Wat werk!

Hier is raad met hoe om sui­ker weer sag te kry, bees­po­te gou­er te kook en vlek­ke uit te kry.

Kuier - - Wenke -

As ’n pak sui­ker hard ge­word het, gooi dit in groot hou­er met ’n dek­sel en sit ’n sny brood bo-op. Plaas die dek­sel te­rug. Ná ’n paar uur sal die sui­ker sag wees. El­len Joseph, Kim­ber­ley Om su­perg­lue van e­ni­ge deel van jou lig­gaam te ver­wy­der, ge­bruik lou sout­wa­ter en ’n sag­te ma­te­ri­aal soos ’n was­lap om dit mee af te vee. Le­o­nar­do S­mith, Tul­bagh Om jou eie strooi­sui­ker te maak, maal ge­wo­ne sui­ker in jou smoo­thie-ma­ker fyn. Petula Da­vis, Paarl Spaar jou­self werk deur ’n tit­sel kou­e­lym op el­ke knoop van ou en nu­we kle­re te sit. Ook op lap waar dit wil wil be­gin ra­fel. Ger­tru­de Bo­tha, Cen­tu­ri­on Om jou braai­roos­ter skoon te kry, strooi koek­so­da en sprin­kel dan a­syn oor. As dit klaar ge­bruis het, frommel ’n stuk­kie foil op en vryf dit daar­mee skoon. Doen dit ge­reeld en ná el­ke braai. S­ha­ron van Nie­kerk, Kuils­ri­vier

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.