Hal­lo Kui­er-men­se

Kuier - - Kuierhoekie -

Ek is te­rug ná my kort va­kan­sie en al was dit heer­lik om ’n bie­tjie weg te kom, is daar maar net een huis vir my en dis net hier by my eie men­se in Kui­er- land! Dis ook vir my be­te­ke­nis­vol dat ek weer met ons Va­ders­dag-uit­ga­we be­gin, want dit is eint­lik so ’n ge­voe­li­ge saak vir baie van ons.

Aan die een kant kan ’n klom­pie van ons i­den­ti­fi­seer met die fan­tas­tie­se rol­mo­del­le wat hul­le mooi waar­des ge­leer het, soos Ju­an de Jongh wat met so­veel lof van sy pa, Jo­han, praat.

Maar daar is net so­veel van ons wat ook met Da­wid Kam­fer en selfs die Hol­ly­wood-ak­teur Bo­ris Kodjoe kan i­den­ti­fi­seer wat son­der ’n pa in die huis groot­ge­word het. Tog is hul­le al­bei in­spi­ra­sies, want hul­le het dit as ’n dryf­veer ge­bruik om van­dag be­ter pa’s vir hul kin­ders te wees en nie as ver­sko­ning ge­bruik om ook nie die mas op te kom nie.

Toe ek k­lein was, het ek al­tyd ge­won­der hoe­kom is daar nie ook ’n bord­jie wat sê “Wat is ’n huis son­der ’n Va­der”nie? Toe kom ek tot die ge­volg­trek­king dat ons se­ker weet, want daar is so baie hui­se waar daar nie ’n pa is nie en dit het my nog­al hart­seer ge­maak. Daar­om b­ring ons in die uit­ga­we hul­de aan al die pa’s wat daar is vir hul kin­ders. Die sto­ries wys ’n pa hoef nie per­fek te wees nie, hy moet dáár wees. En baie dan­kie aan al die pa’s wat soos do­mi­nee Jo­hann Els in die Bood­skap aan­hou­dend vir hul kin­ders bid.

Die skok­ken­de Wa­re Le­wens­dra­ma is ’n ab­so­lu­te moet-lees in hier­die uit­ga­we. Tot vol­gen­de keer,

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.