Smaak­li­ke sop is soos siels­kos in die win­ter

Die be­derf van ’n bak­kie warm sop en vars­ge­bak­te brood kan e­ni­ge koue win­ter­dag op­kik­ker. Pro­beer dié heer­li­ke so­p­re­sep­te.

Kuier - - INHOUD - Deur Ka­ren Hart

KER­RIE-EN-KLAP­PER-AAR­TAP­PEL­SOP

Ge­noeg vir 6

BE­STAND­DE­LE

3 eet­le­pels o­lyf­o­lie (of son­ne­blom- of ca­no­la-o­lie) 3 uie, fyn­ge­kap 3 knof­fel­toon­tjies, ge­kneus en fyn­ge­kap 1 groen brand­ris­sie, sa­de ver­wy­der en fyn­ge­kap 1 x 2 cm stuk vars gem­mer, ge­skil en fyn­ge­kap 8 – 10 mid­del­slag aar­tap­pels, ge­skil en in blok­kies ge­sny Ge­ras­per­de skil van 1 suur­le­moen 1 eet­le­pel ma­ti­ge ker­rie­poei­er 6 kop­pies hoen­der­af­trek­sel 1 x 400 g blik­kie klap­per­melk ’n Hand­vol vars­ge­kap­te kol­jan­der, blaar­tjies en stin­gel­tjies Sout en vars­ge­maal­de swart­pe­per

ME­TO­DE Ver­hit die o­lie in ’n swaar­boom­ka­strol oor ma­ti­ge hit­te en braai die uie daar­in tot sag en deur­sky­nend. Voeg die knof­fel, ris­sie en gem­mer by en so­teer vir nog ’n paar mi­nu­te tot­dat die lief­li­ke geu­re bo­kant die pot hang. Voeg die aar­tap­pel­blok­kies by en meng goed. Roer­braai vir ’n mi­nuut of t­wee en voeg die ker­rie­poei­er by. Voeg die suur­le­moen en hoen­der­af­trek­sel by. Be­dek die pot, ver­laag die hit­te en laat vir on­ge­veer 20 mi­nu­te prut tot­dat die aar­tap­pels lek­ker sag is. Roer die klap­per­melk en kol­jan­der by en geur met sout en pe­per na smaak. Laat vir nog 10 mi­nu­te prut. Ge­bruik ’n hand­men­ger (of voed­sel­ver­wer­ker) en ver­pulp die sop tot ’n flu­weel­glad­de meng­sel. Be­dien warm.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.