AARTAPPELBROOD

Le­wer 1 mid­del­slag brood­jie

Kuier - - In die kombuis -

BE­STAND­DE­LE

1 ⁄₃ kop­pie bruis­meel ¾ kop­pie ge­ras­per­de aar­tap­pel 1 mid­del­slag ui, ge­ras­per ’n Knip­pie sout ¼ tee­le­pel vars­ge­maal­de swart­pe­per 1 eet­le­pel ge­kap­te vars roos­ma­ryn ¾ kop­pie fe­ta­kaas, ge­krum­mel 20 swart o­ly­we, ont­pit 1 ei­er 1 – 2 eet­le­pels melk 2 tee­le­pels kor­rel­tjie­mos­terd Ek­stra roos­ma­ryn

ME­TO­DE

Meng die bruis­meel, aar­tap­pels, ui, sout en pe­per in ’n gro­te­ri­ge bak. Vou die roos­ma­ryn, ¾ van die kaas en 15 van die o­ly­we in die meng­sel. K­lits die ei­er, melk en mos­terd saam in ’n a­par­te bak­kie en meng met die meel­meng­sel. Roer om ’n row­we­ri­ge deeg te vorm. Keer die deeg op ’n meel­be­strooi­de op­per­vlak om en vorm ’n ron­de­ri­ge brood­jie. Plaas dit op ’n bak­plaat en ver­sier met die oor­bly­wen­de kaas, o­ly­we en ek­stra roos­ma­ryn. Bak in ’n voor­ver­hit­te oond van 200°C vir on­ge­veer 45 mi­nu­te. Be­dien die brood­jie warm as jy kan, maar koud is dit net so lek­ker.

WENK: Die deeg is maar kle­we­rig en moei­lik om te han­teer – maak jou han­de ook vol meel wan­neer jy daar­mee werk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.