Vas­be­slo­te seun (18) klop me­nin­gi­tis t­wee keer

Me­nin­gi­tis het hom in ’n ko­ma laat be­land en hy moes weer leer loop. Hy hoop nou om weer rug­by te kan speel.

Kuier - - INHOUD - DEUR ERNUSTA VAN WYN­GAARD

Dok­ters het sy ou­ers ge­waar­sku om hul­le vir die erg­ste voor te be­rei. Hy was in ’n ko­ma en daar was min hoop dat hy dit sou maak. Maar Aus­tin An­dries het hul­le ver­keerd be­wys. Hy het nie net ’n le­wens­be­drei­gen­de siek­te oor­leef nie, maar al­mal ver­stom met sy won­der­baar­li­ke her­stel. Die eer­ste keer toe brein­vlies­ont­ste­king (me­nin­gi­tis) vir Aus­tin (18) plat­ge­trek het, was hy maar net 12 jaar oud en het dit hom selfs vir ’n dag lank in ’n ko­ma ge­plaas. Toe hy hier­die skrik­wek­ken­de siek­te oor­win, het Aus­tin aan­ge­gaan met sy sorg­vrye tie­ner­le­we; ge­werk aan sy groot rug­by­d­room en ’n klomp sel­f­ies ge­neem.

Min het Aus­tin eg­ter ge­weet die me­nin­gi­tis sou te­rug­keer en hier­die keer sou hy bak­te­ri­ë­le me­nin­gi­tis, die ge­vaar­li­ke een kry, wat hom by die dood laat om­draai het . . .

Maar Aus­tin, oor­spronk­lik van Mon­ta­gu en wat nou in Wor­ces­ter (al­bei Bo­land­se dor­pe) bly, het se­dert De­sem­ber 2014 ge­veg teen hier­die siek­te wat sy le­we be­dreig het. En hy het ge­wen.

Hy het eg­ter nie on­ge­skon­de an­der­kant uit­ge­kom nie. Hy sal vir die res van sy le­we hier­die vi­rus met hom rond­dra en el­ke dag an­ti­bi­o­ti­ka moet ge­bruik om dit on­der be­heer te hou. Hy gaan ook el­ke maand vir ’n check-up en kry dan ’n in­spui­ting.

Die bak­te­ri­ë­le me­nin­gi­tis het sy lig­gaam ook só erg aan­ge­tas dat Aus­tin weer moes leer loop en weens die mank­heid wat hy ag­ter­ge­hou het, moes hy sy rug­by­d­room op­gee en sy skool­loop­baan vir eers groet. (Hy het gr.10 vol­tooi toe hy in De­sem­ber ver­le­de jaar siek ge­word het. Hy kon as ge­volg van sy siek­te nog nie van­jaar gr.11 be­gin nie).

Die web­werf he­alth24.com be­skryf me­nin­gi­tis as ’n in­flam­ma­sie van die mem­bra­ne wat die brein en rug­murg be­skerm en dit kan deur ’n bak­te­ri­ë­le of vi­ra­le in­fek­sie ver­oor­saak word. Bak­te­ri­ë­le me­nin­gi­tis is ’n on­ge­wo­ne, maar le­wens­be­drei­gen­de toe­stand, ter­wyl vi­ra­le me­nin­gi­tis meer al­ge­meen, maar min­der erns­tig is.

VER­WAG die ERG­STE

Aus­tin ont­hou dok­ters het vir hom ge­sê sy me­nin­gi­tis was die erg­ste graad wat hul­le al in die Wes-Kaap ge­sien het, om­dat hy boon­op rug­koors, in­fek­sies en sep­tie­se me­nin­gi­tis (wat se­re ver­oor­saak) ook op­ge­doen het ter­wyl hy in die hos­pi­taal was.

Dok­ters het sy ou­ers ge­waar­sku om hul­le op sy dood te be­gin voor­be­rei. Hul­le kon nie die pre­sie­se oor­saak van sy me­nin­gi­tis vas­stel nie, maar het met sy eer­ste me­nin­gi­tis-ge­val ver­moed dit het te doen met die kop­stam­pe wat hy in rug­by­wed­stry­de op­ge­doen het.

