ON­GE­LUK

Oor­le­wen­de dra steeds die let­sels

Kuier - - FRONT PAGE - DEUR ERNUSTA VAN WYN­GAARD

Vir die S­wel­len­dam-ge­meen­skap in die Wes-Kaap sal 5 Mei nooit weer net ’n ge­wo­ne dag wees nie. Dié dag sal vir e­wig in hul ge­heue vas­ge­brand wees as die don­ker dag waar­op hul­le agt ge­meen­skaps­le­de – al­mal be­waar­ders – op een slag in ’n tra­gie­se mo­tor­on­ge­luk ver­loor het. Die mees­te was brood­win­ners.

Net die swan­ger E­zo­na Mert (27), wat voor langs die bus­sie se be­stuur­der ge­sit het, het oor­leef. Sy was ge­luk­kig om met net ’n paar ge­rin­ge be­se­rings daar­van af te kom. Haar on­ge­bo­re ba­ba het ge­luk­kig ook niks oor­ge­kom nie.

Die Burger het be­rig die on­ge­luk het daar­die og­gend om 07:00 ge­beur. ’n Bak­kie en af­le­we­rings­vrag­mo­tor was glo al­bei in die rig­ting van S­wel­len­dam on­der­weg. Toe die bak­kie by die plaas Ap­pels­bosch wou af­draai, het die vrag­mo­tor dit van ag­ter ge­tref. Die bak­kie is links van die pad af en die vrag­mo­tor het na regs oor die pad be­weeg en die bus­sie waar­in die be­waar­ders ge­ry het, ge­tref. Die bus­sie was in stuk­ke.

Die vrag­mo­tor­be­stuur­der, Bat­hut­hu Ko­ki (34) van K­haye­lit­sha het reeds op ’n klag van straf­ba­re man­slag in die S­wel­len­dam­land­dros­hof ver­skyn. Hy was aan­ge­hou tot sy vol­gen­de ver­sky­ning op 26 Mei. ( Kui­er kon nie ’n ver­de­re up­da­te oor die hof­saak gee nie, om­dat hier­die uit­ga­we al teen 26 Mei ge­druk het.)

Kui­er het die plek waar die on­ge­luk ge­beur het – op die N2 na­by die af­draai na Ap­pels­bosch – ses dae ná hier­die ver­skrik­li­ke on­ge­luk be­soek.

Die reuk van o­lie het nog sterk in die lug ge­hang. Op die op­per­vlak van die pad was groen py­le dui­de­lik sig­baar, ver­moe­de­lik deur die po­li­sie daar aan­ge­bring om aan te dui hoe die on­ge­luk ge­beur het. Die mer­ke (ver­moe­de­lik briek­mer­ke) van mo­tor­ban­de op die teer­pad so­wel as et­li­ke stuk­kies ge­breek­te glas, is nog van die oor­bly­wen­de te­kens oor wat hier­die ver­skrik­li­ke dag ge­beur het.

Maar dis uit­ein­de­lik die blom­me en agt krui­se met die na­me van die ge­stor­we be­waar­ders aan die lin­ker­kant van die pad (in die rig­ting van Buf­fel­jags­ri­vier), wat die hart­seer re­a­li­teit tuis­bring van die men­se wat nie meer daar is nie.

Syd­will John­son, Ne­vil­le Jan­sen, Ron­zio Mer­ring­ton, Da­wie Ar­ries, Bu­nit Brand, Jo­seph Klaa­se, Jo­han Car­stens en Josephine“Tit­tie”Gert­ze het daar­die nood­lot­ti­ge og­gend nooit by die werk uit­ge­kom nie. Die le­wens van hul ge­lief­des soos hul­le dit ge­ken het, ook vir al­tyd ver­an­der.

SAL NOOIT VER­GEET

Die een mens wat hier­die dag nooit uit haar ge­heue sal kan sny nie, is E­zo­na.

Sy kan nie baie van die on­ge­luk ont­hou nie,“om­dat dit al­les so vin­nig ge­beur het,”

maar sy ont­hou hoe sy op die gras langs die pad wak­ker ge­word het en een van haar kol­le­gas ’n ent van haar af met sy ge­sig na on­der sien lê het.

