ROOS­MA­RYN-HOEN­DE­REN-AARTAPPELSKOTTEL

Kuier - - In die kombuis -

Ge­noeg vir 4

BE­STAND­DE­LE

3 uie, in kwar­te ge­sny 3 knof­fel­toon­tjies, in sky­fies ge­sny 6 mid­del­slag aar­tap­pels, ge­skil en in kwar­te ge­sny 3 groot of 5 mid­del­slag leeks (preie), goed skoon­ge­maak en in rin­ge­tjies ge­sny 1 x 250 g hou­er kno­pie­sam­pi­oe­ne 3 tak­kies roos­ma­ryn 8 hoen­der­stuk­ke 3 eet­le­pels o­lie (o­lyf-, son­ne­blom- of ca­no­la-o­lie) Sout en vars­ge­maal­de swart­pe­per na smaak 2 tee­le­pels droë roos­ma­ryn 1 kop­pie droë wit­wyn (of hoen­der­af­trek­sel)

ME­TO­DE

Pak die uie, knof­fel, aar­tap­pels, leeks, sam­pi­oe­ne en roos­ma­ryn­tak­kies on­der­in ’n groot oond­roos­ter­pan en geur met sout en pe­per. Rang­skik die hoen­der­stuk­ke bo-op en be­sprin­kel met die o­lie. Geur met sout en pe­per en droë roos­ma­ryn. Plaas in ’n voor­ver­hit­te oond van 200°C vir 30 mi­nu­te. Haal die bak uit en giet die wyn of af­trek­sel on­der­in die bak. Plaas te­rug in die oond vir nog 30 – 40 mi­nu­te of tot die hoen­der gaar is.

WENK: Ek voer my oond­bak met foe­lie uit om die skoon­maak ag­ter­na mak­li­ker te maak en ek pak die hoen­der­stuk­ke só dat die gro­ter stuk­ke aan die bui­te­kant en die klei­ner stuk­ke (boud­jies en vler­kies) in die mid­del is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.