Ak­ti­vis Dul­cie Sep­tem­ber se le­ga­cy leef voort

Die ak­ti­vis Dul­cie Sep­tem­ber het ’n groot rol in ons ge­skie­de­nis ge­speel. Haar sus­ter ver­tel wat sy al­les moes op­of­fer.

Kuier - - INHOUD - DEUR ERNUSTA VAN WYN­GAARD

Die ak­tri­se De­ni­se Ne­w­man is be­kend daar­voor dat sy haar ka­rak­ters uit­ste­kend en ge­voel­vol kan ver­tolk en met haar on­lang­se ver­hoog­pro­duk­sie

Cold Ca­se: Re­vi­si­ting Dul­cie Sep­tem­ber, het sy dit weer ge­doen.

Maar die Dul­cie Sep­tem­ber-stuk is meer as net nóg ’n pro­duk­sie.

Vir die fa­mi­lie, ver­al vir S­te­pha­nie A­rend­se (78), die e­nig­ste le­wen­de sus­ter van die ver­moor­de an­ti-a­part­heids­le­gen­de Dul­cie Sep­tem­ber, is die e­mo­sies wat De­ni­se met hier­die stuk kom los­maak, nog bit­ter rou. Want dis hul Dul­cie wat De­ni­se uit­beeld.

Dul­cie is 27 jaar ge­le­de op 29 Maart 1988 in ’n sluip­moord­voor­val in Pa­rys, Frank­ryk dood­ge­skiet. Sy was 52. Die sluip­moor­de­naar het die koe­ëls op haar laat neer­re­ën, waar sy be­sig was om die ANC se Pa­rys-kan­toor oop te sluit na­dat sy die pos gaan op­tel het.

Haar sus­ter is wreed van haar af weg­ge­neem en S­te­pha­nie suk­kel tot van­dag toe steeds om dit te ver­werk. Net die ge­sels oor Dul­cie maak haar e­mo­si­o­neel en ty­dens die on­der­houd moes ons ’n paar keer eers stop om­dat die hart­seer S­te­pha­nie oor­wel­dig het.

“Ek kon dit (haar dood) nie han­teer nie. Ná hoe my pa ons vir ja­re ge­slaan het, het ek ge­vra,‘hoe­kom moes sy só dood­gaan?’ Ek het my­self ook af­ge­vra wie se ge­sig sy voor haar ge­sien het voor sy dood­ge­gaan het – myne; my ma s’n of die He­re s’n,”sê S­te­pha­nie voor sy in tra­ne uit­bars.

Wan­neer sy weer haar e­mo­sies on­der be­heer het, sit sy haar dap­per ver­tel­ling voort en sê dank­baar De­ni­se beeld Dul­cie se sto­rie so mooi uit.

S­te­pha­nie, ’n ma van vyf, se seun Mi­cha­el (49) was daar om sy ma deur die on­der­houd by haar huis in I­das­val­lei, S­tel­len­bosch te on­der­steun, want haar ge­sond­heid is nie te goed nie.

Die eer­ste ding wat jy sien wan­neer jy by S­te­pha­nie se huis in­stap, is ’n groot plak­kaat van Dul­cie teen die muur. Met ons aan­koms het S­te­pha­nie ook trots daar­na ge­wys en ge­glim­lag.“Ek was baie trots op haar,”voeg sy sag by.

Dit is nie net Dul­cie se moord wat steeds seer­maak nie, maar ook dat S­te­pha­nie haar ge­lief­de sus­ter ba­sies aan die st­rug­gle teen die a­part­heids­re­ge­ring ver­loor het nog voor­dat sy dood was. Hul­le het ja­re se saam­wees ver­loor om­dat Dul­cie vir vyf jaar in die tronk was vir haar po­li­tie­ke be­trok­ken­heid en daar­na was dit huis­ar­res. Dul­cie kon nie vir haar­self ’n le­we in Suid-A­fri­ka sien nie. Sy het na die bui­te­land ge­trek, waar sy ver­skeie top­pos­te bin­ne die ANC be­klee en die par­ty in ver­skeie lan­de ver­teen­woor­dig het. Dul­cie het Suid-A­fri­ka in 1973 op ’n per­ma­nen­te ex­it vi­sa ver­laat. Dit het be­te­ken sy mag nie weer te­rug­ge­keer het huis toe nie.

Maar die lem wat die fel­ste sny, is dat Dul­cie se moor­de­naar tot op hier­die dag nie aan­ge­keer en ver­volg is nie. Hul­le weet ook nie wie die mees­ter­brei­ne daar­ag­ter was nie.“Dis pyn­lik,”sê S­te­pha­nie met oë waar­in die hart­seer vlak sit.