Met bloed wat oor haar ge­sig ge­stroom het uit die kop­wond waar haar vel los­ge­ruk was, het E­zo­na ge­loop na waar die wrak van hul bus­sie ge­lê het. Die dak was af­ge­ruk en sy het na Josephine Gert­ze, of an’ Tit­tie soos sy haar ge­noem het, ge­vat en haar lig­gies aan die arm ge­skud. Sy het ge­vra of sy or­raait is.

Sy kan nie ont­hou dat sy bloed by die res van haar kol­le­gas ge­sien het nie. Hul­le al­mal, be­hal­we die een bui­te op die gras, was steeds in hul sit­plek­ke, sê E­zo­na.

Maar an’ Tit­tie het nie ge­ant­woord toe E­zo­na haar naam sag­gies uit­roep nie en haar stem het daar­die og­gend la­ter in die hos­pi­taal fi­naal stil ge­word toe sy aan haar be­se­rings be­swyk het.

E­zo­na ont­hou sy was al op­ge­neem toe sy men­se ie­wers in die hos­pi­taal­gan­ge wan­ho­pig en his­te­ries hoor huil. Dit was an’ Tit­tie se fa­mi­lie toe hul­le die ty­ding kry.

Wan­neer E­zo­na oor dié dag praat, kom sy on­ge­loof­lik sterk voor. Sy was ty­dens die on­der­houd ook ten vol­le in be­heer van haar e­mo­sies en het el­ke vraag be­ant­woord. Dit is as­of die werk­lik­heid dat sy so­veel kol­le­gas op een slag ver­loor het, nog nie heel­te­mal by haar in­ge­sink het nie.

Maar dit is wan­neer jy die­per in haar oë kyk en ook ver­by die fi­sie­ke let­sels – haar kop­wond en ver­bin­de knie wat aan die her­stel is – dat jy sien hoe diep hier­die seer ge­slaan het.

Toe ons haar vra of sy kans sien om saam met ons na die on­ge­luks­to­neel te gaan, het ’n don­ker wolk in haar oë kom sit. Die glim­lag om haar mond was net-net en sy het sag en be­leef ge­sê:“Ek dink nie ek sien kans nie. Ek weet ook nog nie wat ek gaan maak wan­neer ek weer moet gaan werk en op die­self­de pad soon­toe moet ry nie . . .”

Vir nou is hier­die ’n re­a­li­teit wat sy maar te bly is om vir eers van te ont­snap.

Wan­neer jy haar vra hoe sy so sterk kan staan te mid­de van so ’n tra­ge­die, kyk E­zo­na jou vas in die oë.

“Ek het nie ’n keu­se nie. Ek móét e­mo­si­o­neel sterk bly ter wil­le van my (on­ge­bo­re) ba­ba. Dis ’n seun. As ek e­mo­si­o­neel uit­me­kaar gaan val, kan dit my kind af­fek­teer.”

E­zo­na, wat ook ’n vier­ja­ri­ge seun, Ai­dren, het, talm vir ’n oom­blik voor sy ver­der praat. Haar stem, wat ’n noot ho­ër raak, ver­klap die angs waar­deur sy kort ná die on­ge­luk in die hos­pi­taal ge­gaan het.

“Ek was bang vir my ba­ba. Ek het ge­stres en ek het ge­dink oor wat ek gaan maak as ek nie ’n hart­klop hoor nie? Toe ek dit wel hoor, het ek be­sef ek moet sterk wees vir my ba­ba.”

E­zo­na sê sy was die“ba­ba”(jong­ste)

Ek móét e­mo­si­o­neel sterk bly ter wil­le van my (on­ge­bo­re) ba­ba. As ek e­mo­si­o­neel uit­me­kaar val, kan dit hom af­fek­teer.

E­zo­na Mert

on­der die groep en dat sy baie saam met Syd­will John­son en Jo­seph Klaa­se was by die werk.

En dit is juis Syd­will se vrou, Mer­le (30), wat ook oor haar hart­seer met Kui­er ge­praat het.

Ook sy is swan­ger – 22 we­ke (so­wat vyf maan­de en t­wee we­ke) – en nes E­zo­na ver­wag sy ook ’n seun, maar haar seun sal nooit sy pa ken nie. Mer­le en Syd­will het net die week voor die on­ge­luk uit­ge­vind sy ver­wag ’n seun. Syd­will was op­ge­won­de oor sy eer­ste klong.

