Maak dit ’n po­si­tie­we er­va­ring BOEK

Kuier - - KUIERCOACH -

Die be­sluit om jou eie plek­kie te kry of om oor te be­gin ná die ver­brok­ke­ling van jou ver­hou­ding of ná ’n eg­skei­ding, hoef nie ’n ne­ga­tie­we on­der­vin­ding te wees nie. Maar jy moet die vol­gen­de ont­hou:

• Be­plan die nu­we hoof­stuk in jou le­we. Stel ’n be­gro­ting op en maak se­ker jy hou daar­by. Met goeie be­plan­ning sal jy min­der ge­neig wees om die win­kels in te vaar en al­les te koop wat jou oë sien.

• Jy moet ook voor­af be­sluit of jy self gaan skoon­maak, was­goed was, stryk en kook en of jy ie­mand gaan kry om dit vir jou te doen. In­dien jy ie­mand wil aan­stel om dit te doen, maak se­ker jy sluit dit by jou be­gro­ting in.

• In­dien jy van troe­tel­die­re hou en tyd het om die no­di­ge aan­dag aan die troe­tel­dier te gee, kan jy een aan­skaf. Dit sal help om die erg­ste al­leen­heid weg te neem.

• Koop eer­der een meu­bel­stuk per maand aan, want so het jy meer tyd om be­ter te be­plan wat­ter i­tem die beste ko­pie gaan wees.

• Wan­neer jy jou eie plek­kie moet aan­skaf, maak ek­stra se­ker jy span­deer nie geld op on­no­di­ge goed waar­son­der jy kon klaar­kom nie as ge­volg van e­mo­si­o­ne­le pyn.

• Ge­niet jou­self en leer jou­self be­ter ken. Voor jy jou­self in ’n nu­we ver­hou­ding be­ge­we, maak tyd om te e­va­lu­eer wat in jou ver­hou­ding of hu­we­lik ver­keerd ge­gaan het en wat jou aan­deel daar­in was.

• Doen goed waar­voor jy nooit voor­heen tyd ge­had het nie. Leer skil­der, maak tuin of be­gin skryf aan daar­die boek waar­oor jy al lank­al droom.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.