Hal­lo Kui­er-men­se

Kuier - - KUIERHOEKIE -

Sjoe, die win­ter is in vol­le gang en links en regs hoes en proes men­se van die ver­skrik­li­ke griep wat rond­gaan – ek in­kluis!

Ek kan ver­staan hoe­kom som­mi­ge men­se nie van win­ter hou nie. Dis koud en jy weet nooit of jy re­ën, wind of ka­pok gaan kry nie. Daar­om is ons in hier­die sei­soen meer huis­ge­bon­de.

Maar vir my lê die be­ko­ring juis hier­in. Ek hou van die win­ter. Be­hal­we dat die na­tuur so mooi kan wees, word ons met die koue weers­om­stan­dig­he­de ge­dwing om meer tyd saam deur te b­ring en sáám ak­ti­wi­tei­te te vind om ons bin­nens­huis be­sig te hou. Of dit nou ga­mes is wat jul­le speel ter­wyl die kag­gel­vuur brand, om lek­ker saam op­ge­krul on­der die kom­bers te lê en ’n mo­vie te kyk of saam te bak en brou in die kom­buis.

En na­tuur­lik – wat is nou lek­ker­der om snoe­sig jou nu­we Kui­er te lê en lees?

Dié uit­ga­we is juis prop­vol lees­stof wat jou som­mer baie stof tot na­den­ke gaan gee en jou op­nuut gaan dank­baar maak vir die se­ë­nin­ge in jou le­we. Daar is van­dag baie seer har­te van fa­mi­lie­le­de en vrien­de wat ge­lief­des aan die dood af­ge­staan het, soos F­ri­do­le­ne (bl. 12) en E­zo­na (bl. 22). Ja, die seer en ver­mis­ting sal al­tyd daar wees, maar ek weet die Va­der sal al hier­die seer har­te aan­raak en met­ter­tyd sal die goeie her­in­ne­rin­ge se­ë­vier.

Maar dis da­rem nie net al­les doom en gloom nie. Pro­beer ook ge­rus die heer­li­ke so­p­re­sep­te wat Ka­ren vir ons aan­me­kaar ge­slaan het en lek­ker sto­ries soos dié van ou­ma Geel­meid (bl. 16) gaan jou in­spi­reer.

Ge­niet hier­die uit­ga­we en ook die sa­me­syn wat win­ter b­ring.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.