Mer­le en Syd­will het ook ’n vyf­ja­ri­ge dog­ter, Sen­zo­kuhle, wat ná haar pa se dood vir haar ma ge­vra het:“As Dad­dy by Lie­we Je­sus is, wan­neer kom hy dan te­rug?”

Dit het Mer­le se moe­der­hart ge­breek, want sy het haar steun­pi­laar en haar kin­ders het hul pa ver­loor. Maar, nes E­zo­na, moet Mer­le sterk wees ter wil­le van haar kin­ders. Sy hou haar­self by­me­kaar dank­sy die on­der­steu­ning van haar fa­mi­lie en skoon­fa­mi­lie.

die ON­GE­LUKS­DAG

Ons ge­sels met E­zo­na by haar huis waar sy be­sig is om te her­stel van haar be­se­rings.

’n Paar skra­pe; die kruk­ke; ver­band om haar reg­ter­knie en mank lo­pie as ge­volg van hier­die be­se­ring, so­wel as die plek op haar kop waar sy bles geskeer is so­dat haar los­ge­ruk­te kop­vel weer vas­ge­werk kon word, is al fi­sie­ke let­sels van hier­die dag wat sy oor­ge­hou het.

Die dank­baar­heid dat sy haar le­we ge­spaar is, is in hoof­let­ters oor haar ge­sig ge­skryf en die on­ge­loof wat af en toe in haar oë kom sit, ver­klap dat sy soms dit skaars kan glo.

E­zo­na werk al vir die af­ge­lo­pe d­rie jaar as ’n be­amp­te van kor­rek­tie­we diens­te by die Buf­fel­jags­ri­vier-ge­van­ge­nis. Voor dit het sy een jaar ge­proef by die Wor­ces­ter­ge­van­ge­nis.

E­zo­na glim­lag sag en haar oë kyk in die ver­te in wan­neer sy ver­tel die on­ge­luks­dag het soos e­ni­ge an­der dag be­gin. Sy en haar kol­le­gas, wat al­mal van S­wel­len­dam was, het ou­der­ge­woon­te by hul op­tel­punt by die ou S­wel­len­dam-tronk by­me­kaar ge­kom.

Sy ont­hou dit was nog­al koe­le­rig dié og­gend, maar Syd­will het kaal arms daar aan­ge­stap ge­kom en ge­sê“dis oe­fe­ning vir my”. E­zo­na en an’Tit­tie het hom nog ge­terg daar­oor.

“Dis hoe ons el­ke og­gend was met me­kaar. Ons was el­ke og­gend en mid­dae (uit­val­tyd) grap­pe­rig met me­kaar.”

’n Ska­du trek oor haar ge­sig wan­neer sy ont­hou hul­le was vir die res van hul tien tot vyf­tien-mi­nu­te rit tot by die werk, nog­al stil­le­rig.

“Ek het nie ’n snaak­se ge­voel ge­had dat iets nie reg is nie,”gaan sy moe­dig voort.

Sy ver­tel hul­le het ge­ry en na­by die af­draai na die plaas Ap­pels­bosch het sy ’n trok aan die reg­ter­kant van die pad, met ’n bak­kie wat voor dit ry, op­ge­merk.

“Ek het ge­sien die trok kom vin­nig aan en dat hy uit­swaai om die bak­kie te o­ver­ta­ke.”

E­zo­na praat vin­ni­ger, so as­of sy hier­die deel van die ver­tel­ling so vin­nig moont­lik wil af­han­del.

“Ek het nog vir die dri­ver ge­sê, ‘kyk hier’. Daar was nie spa­ce vir die trok om te o­ver­ta­ke nie. En toe is dit al­les don­ker voor my. Ek het die slag ge­hoor, maar ont­hou niks van die on­ge­luk nie.

“Toe ek wak­ker skrik, lê ek bui­te op die gras,”ont­hou E­zo­na daar­die ver­skrik­li­ke oom­blik wat bin­ne ’n oog­wink so­veel le­wens ge­neem het.

