Fa­ce­book

Kuier - - Kuierhoekie -

Die Kui­er van 3 Ju­nie 2015 is fan­tas­ties en so vol puik sto­ries. Ek lees van Kat­ja en kon die tra­ne nie keer nie (Ons ma wreed weg­ge­ruk). As ek om­blaai is dit ou­ma Ka­tri­na se in­spi­re­ren­de ver­haal (Taal van haar hart) en dan blaai ek om en lees Aus­tin An­dries se ver­haal (A­we­so­me Aus­tin). En dan wil ek graag my in­ni­ge mee­ge­voel en sim­pa­tie oor­dra aan die fa­mi­lies en ge­sin­ne van die be­waar­ders wat ver­on­ge­luk het (Don­ker dag). Ons as mens dink mis­kien nou al­les lyk so on­werk­lik en don­ker, maar soos die tyd aan­stap sal die He­re al die hoe­koms en waar­oms be­ant­woord. Wees sterk ge­lief­des en dank die He­re vir die tyd wat Hy hier­die fa­mi­lie­le­de aan jul­le ge­leen het. Ons in Kui­er- land bid vir ver­troos­ting en ge­ne­sing. God se­ën jul­le. LI­O­NEL S­MITH

Ek lees my guns­te­ling-tyd­skrif, die Kui­er van 3 Ju­nie 2015 met baie hart­seer. Woor­de kan dit nie be­skryf nie, maar tog is daar blyd­skap, in­spi­re­ren­de ver­ha­le en die lek­ker re­sep­te vir die win­ter. En graag wil ek vir Courtney Kim Cu­pi­do ver­wel­kom by ons as die Kui­er- fa­mi­lie. Hoop jy gaan som­mer nog baie lek­ker kui­er. JE­AN SOLOMONS

Dan­kie Kui­er, jul­le roer al­tyd die reg­te on­der­werp op die reg­te tyd aan en dis hoe­kom ek so mal is oor hier­die tyd­skrif! Ek het nou on­langs die Im­pla­non- voor-be­hoed­mid­del vir my laat in­sit. Dis nou al vier maan­de en nou er­vaar ek er­ge haar­ver­lies. Dus is ek baie dank­baar vir nog een van jul­le ar­ti­kels ( Hulp vir haar­ver­lies, 3 Ju­nie 2015), want nou weet ek ek gaan de­fi­ni­tief met die reg­te raad ge­help word! Jul­le is tops!

PATROLIZE MAJIEDT

De­ni­se Ne­w­man is da­rem nou een­maal ’n prag­ti­ge en styl­vol­le mens! En saam met Cedwyn Joel . . . hul­le is voor­waar le­gen­da­ries ( Di­na­mie­se Duo, 3 Ju­nie 2015). Ek gaan nou my Kui­er ver­slind, en dan wag ek nog net om my Kui­erCom­bo te koop!

IL­SE MILLER OP­PER­MAN

Cedwyn Joel en De­ni­se Ne­w­man is le­gen­des in ons ver-maak­lik­heids­be­dryf ( Di­na­mie­se Duo, 3 Ju­nie 2015). Hul­le is de­fi­ni­tief ’n voor­beeld van Proud­ly South A­fri­can!

CHRISTYLENE VAN S­CHALK­WYK

Wat ’n prag­ti­ge voor­blad van die styl­vol­le ak­tri­se De­ni­se Ne­w­man (Di­na­mie­se Duo, 3 Ju­nie 2015). Kui­er, jul­le is reg­tig tops!

PAT LAN­GE­VELDT

My ma koop klok­slag el­ke uit­ga­we van Kui­er. Die CD wat sy in die Moe­ders­dag-uit­ga­we (6 Mei 2015) ge­kry het, was da­de­lik na ge­luis­ter. Dis so prag­tig en my sus­ter se 4-ja­ri­ge sing haar hart uit! Sy sê net nr. 2 is haar song en dan ken sy nog­al al die woor­de!

ROSLIN PIZER

Met die prag­ti­ge he­kel- en brei­pa­tro­ne, is die Kui­er Win­terCom­bo be­slis nom­mer 1. Die re­sep­te lyk heer­lik en ek waar­deer al jul­le wen­ke. Baie dan­kie aan die Kui­er- span! MAG­DA M. GREBE

Dees­dae is ek nie ver­baas wan­neer tie­ners swan­ger raak nie, want daar is o­ral kon­do­me be­skik­baar (Swan­ger tie­ners in die klas, 3 Ju­nie 2015). En in een van die ver­plig­te vak­ke op skool, le­wens­o­ri­ën­te­ring, word daar ge­reeld voor­lig­ting ge­gee oor voor­be­hoed, HIV en an­der oor­draag­ba­re siek­tes, maar steeds sien ’n mens swan­ger tie­ners op skool. Ek dink dit is on­no­sel­heid. Die slag as jy jou broek los­maak, moet jy weet wat kom!

T­HEO BUR­KE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.