­ling, ’n fa­mi­lie­ge­skie­de­nis van de­pres­sie of self­moord, ’n ge­vrees­de of on­ge­nees­li­ke siek­te, drank- of dwelm­af­hank­lik­heid en vo­ri­ge sel­food­po­gings is an­der moont­li­ke oor­sa­ke,”sê Cas­sey Cham­bers, die o­pe­ra­si­o­ne­le di­rek­teur van die Suid-A­fri­kaan­se de­pres­sie- en angs­groep (Sa­dag).

Uit die pei­ling blyk ook:

24,5% van tie­ners het al hart­seer en moe­de­loos­heid er­vaar

21,4% van tie­ners het al self­moord oor­weeg

16,8% het al ’n plan be­raam om self­moord te pleeg

Die groot­ste ri­si­ko­groep is tie­ners tus­sen 15 en 19 jaar oud, ge­volg deur 10 tot 14ja­ri­ges. Self­moord by kin­ders on­der tien jaar het die af­ge­lo­pe 15 jaar ver­dub­bel.

40% van al­le ge­slaag­de self­moord­po­gings ge­beur oor na­we­ke, tus­sen se­ween agt­uur saans.

die ge­vaar­TE­KENS

Prof. Lou­rens S­chle­bush van die de­part­ment van ge­drags­ge­nees­kun­de aan die U­ni­ver­si­teit van K­waZu­lu-Na­tal se Nel­son Man­de­la Me­die­se Skool, het om­vat­ten­de na­vor­sing oor die voor­koms van self­dood in Suid-A­fri­ka ge­doen.

Hy wys die vol­gen­de moont­li­ke snel­lers (trig­gers) uit: Skie­li­ke ver­an­de­rin­ge in ge­drag, doel­lo­se op­tre­de, ge­moeds­wis­se­ling (uit­bun­di­ge vreug­de ver­sus ’n ei­en­aar­di­ge kalm­te), so­si­a­le ont­trek­king, die weg­gee van waar­de­vol­le per­soon­li­ke be­sit­tings, on­ge­wo­ne be­hept­heid met dood of self- moord, af­skeid van ge­lief­des en vrien­de en geen voor­be­rei­ding vir die toe­koms. Nie al­le tie­ners toon voor­af hul voor­ne­mens nie, maar daar is be­slis te­kens: ’n Dras­tie­se ver­an­de­ring in voor­koms ’n Dras­tie­se ver­an­de­ring in self­sorg­ge­woon­tes

Bui­e­rig­heid, vreug­de-, woe­de- en tra­ne­buie ’n Ver­lies aan self­ver­troue Trae be­lang­stel­ling in al­le­daag­se leef­wy­se en tyd­ver­dry­we Te­rug­ge­trok­kend­heid Moeg­heid en rus­te­loos­heid Slaap te veel óf slaap te min Eet­lus ver­min­der of ver­meer­der Ge­wig ver­min­der of ver­meer­der Im­pul­sie­we op­tre­de Skie­li­ke deel­na­me aan ge­vaar­li­ke, self­be­se­ren­de ak­ti­wi­tei­te

Skie­li­ke ui­ter­ma­ti­ge se­nu­ag­tig­heid, ge­ïr­ri­teerd­heid en hef­tig­heid Te­kens van drank- en/of dwelm­mis­bruik On­re­a­lis­tie­se ge­dag­tes oor en ver­wag­tings van die toe­koms Praat­jies oor dood en self­moord Kin­ders wat el­ke dag vir lan­ger as t­wee we­ke min­stens vier van hier­die te­kens toon, ly dalk aan de­pres­sie. Hoe­wel al­mal wat aan de­pres­sie ly nie self­moord pleeg nie, is die mees­te men­se wat met self­moord­ge­dag­tes wor­stel, ter­neer­ge­druk.

Tot 60% van al­le self­moord­slag­of­fers word aan de­pres­sie toe­ge­skryf.

Neem al­le self­moord­te­kens en -drei­ge­men­te erns­tig op. Hou kin­ders dop, praat met hul­le daar­oor, luis­ter na hul­le en kry on­mid­del­lik hulp.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.