E­zo­na ver­tel ’n an­der kol­le­ga het voor hul bus­sie ge­ry en nóg een het ag­ter hul­le aan­ge­kom. Toe sy op die gras wak­ker word, was een van dié kol­le­gas by haar.

Sy het rond­ge­kyk en ge­sien een van haar kol­le­gas, wat saam met haar in die bus­sie was, lê ’n ent ver­der weg met sy ge­sig na on­der op die gras. Sy kon nie sien wie dit was nie.

Sy het haar man, An­dré, van een van die kol­le­gas wat by die on­ge­luks­to­neel stil­ge­hou het, se sel­fo­ne af ge­bel om te sê hul­le was in ’n on­ge­luk.

“Ek is dank­baar vir die He­re dat ek nie ge­sien het hoe die an­der lyk nie. Ek het niks bloed ge­sien nie. Vir my het dit nie ge­lyk as­of hul­le dood is nie – net dat hul­le erns­tig seer­ge­kry het. Ek het nie eens ge­dink aan die dood nie,”sê E­zo­na. Die skok slaan deur in haar stem. Sy ver­tel voorts toe an’Tit­tie nie ant­woord nie, het sy weg­ge­stap van die wrak. Sy het hier­na die an­der kol­le­ga ge­vra om haar hos­pi­taal toe te neem.

“Ek het niks pyn ge­voel nie en self by die hos­pi­taal in­ge­loop. Dis net die bloed wat by my ge­sig af­ge­stroom het. Dit was eers toe hul­le die won­de be­gin skoon­maak en toe die skaaf­won­de brand, dat ek seer be­gin voel het. My been was ook seer, want daar was ’n la­se­ra­sie (diep sny) aan my knie,”sê E­zo­na.

Sy het eers ’n k­lein bie­tjie pa­nie­ke­rig be­gin raak toe dit on­der die bloed op haar kop voel as­of daar ’n gat in is.

Sy glim­lag ver­lig wan­neer sy sê die hos­pi­taal­sus­ter het haar in­ge­lig dit was net ’n la­se­ra­sie en dat haar kop­vel op­ge­lig het.

“Ek was die heel­tyd by my vol­le be­wus­syn. Toe my man my in die hos­pi­taal kom sien, was sy oë on­der tra­ne en hy was die ene be­we­ra­sie. Nes ek, was hy be­kom­merd oor ons ba­ba, maar toe hoor ons sy hart­klop toe hul­le op die ma­sjien daar­voor soek.”

Maar ter­wyl E­zo­na dank­baar en ver­lig was dat sy en haar ba­ba fi­ne was, het die an­der ge­lief­des die hart­ver­skeu­ren­de nuus be­gin kry dat hul ge­lief­des nie daar­die aand sou te­rug­keer huis toe nie.

Mer­le John­son was een van hul­le.

STEUN­PI­LAAR WEG

Toe Kui­er Mer­le vir die eer­ste keer kon­tak, was dit ’n ui­ters e­mo­si­o­ne­le dag vir haar. Sy het al­les in­ge­sit om deur ons kort te­le­foon­ge­sprek te kom, maar die be­wing in haar stem het ver­klap wat in haar bin­ne­ste aan­ge­gaan het.

“Ek gaan oor so­wat ’n uur vir Syd­will uit­ken. Ek het hom nog nie ge­sien nie, so dis ’n moei­li­ke dag,”het sy toe ge­sê.

Toe ons ’n week la­ter weer met Mer­le praat, was sy op daar­die oom­blik in ’n be­ter spa­ce en het moe­dig die on­der­houd aan­ge­pak.

Mer­le ont­hou die na­week voor die on­ge­luk, want dit was Syd­will se af­na­week en hul­le het kwa­li­teit-tyd saam span­deer.

“Die Dins­dag­og­gend (van die on­ge­luk) het hy my nog ge­soen­groet,” ont­hou sy teer.

Mer­le was nog hier­die og­gend by die huis doe­nig toe haar broer bui­te na haar roep. Hy wou hoor of Syd­will or­raait is, om­dat hy ge­hoor het be­waar­ders het ver­on­ge­luk.

Nie lank daar­na nie, het haar nig­gie ook ge­bel om die­self­de uit te vind en toe kom haal Mer­le se neef haar by die huis om haar na haar ma se huis te neem.