WIE WAS DUL­CIE?

Maar wie was hier­die vrou wie se be­graf­nis deur 30 000 men­se in Pa­rys by­ge­woon was en na wie ’n vier­kant en skool ook in Pa­rys ver­noem is?

In koe­rant­uit­knip­sels wat S­te­pha­nie ver­sa­mel en in ’n plak­boek vol“Dul­cie­he­rin­ne­rin­ge”be­waar, is dit dui­de­lik dat haar dood plaas­lik en in­ter­na­si­o­naal ’n op­skud­ding ver­oor­saak het.

Dit is on­moont­lik om Dul­cie, ’n voor­ma­li­ge on­der­wy­ser, se ge­skie­de­nis en haar by­drae tot die st­rug­gle in hier­die be­perk­te ruim­te uit­een te sit. Maar ons pro­beer.

Dul­cie E­von Sep­tem­ber is op 22 Au­gus­tus 1935 in Mait­land in die Kaap ge­bo­re. Be­hal­we S­te­pha­nie het Dul­cie ook ’n sus­ter, Esmé Su­san, ge­had, wat weens siek­te ge­sterf het toe Dul­cie ne­ge jaar oud was. Dul­cie en S­te­pha­nie, wat net 18 maan­de uit­me­kaar is, was baie ge­heg aan me­kaar en het by­na al­les saam ge­doen.

Hul pa, Ja­co­bus, was ’n skool­hoof by die Me­to­dis­te-skool in Ken­sing­ton en hul ma, Su­san, was ’n huis­vrou.

S­te­pha­nie se oë raak don­ker wan­neer sy ont­hou hoe hul pa hul­le ge­reeld vir geen re­de nie ge­slaan het. Een van dié ke­re was op haar ver­jaar­dag in st. 8 (gr. 10).

“My ma het vir my ’n mooi koek ge­bak vir my ver­jaar­dag. My pa het dié dag vir my, my ma en Dul­cie met ’n tuig (leer­stoel waar­mee per­de in­ge­span word) ge­slaan, net om­dat my ma ’n koek ge­bak het. ’n An­der keer het Dul­cie se kol­le­ge vroe­ër as ge­woon­lik uit­ge­kom en sy het by Mrs Williams oor­kant die pad gaan wag. Sy het heel­tyd deur die ven­ster ge­kyk wan­neer my pa kom en sy moes hom ge­mis het. Sy is met die trein huis toe en my pa wou haar nie in die huis in laat kom nie,”ont­hou S­te­pha­nie hul moei­li­ke tye.

Dul­cie kon haar pa se mis­han­de­ling nie meer vat nie en het in 1956 uit­ge­trek.

Sy het haar­self in­tus­sen as ’n on­der­wy­ser ge­kwa­li­fi­seer en het ty­dens haar skool­gee­ja­re by die st­rug­gle be­trok­ke ge­raak. Dit was ver­al die st­rug­gle rondom op­voe­ding en die in­stel­ling van die Ban­toe­op­voe­ding­stel­sel, wat Dul­cie warm on­der die kraag ge­maak het.

Sy het by ver­skeie or­ga­ni­sa­sies aan­ge­sluit, on­der meer die Ca­pe Pen­in­su­la Stu­dents’U­ni­on (CPSU), wat by die U­ni­ty Mo­vement of South A­fri­ca ge­af­fi­li­eer was. Dit was by die CPSU waar Dul­cie an­der ak­ti­vis­te soos Ne­vil­le A­lex­an­der, Mar­cus So­lo­mon, Fi­ki­le Bam, dr. Ken­neth A­bra­hams en Ot­ti­lia S­him­ming ont­moet het.

La­ter het sy ook by die Te­a­cher’s Le­a­gue of South A­fri­ca (TLSA), die A­fri­can Pe­op­le’s De­mo­cra­tic U­ni­on of Sout­hern A­fri­ca (Ap­du­sa), die Yu Chi C­han Club (YCCC), wat ver­vang was deur die Na­ti­o­nal Li­be­ra­ti­on Front (NLF), aan­ge­sluit.

Vei­lig­heids­po­li­sie het haar huis in Ju­lie 1963 deur­soek en Dul­cie is op 7 Ok­to­ber 1963 by die skool waar sy klas ge­gee het, in heg­te­nis ge­neem.

“Sy het nooit met my ge­praat oor haar po­li­tie­ke ak­ti­wi­tei­te nie,”sê S­te­pha­nie.

