Hal­lo Kui­er-men­se

Kuier - - Kuierhoekie -

Dis lek­ker koud in die Kaap en ek voel die win­ter so aan my veer­tig­ja­ri­ge lyf, maar dis die tyd vir lek­ker eet, so ek voel glad nie so sleg nie. Daar’s my ou­ma se mielies-en-boon­tjie­sop, lek­ker bre­dies soos daai wat Ka­ren Hart ons in hier­die uit­ga­we wys, om van ’n lek­ker sterk brey­a­ni nie eens te praat nie!

Dis ook ’n baie lek­ker tyd om op al my lees­werk in te haal en ge­luk­kig het mens mos nie krag daar­voor no­dig nie – dis nou as jy nog ou­tyds soos ek is en en nog reg­te boe­ke lees. Maar lo­ad shed­ding is nou reg­tig nie lek­ker nie. Moet sê ek het nog nooit uit ’n mis­da­di­ger se oog­punt aan die saak ge­dink tot I­vor se sto­rie hier aan­ge­kom het nie! Nou sien ek be­hoor­lik din­ge in ’n an­der lig en dan wil Eskom nog hê ons moet meer vir krag be­taal.

Ge­luk­kig het ons da­rem ’n paar sto­ries in hier­die uit­ga­we wat die bloed min­der laat kook. Twee ma’s staan reg­tig vir my uit. Dis nou A­ne­sia Thompson wat so ver­be­te ge­veg het om ’n grant vir haar siek kind te kry al het sy eers tel­kens nee vir ’n ant­woord ge­kry. En dan is daar an­tie Chris­ti­na A­do­nis wat weer wys mens is nooit te oud om te leer nie. Haar sto­rie is ook vir my so be­son­ders, want dit wys kin­ders kan ook op hul beurt hul ou­ers tot ho­ër hoog­tes in­spi­reer.

Moe­nie ons vol­gen­de uit­ga­we mis­loop nie, want ons gee dan al die be­son­der­he­de vir van­jaar se Pienk Ple­sier – die hoog­te­punt op ons ka­len­der!

Tot vol­gen­de keer,

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.