“Ek het steeds ge­glo al­les is ou­kei. Syd­will sou my bel as iets fout was, het ek ge­dink. Vyf mi­nu­te la­ter het ’n po­li­sie­van by my ma se huis ge­stop en ’n vrou­li­ke po­li­sie­lid het my ver­tel van die on­ge­luk en dat men­se, Syd­will in­kluis, ge­sterf het,” gaan Mer­le dap­per voort.

Ná sy die ty­ding ge­kry het, was sy steeds kalm en is daar­na hos­pi­taal toe.“Ek wou die ver­se­ke­ring hê dat Syd­will werk­lik dood is. Ek was in de­ni­al, maar toe die hos­pi­taal­hoof uit­ein­de­lik ná ’n lang ge­wag dit be­ves­tig, het dit my ge­tref.

“Ek was so ge­skok en baie goed het deur my mind ge­gaan. Ek kon nie da­de­lik huil nie, maar het ge­dink aan my kin­ders. Syd­will was my steun­pi­laar,”sê sy e­mo­si­o­neel.

La­ter daar­die aand moes Mer­le vir haar dog­ter ver­dui­de­lik wat aan­gaan, om­dat Sen­zo­kuhle wou weet“hoe­kom huil die groot­men­se dan?”

“Ek het vir haar ge­sê.‘Dad­dy is nie meer hier nie; hy’s by Je­sus’. Toe sê sy net, ‘ek het nie meer ’n dad­dy nie’en die vol­gen­de og­gend het sy my ge­vra,‘as Dad­dy by Lie­we Je­sus is, wan­neer kom hy te­rug?’ Ek moes vir haar ver­dui­de­lik hy gaan nie te­rug­kom nie. Ek wou vir haar ont­hal­we vin­nig daar­mee be­gin de­al om­dat sy en haar pa baie ge­heg was aan me­kaar.”

Mer­le sê vir nou is sy or­raait en han­teer sy din­ge goed, om­dat sy baie on­der­steu­ning kry. Sy vrees eg­ter wan­neer sy te­rug na sy en Syd­will se huis moet gaan. (Sy is tans by haar skoon­men­se).

“Sep­tem­ber gaan baie moei­lik vir my wees, want dis my kraam­maand en Syd­will ver­jaar op 19 Sep­tem­ber,”sê sy hart­seer.

baie DANK­BAAR

In­tus­sen is E­zo­na ter­deë be­wus van hoe ge­luk­kig sy reg­tig is.

“Al wat ek kon sê toe ek hoor my kol­le­gas is al­mal dood, was‘ag jin­ne, Lie­we Va­der . . .’

“Toe ek die on­ge­luk­fo­to’s uit­ein­de­lik in die koe­ran­te sien, kon ek nie glo wat ek sien nie. Toe sien ek hoe die bus­sie werk­lik ge­lyk het. Ek kan nie vir die He­re ge­noeg dan­kie sê dat my le­we ge­spaar is nie,”sê E­zo­na e­mo­si­o­neel.

Maar hoe moei­lik dit ook­al is, sy, Mer­le en die an­der be­waar­ders se ge­lief­des moet aan­gaan. Al wat hul­le as troos het, is die her­in­ne­rin­ge.

’n Vrou­li­ke po­li­sie­lid het my ver­tel van die on­ge­luk en dat men­se, Syd­will in­kluis, ge­sterf het.

Mer­le John­son

HOOF­FO­TO: Die krui­se en blom­me langs die

N2 na­by S­wel­len­dam ge­tuig van die agt tronk­be­waar­ders wat hul le­we in ’n on­ge­luk

ver­loor het. LINKS: E­zo­na Mert (27) is die e­nig­ste oor­le­wen­de van die gru-on­ge­luk. BO: Só het die koe­ran­te oor die on­ge­luk be­rig.

HEEL LINKS: Die wrak­stuk is al wat oor­ge­bly het van die mi­ni­bus­taxi waar­in agt be­waar­ders gru­saam ge­sterf het.

HEEL BO: Mer­le John­son moet nou die stuk­ke op­tel ná sy haar steun­pi­laar in die on­ge­luk ver­loor het. BO: Syd­will John­son, wat in die on­ge­luk ge­sterf het, was sy dog­ter, Sen­zo­kuhle (5), se held.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.