Man oor­win die drank­dui­wel en bou voort op sy le­we

Drank het am­per sy le­we ver­woes, maar hy het uit­ein­de­lik die lig ge­sien, sy le­we om­ge­draai en nou le­we hy vol­uit.

Kuier - - INHOUD - DEUR ERNUSTA VAN WYN­GAARD

Wan­neer Ni­cho­las“Nak­kie”A­pril (57) trots in sy werks­win­kel by die huis staan van waar hy sy stof­feer­be­sig­heid be­dryf en gees­drif­tig ver­dui­de­lik hoe hy ’n af­ge­leef­de sit­ka­mer­stel weer kan laat le­we kry, is dit moei­lik om te glo dis die­self­de man wat toe­ge­laat het dat drank sy le­we by­na heel­te­mal ver­woes.

En nie net het drank sy le­we re­geer nie, maar dit het ook ge­maak dat hy by sy ge­sin weg is en het dit hom met ’n dik­derm­pro­bleem in die hos­pi­taal op die o­pe­ra­sie­ta­fel laat be­land. Boon­op het die stof­feer­be­sig­heid waar Ni­cho­las vir 18 jaar ge­werk het, ban­krot ge­speel en was daar nie ’n sent aan die werk­ne­mers uit­be­taal nie. Ni­cho­las was do­wn en out.

Dit het eers tóé – op 49-ja­ri­ge ou­der­dom en ná ja­re se drin­ke­ry – tot Ni­cho­las deur­ge­dring dat die pad met die drank waar­op hy ge­loop het, hom tot in die af­grond gaan lei.

Ni­cho­las, van die Bo­land­se dor­pie Wel­ling­ton, het ge­luk­kig in die hos­pi­taal die lig aan die an­der­kant van sy drank­ton­nel ge­sien voor dit te laat was. Hy het die be­sluit ge­neem om sy le­we om te keer; die drank te los; ’n woon­plek­kie ag­ter by sy ma op die jaart met sy eie t­wee han­de te bou; en sy eie be­sig­heid te be­gin.

Van­dag kan Ni­cho­las skaars voor­bly met die werk. Dis hoe­kom hy Kui­er net op ’n Sa­ter­dag kon sien, want in die week gaan dit te dol, sê Ni­cho­las, wat ook kon­struk­sie­werk (ge­bou­werk) en te­ël­werk doen.

“You na­me it – ek doen dit,”is Ni­cho­las se guns­te­ling-fra­se en hy sê dit son­der om ar­ro­gant te klink. Hy is be­voegd en weet hy doen ’n goeie job. Daar­van ge­tuig die baie werk wat sy kant toe kom en die self­ge­maak­te produkte wat in sy huis staan.

Maar Ni­cho­las weet ook hoe be­lang­rik dit is om nie net vir jou­self in hier­die le­we te wees nie. Dit is hoe­kom hy aan sy ge­meen­skap pro­beer te­rug­gee deur jobs vir ver­al ou­men­se te doen en am­per nooit eens wins daar­uit te maak nie.

“’n Mens moet te­ge­moet­ko­mend wees, want jy weet nooit wan­neer dit te­rug kan kom na jou toe nie,”meen Ni­cho­las.

Dit het hom eg­ter ’n he­le ruk ge­vat voor hy by hier­die po­si­tie­we punt in sy le­we ge­kom het.

Aan die be­gin kom sy sto­rie ’n bie­tjie moei­lik uit, maar dis die se­nu­wees, kom jy

la­ter ag­ter. Maar toe hy van sy stof­feer­werk be­gin praat, raak hy op­ge­won­de en wys trots al die i­tems in sy ne­de­ri­ge hui­sie wat hy self­ge­maak het.

DIE DRANK­dui­wel

Ni­cho­las se ver­hou­ding met die drank het be­gin toe hy 22 was. Hy was jonk en dit was toe die“jong­mens­ding”om te doen. Dit was nie toe al ’n pro­bleem nie; net ’n ma­nier van p­ret hê.

Ni­cho­las, pa van d­rie kin­ders, Amy (25), Ju-Ni­que (22) en Wes­ley (21), ver­tel die drank het eg­ter ’n erns­ti­ge pro­bleem ge­word toe hy in sy veer­tigs was en ’n“el­ke na­week drin­ker”ge­word het.

Dan het hy nie ge­wor­ry hoe lank hy van die huis af weg­bly of in wat­ter toe­stand hy wel by die huis op­ge­daag het nie. Ni­cho­las was ook nie be­wus van die uit­wer­king wat sy na­week­ma­ne­wa­les op sy huis­hou­ding ge­had het nie. Ni­ce ti­mes was al wat toe ge­tel het.

“Ek was al­tyd op soek na ple­sier bui­te die huis,”sê Ni­cho­las.“En wan­neer ek by die huis ge­kom het, was daar al­tyd ’n stry­e­ry. Ek het nie die kin­ders ver­skreeu of met die meu­bels baklei nie, maar daar was die stry­e­ry heel­tyd (met my vrou). Ek sou dan gaan tiep, op­staan en die le­we sou aan­gaan. So het dit vir 25 jaar ge­gaan.”

