RE­SPEK KOM EER­STE

Min din­ge maak ’n pa se hart so trots soos wan­neer sy kin­ders suk­ses­vol is. Maar wat Jo­han de Jongh se hart ver­der laat swel, is sy seun Ju­an se ne­de­rig­heid en re­spek vir an­der.

Kuier - - Front page - DEUR ERNUSTA VAN WYN­GAARD

Jont­hou hoe kra­nig Ju­an – kleing­eit en al – van jongs af op die rug­by­veld was.

Oom Jo­han sê lag­gend Ju­an was klein­tyd“net soos ’n hop­bol­le­tjie – al­tyd aan die rond­spring”.

“Ek het daai tyd al iets sien aan­kom,” voeg oom Jo­han by.“Ek ont­hou toe Ju­an vir die o.9-span ge­speel het. Hy was so ’n k­lein tjok­ker­tjie en dit was so mooi om hul­le klein­tjies te sien speel. Ju­an het een­dag proe­we ge­speel en het uit die kwart uit ge­hard­loop toe ’n an­der ou­tjie hom tackle en Ju­an het sy ge­wrig breek. Ek het op die veld ge­hard­loop, maar ge­leer dis hoe rug­by maar is.”

Ju­an, wat ’n ou­er broer, Ro­han (32), en twee­ling­sus­ters, Me­lis­chia en Me­lo­ny (29), het, ont­hou nie veel van hoe hy as kind was nie, maar ont­hou rug­by het van jongs af op hom ge­groei en dat hy pou­ses baie lief was vir tou­chies speel. Dat hy daar­na met ’n nat­ge­swe­te lyf in die klas moes gaan sit, het hom nie veel ge­pla nie.

Wan­neer ons oom Jo­han pols oor wat­ter ti­pe kind Ju­an was, vra hy eers vir Ju­an of hy maar een spe­si­fie­ke sto­rie vir ons kan ver­tel. Ju­an sê sy pa kan maar ver­tel, want hy­self ont­hou nie veel van toe hy k­lein was nie.

Oom Jo­han se ge­sig kreu­kel van lek­ker­kry toe hy ver­tel van een Sa­ter­dag lank ge­le­de (Ju­an was nog nie eens op la­er­skool nie) toe hy by­na heel­dag na sy jong­ste ge­soek het. Hy en sy vrou, Maga- mooi­er is, is hoe trots Ju­an en oom Jo­han op me­kaar is. Ju­an om­dat sy pa ’n be­gin­sel­vas­te man is en hom ge­leer het om vi­sie in die le­we te hê en te fo­kus op dit wat hy doen. En oom Jo­han om­dat sy seun nie ver­geet het waar­van­daan hy kom nie, al het hy al so­veel hoog­tes in sy loop­baan be­reik.

Oom Jo­han se stem raak ras­pe­rig wan­neer hy ver­tel hoe sy vaderhart van trots ge­swel het toe Ju­an ver­le­de jaar die eer­ste ge­kleur­de kap­tein ge­word het om die Cur­rie­be­ker vir die WP te kon lig.

“Dit (Ju­an se kap­tein­skap) was gre­at s­tuff! Ek wou ook al­tyd ge­had het hy moet een­dag die Groen-en-Goud dra, toe ge­beur dit. Die He­re is goed, want dit het ge­skie­de­nis ge­maak toe Ju­an die eer­ste ge­kleur­de kap­tein word wat die be­ker vir WP lig,”sê oom Jo­han.

Ook Ju­an sal hier­die hoog­te­punt in sy loop­baan ver­le­de jaar vir al­tyd koes­ter.

“Dit was ’n dre­am co­me true, want ek was ook ’n lei­er. Ek het al­tyd ge­droom om in die WP-span te speel en die 2014 Cur­rie­be­ker-sei­soen was a­we­so­me. Dit was ’n groot oom­blik om ’n (kap­tein)-trui aan te trek, wat an­der rug­by­le­gen­des soos on­der meer Cor­né K­ri­ge ge­dra het,”sê Ju­an aan­ge­daan. uan de Jongh (27) se eer­ste vraag is:“Hoe gaan dit?”Sy oë is op­reg en be­lang­stel­lend wan­neer hy met jou praat.

En al is Ju­an, S­tor­mers- en WP-spe­ler, se pro­gram druk be­sig te mid­de van die Su­per15-sei­soen, laat hy jou nooit voel jy is las­tig wan­neer jy hom bel om ’n voor­blads­hoot soos hier­die aan­me­kaar te sit nie. Hy is al­tyd be­leef, ge­dul­dig en toon so­veel re­spek.

Aan die be­gin vang sy vrien­de­lik­heid jou half on­kant, want as jy in die me­dia werk, is jy daar­aan ge­woond dat nie al­mal oor­loop van vrien­de­lik­heid wan­neer jy hul­le kon­tak nie.

Maar dis wan­neer jy Ju­an se pa, oom Jo­han de Jongh (55), ont­moet dat die leg­kaart in­me­kaar be­gin pas. Oom Jo­han straal die­self­de op­regt­heid en be­lang­stel­ling in sy me­de­mens uit en dis by hom wat Ju­an ge­leer het om al­le men­se met re­spek te be­han­del.

Oom Jo­han is een van daar­die warm men­se in wie se ge­sel­skap jy da­de­lik op jou ge­mak voel en met wie jy dik stuk­ke kan ge­sels. En moet ook nie dink hy is skaam voor die ka­me­ra nie, want so­dra dit “lig­te, ka­me­ra, ak­sie”is, is hy reg met ’n po­se en gee deu­ren­tyd so ’n lek­ker lag­gie dat sy oë op skre­fies trek.

Die we­der­syd­se re­spek en ge­moe­de­lik­heid wat daar tus­sen pa en seun is, laat ’n warm­te in jou hart gaan sit. Wat nóg

HOOFFOTOENBO:Ju­an­de

Jongh(27)en­sy­pa, Jo­han(55),het’nbaie

spe­si­a­le­ver­hou­ding.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.