Toe Dul­cie ná haar ar­res­ta­sie by die tronk in Roe­land­straat aan­ge­hou is, was dit S­te­pha­nie wat vir haar blik­kies­kos en skoon kle­re ge­neem het.

Dul­cie is vyf jaar tronk­straf op­ge­lê en die a­part­heids­re­ge­ring het haar ge­du­rig van tronk ver­skuif, so­dat sy al ver­der van haar fa­mi­lie was. Haar ma het weens kan­ker ge­sterf, ter­wyl Dul­cie nog in die tronk was.

“Sy was hart­seer en het ge­sê sy het nie eens kans ge­had om my ma te groet (voor sy sterf) nie,”ont­hou S­te­pha­nie.

Toe Dul­cie uit die tronk vry­ge­laat word en on­der huis­ar­res ge­plaas is, het sy by S­te­pha­nie in die Paarl gaan bly. Sy was vir ’n ver­de­re vyf jaar ver­bied om by e­nig­iets po­li­ties be­trok­ke te raak en ook om weer skool te hou. Sy kon dit nie han­teer nie en het be­sluit om En­ge­land toe te trek, waar sy ver­der on­der­wys kon stu­deer.

“Op 19 De­sem­ber 1973 is sy weg. Ons (S­te­pha­nie en haar ge­sin) het ge­gaan en ge­hoop om Dul­cie af te sien, maar die vei­lig­heids­po­li­sie het haar in ’n ka­juit aan­ge­hou en ons nie toe­ge­laat om haar or­dent­lik te groet nie. Ons kon net vir haar waai toe sy op die dek uit­kom na­dat die skip reeds ver­trek het,”sê S­te­pha­nie sag.

S­te­pha­nie en haar man, dr. Re­na­tus A­rend­se, het Dul­cie eers in 1979 in Lon­den be­soek, maar Dul­cie het deu­ren­tyd brie­we en kaar­te ge­stuur, wat S­te­pha­nie nog het.

In die bui­te­land het Dul­cie haar weer tot die st­rug­gle ge­werp en was on­der meer die ANC se hoof­ver­teen­woor­di­ger in Frank­ryk, S­wit­ser­land en Lux­em­bourg. Sy het ook wyd ge­reis om so­li­da­ri­teit vir die an­ti-a­part­heid st­rug­gle te werf. Sy het groot suk­ses hier­mee be­haal en ’n be­drei­ging ge­word vir die Suid-A­fri­kaan­se re­ge­ring so­wel as vir be­rug­te en ge­we­ten­lo­se Eu­ro­pe­se wa­pen­han­de­laars. Maar haar st­rug­gle is wreed be­ëin­dig. Die Waar­heids- en Ver­soe­nings­kom­mis­sie kon geen lig werp op wie vir haar dood ver­ant­woor­de­lik was nie.

Be­hal­we ’n her­den­king­se­re­mo­nie deur die na­si­o­na­le re­ge­ring in 2010 en ’n ge­meen­skap­saal in Athlo­ne wat na haar ver­noem is, is Dul­cie nie op e­ni­ge an­der noe­mens­waar­di­ge wy­se ver­eer vir haar by­drae tot die st­rug­gle nie.

BLY­WEN­DE PYN

En tot van­dag dra S­te­pha­nie die seer van hoe haar sus­ter tot haar ein­de ge­kom het op haar smal skou­ers. Sy weet nie hoe om daar­oor te kom nie, want ter­wyl Dul­cie vir die res van die wê­reld ’n vrees­lo­se veg­ter vir vry­heid was, was sy vir S­te­pha­nie die sterk sus­ter met wie sy e­nig­iets kon deel.

“As ek vir een laas­te keer nog met haar kon praat, sou ek vir haar be­dank vir hoe baie sy vir ons ge­doen het,”sê S­te­pha­nie. “Dul­cie het nie ’n man of kin­ders ge­had nie, en het haar le­we vir die st­rug­gle ge­gee.”

As ek vir een laas­te keer nog met haar kon praat, sou ek haar be­dank vir hoe baie sy vir ons ge­doen het.

S­te­pha­nie A­rend­se

HOOF­FO­TO: S­te­pha­nie A­rend­se (78), sus­ter van die an­ti-a­part­heids­ak­ti­vis Dul­cie Sep­tem­ber, suk­kel steeds om die wre­de ma­nier waar­op

Dul­cie dood is, te ver­werk. REGS: Fo­to’s en koe­rant­uit­knip­sels van Dul­cie. ON­DER: S­te­pha­nie en Dul­cie (regs) het ’n nou

band ge­had.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.