Maar Aus­tin is nie een wat som­mer gaan lê nie. Sy mot­to in die le­we is,“as jy nie gaan pro­beer nie, gaan jy nooit din­ge reg­kry nie”en dit is met hier­die uit­kyk en ’n on­wrik­ba­re vas­be­ra­den­heid in hom wat

hy sy siek­te aan­ge­pak het.

Dít was in Aus­tin se ag­ter­kop toe hy een­dag met sy loop­ring, wat hy ge­bruik het om mee te loop, op ’n fiets ge­klim en na die kli­niek ge­ry het. Hier het hy vir die fi­si­o­te­ra­peut ge­sê hy wil“die ding nie meer hê nie,”dat hy kruk­ke soek en hy het daar­die dag by die kli­niek uit­ge­stap.

D­rie we­ke la­ter was Aus­tin al­weer moeg van die kruk­ke en het be­sluit om dit vir sy ou­ma te skenk en op sy eie te be­gin loop. Die mank­heid was daar, maar hy het nie om­ge­gee nie, want d­rie maan­de la­ter kon hy weer be­hoor­lik op sy eie loop!

Aus­tin glim­lag breed wan­neer hy by­voeg:“Ek hard­loop ook al. Dis nou wel plat­voet en nie soos an­der men­se hard­loop nie, maar ek hard­loop! Ek hou van dans en die ou­ens vra my al­tyd of ek nog kan, dan wys ek hul­le,”sê hy en doen ’n bre­ak­dans-be­we­ging met sy bo­lyf ge­volg deur ’n aan­steek­li­ke lag­gie.

Aus­tin het ’n per­ma­nen­te glim­lag op sy ge­sig en kry dit reg om die hu­mor te vind in wat waar­skyn­lik die don­ker­ste tyd in sy jong le­we was. Dit is hoe hy ge­leer het om sy le­wens­be­drei­gen­de siek­te en die let­sels wat hy ag­ter­ge­hou het, te han­teer.

SIEK­TE TREF HOM

Toe me­nin­gi­tis eg­ter die eer­ste keer by hom ’n draai kom maak het, was dit al­les­be­hal­we ’n lag­saak, ont­hou Aus­tin en sy stief­pa, Tie­nie Pie­ter­sen. (Sy ma was in die werk ty­dens die on­der­houd).

Hy was 12 jaar oud toe hy vir die eer­ste keer vi­ra­le me­nin­gi­tis ge­kry het. Aus­tin ont­hou hy was een Son­dag­mid­dag op pad win­kel toe op sy fiets toe hy snaaks be­gin voel het. Hy het kou­e­koors ge­kry; sy kop het ge­pyn; hy was baie deur­me­kaar en het ook se­re op sy be­ne ge­had. Die vol­gen­de og­gend kon hy ook nie meer sien nie en het hy dié dag in ’n ko­ma ver­val.

“My me­nin­gi­tis was toe al op die erg­ste graad, maar ek is ’n paar dae la­ter ont­slaan en is te­rug skool toe,”ver­tel Aus­tin.

In De­sem­ber ver­le­de jaar was dit eg­ter ’n an­der sto­rie toe Aus­tin weer siek ge­word het. Hy ont­hou hy het op Vry­dag 12 De­sem­ber by ’n vrien­din Jess-Lee Baart­man, ge­kla sy kop pyn. Die Son­dag (14 De­sem­ber) was Aus­tin eers kerk toe en het daar­na win­kel toe ge­gaan, maar langs die pad het hy flou ge­raak. Ge­luk­kig was sy vriend Do­no­van Lu­kas by om hom te help.

Die vol­gen­de paar dae ná hier­die voor­val het Aus­tin fi­ne ge­voel, maar die aand van 18 De­sem­ber het hy aan die slaap ge­raak en hy was die vol­gen­de dag (19 De­sem­ber) in ’n ko­ma. Hy is die­self­de dag na die Wor­ces­ter-hos­pi­taal ver­plaas en in die in­ten­sie­we sorg­een­heid (ICU) op­ge­neem.

“Ek het op 21 De­sem­ber eers weer wak­ker ge­skrik, maar net vir ’n half­uur voor­dat ek weer in ’n ko­ma ver­val het.”