In­tus­sen het dit ook swaar ge­gaan by die werk, want die stof­feer­be­sig­heid waar Ni­cho­las boek­hou­werk ge­doen het, het ag­ter­uit be­gin gaan. Din­ge was só erg dat daar som­mi­ge we­ke nie eens lo­ne was nie en wan­neer dit wel be­taal was, was dit short ook, sê Ni­cho­las.

“Die kin­ders het nie ver­staan dat daar nie geld was nie en dit na­dat ek heel­week ge­werk het,”brei hy uit oor die taw­we tye.

VER­LOOR AL­LES

Maar dit was eint­lik die kon­stan­te ge­stry­e­ry wan­neer hy dronk was, wat Ni­cho­las laat be­sluit het hy kon dit nie meer vat nie. Hy het pad­ge­gee en weer te­rug­ge­trek na sy ou­ers toe – op 49-ja­ri­ge ou­der­dom.

Om al­les te kroon, het sy dik­derm pro­ble­me be­gin gee. Ni­cho­las ver­dui­de­lik dit het ge­knoop en dok­ters het vir hom ge­sê sy ge­sond­heids­pro­ble­me was as ge­volg van sy drink­ge­woon­tes. Hy het in hier­die tyd 12 kg ver­loor om­dat niks wat hy ge­ëet het, bin­ne kon bly nie. Hy het al­les weer op­ge­bring – die­self­de met die drank.

Hy moes ’n o­pe­ra­sie kry om sy derm­pro­bleem te her­stel.

“Die o­pe­ra­sie was my keer­punt. In die hos­pi­taal het ek baie goed ge­dink. Ek het my­self af­ge­vra wat is die pad vo­ren­toe, want ek het niks ge­had om op te­rug te val nie. Die Man van Bo het my in hier­die tyd tot be­sin­ning ge­bring. Ek het be­sef ek kon nie so aan­gaan nie,”ver­tel Ni­cho­las in ’n som­ber stem.

Hy voeg by die“vrin­ne het ook ver­dwyn” toe hy nie meer drink nie, maar hy is dank­baar dat hy toe kon sien wie sy werk­li­ke vrien­de was.

STAAN WEER OP

Dit was toe hy niks ge­had het nie dat Ni­cho­las ’n plan moes be­raam oor wat hy gaan doen om te oor­leef.

Op skool was hy goed in hout­werk en het ook er­va­ring in die kon­struk­sie­be­dryf en in­ge­ni­eurs­we­se ge­had. By die stof­feer­be­sig­heid waar hy boek­hou­werk ge­doen het, het Ni­cho­las met die oë ge­steel en saans by die huis ge­oe­fen om dit self te doen.

So, toe hy werk­loos is, het hy be­sluit om al sy vaar­dig­he­de te kom­bi­neer en in ’n be­sig­heid te om­skep. Hy het men­se se meu­bels be­gin oor­doen en so het sy werk hul­self ge­ad­ver­teer en het hy baie wor­dof-mouth-ver­wy­sings ge­kry.

Die am­per skaam Ni­cho­las wat ge­suk­kel het om sy sto­rie te ver­tel, ver­dwyn die oom­blik dat hy oor sy be­sig­heid be­gin praat. Hy raak op­ge­won­de en die woor­de rol van sy lip­pe af. Die pas­sie vir wat hy doen, is dui­de­lik.

“Ek bou slaap­ban­ke; doen men­se se sit­ka­mer­stel­le oor as­ook te­ël­werk. Dees­dae koop jy nie eens meer reg­te hout nie – ek noem dit ta­ma­tie­kis­plan­kies. Dis hoe­kom ek men­se aan­raai om nie hul hout­stel­le weg te gooi nie. Jy kan eer­der jou ou stel vir tus­sen R4 000 en R6 000 laat her­stof­feer in plaas van R16 000 tot R20 000 vir ’n nu­we stel te be­taal,”sê hy gees­drif­tig oor sy werk.

Ni­cho­las het nie ’n kar nie, maar het vir hom­self ’n wa­en­tjie ge­maak waar­op hy sy tools rond­trek en jobs by hui­se gaan doen. Die gro­ter jobs (soos stel­le oor­trek) doen hy in sy werks­win­kel by die huis. Vir nou doen hy net jobs in Wel­ling­ton. Men­se van bui­te wat van sy diens­te ge­bruik wil maak, moet hom dan kom haal, ver­dui­de­lik hy.

Ni­cho­las het steeds ’n goeie ver­hou­ding met sy kin­ders en is ook al ou­pa.

So, ja dit gaan goed met Ni­cho­las, wat sê hy’t nie eens meer ’n ge­dag­te aan drank nie. Daar­voor maak hy se­ker hy hou hom met an­der goed ook be­sig, soos on­der meer tuin­maak.

Die glim­lag op sy ge­sig toe ons weg­trek wys hoe trots hier­die Wel­ling­ton­ner is dat hy die dop ge­klop het. Hy is ook be­wys dat jy kán op­staan uit jou el­len­de. Dit hang net af hoe vas­be­ra­de jy is.

Die Man van Bo het my tot be­sin­ning ge­bring.

HOOF­FO­TO: Ni­cho­las

A­pril (57) het die drank­dui­wel oor­win en spog van­dag met sy eie stof­feer­be­sig­heid. REGS ON­DER: Hy wys

die lit­te­ken van ’n dik­dermo­pe­ra­sie wat sy le­we ver­an­der het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.