Fa­ce­book

Kuier - - Kuierhoekie -

Dan­kie Kui­er vir die Va­ders­dag-uit­ga­we – van die voorbladstorie tot die hart­seer wa­re ver­ha­le waar­van “Ma se hart bloei” (17 Ju­nie 2015) mens weer laat stil sit en dink, dat jy wat jou ge­sin en le­we het, dit moet waar­deer. Daar is men­se soos Gail wat al­les in die le­we ver­loor het. Hoe tel mens die stuk­ke van so ’n ge­bro­ke le­we weer op? Net Je­sus sal jou kan ant­woord Gail. Ons kan net bid vir jou. Mag God jou vol­ko­me her­stel my sus­ter. Toe kom ek op die Bruin-pot­poe­ding­re­sep (Kamp­kos­vi­r­pa,17Ju­nie2015) af. My man en kin­ders lek be­hoor­lik die pot uit en so oor­tref ek weer my eie kook­kuns met ’n Kui­er­poe­ding – wat ’n lek­ker af­ron­ding op ’n koue Son­dag­mid­dag. E­DITH HOD­GES

My hart breek vir Gail Kock ( Ma se­hart­bloei,17Ju­nie2015). Dis net God wat jou hier­deur kan dra. Van­dat ek ge­lees het wat Ge­ro ge­doen het, voel dit as­of my maag op ’n knop is, want jou kin­ders op die fo­to’s her­in­ner my so­veel aan my eie twee. Ek dink as jy jou oë toe­maak, is die beel­de van daar­die dag am­per ver­blin­dend. Ek bid vir jou. Mag die troos van die Hei­li­ge Gees met jou wees. Nie­mand sal ooit weet wat in sy kop aan­ge­gaan het nie, maar daar is geen ver­sko­ning, geen re­de om jou so te straf nie. S­terk­te Gail. Mag jy een­dag be­rus­ting vind.

BER­NA­DI­NE C. VA­NIA

Hoe­wel ek nie ’n pa het om Va­ders­dag mee te vier nie, het ek die Va­ders­dag-uit­ga­we ge­niet. Kan nie wag om self die re­sep­te te be­proef nie. RO­MA BAI­LEY

Kui­er se vleis­re­sep­te is net reg vir die koue win­ter­aan­de. Wat is lek­ker­der as ’n bord ge­kook­te kos soos die lams­vleis­bre­die (Kui­er Win­terCom­bo,2015).

CATHLEEN NOR­MAN

Ek wens dat my kin­ders hul op­voe­ding erns­ti­ger wil op­neem. Dit was ’n ge­veg net om die voor­reg te hê om skool te kan klaar­maak in die (po­li­tie­ke) om­stan­dig­he­de waar­in ons was. Ek het baie ge­sien wat nooit kon klaar­maak as ge­volg van hul be­trok­ken­heid by die st­rug­gle nie. Hul­le het baie op­ge­of­fer om ons kin­ders die ge­leent­heid te gee om ’n op­voe­ding te kan kry en nie eens al­mal van hul­le het ag­ter­na er­ken­ning daar­voor ge­kry nie. Waar­deer die kin­ders van van­dag da­rem hul ou­ers wat hard moes werk om hul skool­geld te be­taal? A­DE­LE RAYBIN

Pas jou jeug­ja­re op. Maak ge­bruik van el­ke ge­leent­heid ver­al op skool­vlak wat jy ge­bied word. Lees, lees en nog­maals lees om jou ken­nis uit te brei. Ons land be­no­dig en soek goeie lei­ers.

CATHLEEN NOR­MAN

Ek dink nie dit maak saak (of jy nou ’n pa het) nie. My seun het son­der sy pa groot­ge­word en hy is van­dag ’n won­der­li­ke mens. My broer se seun is ’n wees­kind van kleins af en is ook van­dag ’n won­der­li­ke man. Dit hang af van wie en hoe die kind be­ïn­vloed word ty­dens sy groot­word­ja­re.

ROQSHANAH F­RE­DE­RICKS MOR­GAN

Of jy met ’n pa of son­der ’n pa groot­word, dit maak nie saak nie (Op­soe­k­na­my­pa,17Ju­nie 2015), elk­een dink vir hom­self. As jy groot­ge­word het met ’n al­ko­ho­lis-pa, wil dit nie sê jy moet die­self­de paad­jie volg nie. Word ie­mand baie be­ter vir jou eie kin­ders. Al­les hang net van jou­self af. Glo jy kan ’n won­der­li­ke pa vir jou kin­ders wees.

DONIEL JAN­SEN

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.