SMS

Kuier - - Kuirhoekie -

Ek wil graag hê al­mal moet weet dat hier­die tyd­skrif on­ge­loof­lik is! Kui­er is eer­stens die goed­koop­ste op die rak van al die an­der, maar dit het die mees­te siels­kos en sto­ries en op­los­sings en raad vir ons al­mal se al­le­daag­se roe­ti­nes en pro­ble­me – by die werk, by die huis, in die kar, in die hos­pi­taal . . . som­mer o­rals. Jy raak nie ver­veeld nie en ek kan ook nie wag vir die vol­gen­de blad­sy met or­dent­li­ke leesstof nie. Jy hoef nie vyf blad­sye aan te blaai vir iets wat jou brein se aan­dag gaan trek nie. En dan ge­niet jy dit ook nog. Dan is daar an­der A­fri­kaan­se tyd­skrif­te wat so duur is, maar dit is eint­lik net geld­mors want ek blaai bin­ne se­kon­des daar­deur, ter­wyl Kui­er jou nog­al ’n tyd­jie vat om te lees. Jul­le is reg­tig son­der twy­fel die bes­te tyd­skrif. Jul­le het dit, en hoe­kom? Want jul­le kan!

S­TE­PHA­NIE NIEU­WOUDT, E-POS

Ek wil net hart­lik dan­kie sê vir jul won­der­li­ke tyd­skrif. Dit be­vat al­les waar­na ’n le­ser uit­sien en ek mis nie een uit­ga­we nie. Ons waar­deer jul har­de werk!

E­LI­ZE VELDTMAN, KIM­BER­LEY

Ek en my fa­mi­lie is op pad Gou­di­ni Spa toe en dis te dan­ke aan Kui­er dat ons’n spe­si­a­le prys be­taal. In die uit­ga­we van 1 Ju­lie sê die advertensie die prys is R1 050 per nag vir die na­week maar ons be­taal net R800 per nag. Baie dan­kie Kui­er! Ek moet sê, jul­le naam dra krag.

DE­SI­REE A­BRA­HAMS, RETRE­AT

Ek maak my nuuts­ste Kui­er oop en my oog val op die ar­ti­kel van E­vad­ne wat ge­groet word. Eint­lik in­te­res­seer die prys van die eer­ste Kui­er my die mees­te; s­legs R7. Ek be­sef dat die prys bin­ne vyf jaar by­na ver­dub­bel het dat dit nou R12,50 kos. Dan

won­der ’n mens wat van jou sa­la­ris ge­word het. Dit ver­dwyn son­der dat jy dit ag­ter­kom. So be­kruip die sty­gen­de pry­se van al­les ’n mens on­ver­hoeds. Dan moet jy maar op­dok of son­der die i­tem klaar­kom. Dis die kring­loop van die le­we.

E­LI­ZA­BETH CAR­STENS, ATHLO­NE

My hart gaan uit na A­ne­sia Thompson in haar sto­rie “Stryd om oor­le­wing,” in die uit­ga­we van 1 Ju­lie. Na­dat ek dit ge­lees het, was ek da­de­lik in ge­bed vir haar Ci­an en al­mal teen­woor­dig. Moe­nie moed op­gee nie, God is die groot ge­nees­heer. Hou aan bid en moe­nie op­hou glo nie. Hy gaan ge­nees.

MYRTEL SEADIE, PAARL

Wat met W­hit­ney Gouws (Dit was erg; baie erg,1 Ju­lie 2015) ge­beur het, is baie erg.Van­dat die dood­straf weg­ge­vat is, het moord en roof baie toe­ge­neem. Bring die dood­straf te­rug.

PE­ARL FOU­RIE, BRAK­PAN

Daar is net een straf vir ie­mand wat hom skul­dig maak aan hier­die soort wan­daad en dit is die dood­straf (Dit was erg; baie erg, 1Ju­lie2015). Die laf­aard het haar vir dood ge­los en kom daar­mee weg. Dit is on­ge­luk­kig dat hul­le nooit ge­vang word nie. W­hit­ney, ek wil net sê jy ver­dien ’n me­dal­je want jy was baie dap­per deur die he­le trau­ma­tie­se er­va­ring. S­terk­te vir jou en jou ba­ba!

MA­RIE MIN­NIE, SPRINGS

Dit is ’n groot tra­ge­die wat W­hit­ney moes deur­maak (Dit was erg;baie erg, 1 Ju­lie 2015), maar deur die ge­na­de van die He­re het sy en haar ba­ba dit oor­leef. Daai s­kurk weet mos nou nie­mand weet dis hy nie, dan sal hy dit weer met ie­mand an­ders doen. Maar hy gaan ge­vang word! FEROZA RHYNE, GRA­BOUW

Ek lees nou “Lay­la loop weer” (15Ju­lie2015) en be­sef deur net

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.