Wat werk!

Hier is raad met pie­sangs en pam­poen, hoe om sok­kies weer wit en jou troe­tel­die­re skoon te kry.

Kuier - - Wenke -

Om baie vuil wit sok­kies skoon te kry, neem 1 tee­le­pel Do­mes­tos, meng dit met lou­warm wa­ter en laat die sok­kies daar­in lê. Jo­an Ca­rol­li­sen, Paarl Ver­wy­der ou kleef­lint van ge­skenk­pa­pier deur daar­oor te stryk. Je­a­net­te de Beer, V­re­den­dal As jy klaar jou pam­poen ge­skil het, sny dit in blok­kies en gooi dit in plas­tiek­sak­kies. Gooi ’n bie­tjie sui­ker op die pam­poen voor jy dit v­ries vir la­te­re ge­bruik. Dit sal dan nie wa­te­rig wees wan­neer jy dit kook nie. He­ster P­rin­ce, Ui­ten­ha­ge Smeer na­el­lak ag­ter­aan jou k­no­pe. Dit ver­sterk dit en sal ver­hoed dat dit af­breek wan­neer jy die kle­ding­stuk was. Do­reen R­hee­der, Ui­ten­ha­ge As jy die stop­pers van jou gor­dyn­re­ling ver­loor het, ge­bruik P­restik om te keer dat die hak­kies uit­glip wan­neer jy die gor­dyn oop­trek. Del­o­ris Ke­ster, Bloem­fon­tein

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.