SMS

Kuier - - Kuierhoekie -

Ná die ar­ti­kel“Ma se hart bloei”(17 Ju­nie 2015) oor Gail Kock wie se eks­man, Ge­rat Be­zui­den­hout, hul twee kin­ders en daar­na hom­self dood­ge­skiet het, het kom­men­taar van le­sers in­ge­stroom. Ook Ge­rat se fa­mi­lie en vrien­de het hul kant van die saak ge­stel. Om­dat ons by Kui­er glo in reg­ver­dig­heid, plaas ons hier ’n ge­re­di­geer­de weer­ga­we van hul kom­men­taar:

Ek as die oor­le­de­ne se sus­ter wil ook net kom­men­taar le­wer oor die ar­ti­kel wat Gail Kock ge­plaas het. En om­dat hy nie hom­self kan ver­de­dig nie. My oom en tan­te wat vir haar soos skoon­ou­ers was, want hul­le het hom so te sê groot­ge­maak, ken al die fei­te van die aan­ran­ding wat ’n jaar ge­le­de ge­beur het. Sy het my broer tel­ke­ma­le ver­klei­neer voor ons. Al­mal het fou­te en ’n sto­rie het twee kan­te. Sy het my broer gaan skei soos wat sy ge­loop en ver­kon­dig het, maar toe hy ook wil aan­be­weeg met sy le­we, toe kan sy dit nie han­teer nie. Dit ter­wyl sy nog voor­dat hul­le ge­skei het ver­hou­dings ge­had het. Sy het nooit van dit ge­heim ge­maak nie. My broer was ’n baie goeie, sag­ge­aar­de en ne­de­ri­ge mens en baie kan ge­tuig daar­van. My pyn sal nooit weg­gaan nie, maar die waar­heid moet se­ë­vier. SUS­TER

Wie de­fend vir Ga­ret Be­zui­den­hout? Ons wat hom ken en vir Gail ken, weet daai pak­slae was die eer­ste en dit was die laas­te. Praat die waar­heid Gail. Jy het hom daar­na toe ge­dryf jy het hom ge­tor­tu­re met woor­de wat sker­per was as ’n swaard. Ons het al­mal ge­sien en ge­hoor en weet wat Ga­ret deur­ge­maak het. Men­se wat jou nie ken nie sal jou glo en jam­mer voel vir jou, maar ons wat jou ken is ver­bit­ter teen­oor jou. Die skie­te­ry kon ver­hoed ge­wees het.

VER­BIT­TER­DE VRIEN­DE, EER­STE­RUS

Wat­ter trau­ma­tie­se sto­rie is “Ma­se­hart­bloei” (17Ju­nie 2015) nie! Moes hy nou sy kin­ders se ma so diep seer­ge­maak het? Gail, ek is op­reg jam­mer vir jou dub­be­le ver­lies. S­terk­te met die pad vo­ren­toe.

KA­TRI­NA GOR­DON, WEL­LING­TON

Xi­ne­lia was in my klas (Ma­se hart­bloei,17 Ju­nie 2015). Sy was ’n won­der­li­ke sag­te kind sy sou nou on­langs ver­jaar het. Ek sien steeds haar glim­lag­gie.

JUF­FROU GEL­DEN HUIS

Gail, ont­hou God het ’n plan met jou le­we en Hy al­leen sal die seer wat Hy ge­bring het, weer kom heel­maak. My hart gaan uit aan vroue wat mis­han­del word.

PAU­LA BUF­FEL, KROONSTAD

Hoe­kom moet on­skul­di­ge kin­ders se vreug­de­vol­le le­wens boet as ge­volg van on­ver­ant­woor­de­li­ke ou­ers en deur ge­sins­ge­weld? Ons moet die le­we en ons kin­ders waar­deer, want hul­le be­hoort aan God.

A­BEL OC­TO­BER, RO­BERT­SON

My tra­ne loop soos ek “Ma­se hart­bloei” (17 Ju­nie 2015) lees. My maag keer om en my hart is baie seer. Maar glo die He­re sal jou hier­deur dra. Hy sal jou nooit be­ge­we of ver­laat nie. Die twee prag­ti­ge kin­ders is vei­lig in Lie­we Je­sus se arms. Ek weet nie van Ge­rat se ge­we­te nie. Mag God jou ver­sterk, Gail.

GE­RAL­DI­NE KAS­PER, U­PING­TON

Ek lees nou Gail se ver­haal (Ma se­hart­bloei, 17 Ju­nie 2015) met seer en tra­ne. Die seer om twee kin­ders so wreed te moes ver­loor. O, my sus­ter dat jy dit self moes aan­skou. Jy gaan hul­le weer ont­moet. Ek bid vir krag en s­terk­te. LIL­LI­AN JON­KER, MAMRÉ

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.