NUUT BY KUI­ER

Kuier - - Kuierhoekie -

Ro­we­na Hen­dricks (31) is op So­mer­set-Wes in die Hel­der­berg ge­bo­re. Sy is ge­troud en het twee prag­ti­ge seun­tjies van on­der­skei­de­lik 7 (“going on 17”) en 1 (“going on 10”), sê sy lag­gend.

“Hul­le is twee woel­wa­ters en ek noem hul­le Bol­la en Bek­kies, maar hul­le is be­slis hul Mam­ma se hart se punt!”

In haar vry­e­tyd hou sy van in­ko­pies doen, fliek, uit­eet en om saam met vrien­de en fa­mi­lie te braai en kui­er. Haar mot­to in die le­we is: Al­les ge­beur met ’n doel. If it’s me­ant to be it will be!

Ro­we­na het on­langs by die Kui­er- span as teks­re­dak­teur aan­ge­sluit na­dat sy ja­re­lank by ver­skeie koe­ran­te oor die land heen ge­werk het. Sy was al on­der meer joer­na­lis en blad­uit­leg­kuns­te­naar by

Volks­blad in Bloem­fon­tein, en ge­meen­skaps­koe­ran­te in die Wes-Kaap, on­der meer Dis­triks­pos, Ty

gerBur­ger, Pe­op­le’s Post en E­den Ex­press op Ge­or­ge. “Ek is dank­baar vir al die ge­leent­he­de wat al vir my ge­bied is. En ná ja­re as koe­rant­ver­slag­ge­wer is dit nou ’n lek­ker, nu­we uit­da­ging om by ’n tyd­skrif te werk. Dis baie an­ders, maar ek ge­niet dit ter­deë. So far, so good!” Ro­we­na spog dat sy al by baie lek­ker plek­ke ge­werk en goeie vrien­de ge­maak het, wat steeds soos fa­mi­lie is.“Van die bes­te her­in­ne­rin­ge was die jaar wat ek en my ge­sin in die Suid-Kaap ge­bly het.”

Sy is ’n trot­se Ma­tie (U­ni­ver­si­teit van S­tel­len­bosch) en het twee gra­de (BA- en BP­hil-graad in joer­na­lis­tiek) ag­ter haar naam.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.