Wat die hart van vol is

Om mans­vrien­de te hê en vrien­de met vroue te wees, ver­skil he­mels­breed. Maar jy moet jou vriend­skap­pe met al­bei ge­slag­te koes­ter.

Kuier - - INHOUD - FOUL­DIEN DEUR NICOLETTE

In my pril­le jeug het ek al ag­ter­ge­kom ek is ’n man­ne-mei­sie. Moet my nou nie ver­keerd ver­staan nie! Ek be­doel nie daar­die klas man­ne-mei­sie nie, al het ek ook ’n sty­we kwo­ta kê­rels weg. Maar as ek moet kies tus­sen mans en vroue, wen mans los­han­de.

Van jongs af het ek lie­wer met die seuns rug­by ge­speel en my tel­kens by­na do­de­lik be­seer, as om met mei­sies in bek­ge­veg­te be­trok­ke te raak. Van netbal dra ek tot van­dag toe geen ken­nis en ty­dens skool­pou­ses het ek skelm met die seuns ag­ter die skool­saal ge­rook as om saam met die kwet­te­ren­de mei­sies in die toi­let­te te skin­der. Ek sou ma­triek be­haal het as ek nie in gr. 8 in ’n mei­sie­klas be­land het nie. Net min­der as vyf maan­de toe tjai­la ek! Ek sou dit nooit ’n vol­le jaar ge­hou het nie.

Toe ek die dag wa­re lief­de ont­dek, was ek net oor een ding op­reg jam­mer en dis dat ek toe dras­ties my mans­vrien­de moes af­skaal. Ek kon mos da­rem nie van my ge­lief­de ver­wag om my met ho­pe mans te deel nie. Ek is da­rem toe­ge­laat om ’n paar mans­vrien­de te be­hou en so met ver­loop van tyd het die vriend­skap­pe ’n natuurlike dood ge­sterf. ’n Be­son­der­se een het eg­ter man­moe­dig bly vas­kleef en die toets van tyd won­der­lik deur­staan. On­ge­luk­kig het die nood­lot in­ge­gryp en ek moes die moe­di­ge vasbyter aan ’n on­na­tuur­li­ke dood af­staan. Nou het ek nog net my man as vriend oor en dis bit­ter moei­lik vir my wat so ver­sot op mans is.

Mans is maar een­maal an­ders as ons vroue. Hul­le skin­der nie som­mer nie. Pro­beer nie ge­du­rig mooi­er en ma­er­der as hul vrien­de lyk nie. Hul­le gee nie ir­ri­te­ren­de gig­gel­lag­gies vir on­be­nul­lig­he­de nie en kerm en kla nie heel­dag oor hul om­stan­dig­he­de nie. Hul­le praat ook nie die heel­tyd oor iets so­dat jy la­ter moet won­der wat hul­le nou eint­lik pro­beer sê nie.

Moet asseblief nie vir my vies word nie. Ek weet nie al­le vroue is so nie en al­le mans is nie per­fek nie. Dis net wei­nig dat jy bo­ge­noem­de ei­en­skap­pe by ’n man kry, juis om­dat dit so eie aan ons vroue is. Daar­om ver­kies ek mans as vrien­de.

Ek ver­pes ’n ge­skin­der! My leu­se is, as jy iets van ie­mand wil sê wat jy nie be­reid is om in haar teen­woor­dig­heid te her­haal nie, hou dan jou mond!

’n Ba­klei­e­ry on­se­nu my. Niks is so kin­der­ag­tig en af­stoot­lik as t­wee vroue wat in die o­pen­baar baklei of skel nie. As ons ons­self nie kan be­heer en kon­flik met die no­di­ge waar­dig­heid han­teer nie, hoe ver­wag ons van ons kin­ders om re­spek te leer en te be­toon?

Vroue, maak maar lie­wer vre­de met jou voor­koms, ge­wig en sel­lu­liet. Al­mal kan nie beeld­skoon en slank wees nie. Dis juis ons u­niek­heid wat ons so spe­si­aal maak.

Ek en my we­der­helf span­deer soms ure in me­kaar se teen­woor­dig­heid son­der om ’n woord te sê. Nie om­dat ek dik­bek of hy knor­rig is nie, maar om­dat ons so ge­mak­lik met me­kaar voel dat woor­de soms oor­bo­dig is. Dis ook wat ek die mees­te van my mans­vrien­de mis. Die feit dat hul­le nie weg­skram van stil­te nie. Wys my ’n vrou wat by jou sal kom kui­er en te­vre­de sal wees as jy al om ’n half­uur iets met haar praat. Nee wat! Mans daar­teen­oor praat net die no­di­ge en dit wat nie reg­tig saak maak nie, word nie eens aan­ge­haal nie. Hy voel nie on­ge­mak­lik as jy glad nie re­a­geer op iets wat hy ge­sê het nie. Hy raak nie vies of dink jy is on­be­skof as jy gou ver­dwyn om die was­goed op te hang of ver­sko­ning maak om ’n af­spraak na te kom nie. Hy dring nie aan op jou on­ver­deel­de aan­dag so­dat hy oor sy eie pro­ble­me kan kerm en kla son­der om te vra hoe dit met jou gaan nie. Hy stap nie van jou af weg en ver­tel vir sy vrien­de hoe vuil en deur­me­kaar jou huis is nie. Mans se oë sien net die no­di­ge raak. Soos hoe mooi jou ha­re lyk en dat jy ma­er­der om die bou­de ge­word het. Hul­le ont­hou net dit wat saak maak en ver­geet die res. Geen on­no­di­ge ba­ga­sie nie.

Moet eg­ter nie dink ek het geen vrien­din­ne nie. Ek het. En ek is lief vir hul­le. Tus­sen ons lê ja­re­lan­ge ver­bin­te­nis­se. Par­ty b­ring ek uit my kin­der­ja­re saam, ter­wyl an­der so met die tyd by­ge­kom het.

Ge­luk­kig is dit nie vir my no­dig om tus­sen my mans­vrien­de en vrien­din­ne te kies nie. En is daar iets waar­mee ons vroue be­ter as mans is? Ja, baie. En laat ek maar er­ken: Vroue het die won­der­li­ke ver­moë om deur dik en dun by jou te staan en styf vas te klou aan ’n goeie vriend­skap.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.