Oom Tie­nie ont­hou hier­die tyd al­te goed.“Aus­tin het baie swak ge­lyk toe ek en sy ma by hom kom. El­ke keer wat ons hom ge­sien het, was hy aan meer ma­sjie­ne ge­kop­pel en ons moes mas­kers, hand­skoe­ne en voor­sko­te dra en ’n pil drink (wat weer­stand teen die kiem bied) wan­neer ons hom be­soek het. Die dok­ters het ge­sê ons moet die erg­ste ver­wag, maar ons het ’n Ko­ning wat ho­ër as ons is. Ek het aan ge­bed ge­klou.”

Sy ma het vir past. C­hes­ter Swart ge­vra om vir Aus­tin te bid en hul­le glo dís wat hom deur­ge­dra het.

Die dok­ters in Wor­ces­ter kon niks meer vir Aus­tin doen nie en het hom Ty­ger­berg­hos­pi­taal toe ge­stuur.

“Toe ek hier wak­ker skrik, was ek on­der ’n klomp py­pe – vir my hart, a­sem­ha­ling, bin­ne­aar­se voe­ding en ek is ook op ’n drup ge­sit. Ek weet nie eens op wat­ter dag ek wak­ker ge­skrik het nie, want ek was so deur­me­kaar,”sê Aus­tin.

“Ek was K­ris­mis en Nu­we­jaar in die hos­pi­taal. Dit was nie lek­ker nie en ek het ge­huil om huis toe te gaan. Dok­ters kon nie sê wat reg­tig fout was met my nie; net dat dit ’n kiem was wat hul­le nie kan be­skryf nie, maar dat dit baie erns­tig is.”

In Ty­ger­berg-hos­pi­taal het Aus­tin in i­so­la­sie op vloer 5 ge­lê en toe hy be­ter word en kon praat, is hy na vloer 8 ver­skuif, waar hy moes her­stel. Dit was ook toe die fi­si­o­te­ra­peut met hom be­gin werk, dat Aus­tin be­sef het sy wê­reld is nie meer die­self­de nie.

“Sy (die fi­si­o­te­ra­peut) het my laat reg­op sit; my kop het ge­draai en dis toe dat sy my sê ek gaan weer moet leer loop. Ek kon nie glo wat be­sig was om met my te ge­beur nie. Ek het nog vir haar ge­sê,‘nee, ek moet weer rug­by speel’en dat ek ’n flank was.”

Vir die eer­ste keer is daar ’n be­wing in sy stem en die hart­seer slaan deur om­dat hy dié oom­blik, wat in Ja­nu­a­rie van­jaar ge­beur het, soos gis­ter ont­hou.“Ek het baie e­mo­si­o­neel ge­raak, want ek het my fa­mi­lie ge­mis en aan my ou­ma ge­dink, wat siek ge­raak het om­dat sy so be­kom­merd was oor my. Daar was geen keer aan tra­ne dié dag nie.”

Die hart­seer in sy stem is steeds daar.

hy bly moe­dig

Hy is op 23 Ja­nu­a­rie uit Ty­ger­berg­hos­pi­taal ont­slaan en dit het Aus­tin d­rie maan­de ge­vat voor hy weer op sy eie kon loop. Hy er­ken dit was baie swaar, maar hy het hom­self moed in­ge­praat en hy het ge­fo­kus om deur die fi­si­o­te­ra­pie te kom.

Die aan­pas­sing by die huis en dat hy nie din­ge kon doen soos wat hy voor­heen kon nie, het aan Aus­tin ge­vat, al was hy deu­ren­tyd po­si­tief.

Maar hy het moed ge­hou tot­dat hy eers son­der die loop­ring en toe son­der die kruk­ke kon klaar­kom.

Al is hy nie meer die jong­man wat hy was nie, is Aus­tin bly die“He­re het my ge­wys wie reg­tig Ko­ning is”.

En moe­nie ’n fout maak nie; hy sal nie op­hou pro­beer tot hy weer heel­te­mal sy ou self is en op die rug­by­veld kan uit­draf nie.

HOOF­FO­TO: Aus­tin An­dries (18) staan trots ná hy weer moes leer loop as ge­volg van me­nin­gi­tis. REGS ON­DER: Aus­tin en sy stief­pa, Tie­nie Pie­ter­sen, ont­hou die don­ker tyd in hul le­we. HEEL REGS: Aus­tin in die hos­pi­taal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.