’N AN­DER MAAN

Die sus­ters is ge­bro­ke ná hul ma er­ken sy het ge­weet hul pa is reeds ge­troud. Maar die waar­heid maak ’n mens vry en nou skryf die hul­le self hul pa se sto­rie.

Kuier - - Vervolgverhal - Deur T­heltom Ma­si­mi­la

Ek en Claudia staar na ons ma. Dit voel skie­lik as­of sy ’n v­reem­de­ling is, want die sto­rie wat be­sig is om te ont­vou, klink soos iets uit ’n boek. Sy haal diep a­sem en ver­tel ver­der. “Ek en Ju­a­ni­ta het nooit daar­die ver­hou­ding ge­had wat sus­ters be­hoort te hê nie. Ek is t­waalf jaar ou­er as sy en het vroeg uit die huis ge­trek. Haar pa het in P­re­to­ria ge­bly en sy het be­sluit om uit Kaapstad te trek so­dat sy na­der aan hom kon wees.

Din­ge tus­sen haar en ons ma was ook nie lek­ker nie om­dat sy die e­nig­ste kind was wat ’n an­der pa ge­had het. Vir die een of an­der re­de het my ma dit teen haar ge­hou. Ju­a­ni­ta het baie min huis toe ge­kom.

In P­re­to­ria het sy vir Ron­ny ont­moet en hul­le het ge­trou. Som­mer in die hof, son­der

die fa­mi­lie. Ons het net ’n op­roep ge­kry. Geen fo­to’s ge­sien van die ver­lief­de paar­tjie nie. Nie soos dees­dae wan­neer men­se als op Fa­ce­book of T­wit­ter plaas vir die he­le wê­reld om te sien nie. Ron­ny het Kaapstad toe ge­kom vir be­sig­heid en ek het hom toe ont­moet. Ek was da­de­lik smoorverlief op hom. Ons tyd saam was soos ’n droom.

“Hy het hom as Le­on van der Mer­we aan my voor­ge­stel. Week­liks moes hy P­re­to­ria toe gaan vir be­sig­heid. Maar ek het gou ag­ter­ge­kom daar was ’n an­der vrou. Hy het uit­ein­de­lik ge­sê dat hy ge­troud was, maar op die punt staan om te skei.

“Ek het ge­hoop as ek kin­ders kry en ons dalk ’n plek­kie van ons eie het, sal hy din­ge vin­ni­ger met sy vrou be­ëin­dig, maar dit het nooit ge­beur nie. Hy het lie­wer din­ge met my be­ëin­dig en te­rug­ge­gaan na sy vrou toe. En ek het nie ge­weet sy vrou was Ju­a­ni­ta nie. Al­les het uit­me­kaar ge­val toe my ma my bel en sê ek moet weg­bly van my sus­ter se man af. Dit was ver­skrik­lik. Maar ek kon dit han­teer. Jul­le twee was die pro­bleem,”sê my ma en be­duie toe in ons rig­ting.

Ek en Claudia sit roer­loos op die rus­bank en luis­ter.“Wat was ek ver­on­der­stel om vir jul­le te sê? Jul­le pa het ge­sê ek kan hom bla­meer vir als wat ge­beur het. Dan sal jul­le ten min­ste nie kwaad wees vir my nie. Ek het nie ge­weet hoe om die si­tu­a­sie te han­teer nie.

“Ron­ny het sy tas­se bin­ne twee ure ge­pak. Ek was his­te­ries. Ek het hom ge­smeek om by my te bly. Jul­le twee was by die skool. En hy wou se­ker maak dat hy weg sou wees voor jul­le te­rug­ge­kom het.

“Ek ont­hou nog hoe hy in die deur vas­ge­steek het. Hy het te­rug­ge­kyk as­of hy iets ver­geet het. Toe draai hy om en klim in sy mo­tor. Ek het hom nooit weer ge­sien nie.”

“Ma het ’n ver­hou­ding ge­had met ’n ge­trou­de man!”skel Claudia.

“Ek weet dit. Maar ek was reeds ver­lief op hom toe ek uit­ge­vind het van Ju­a­ni­ta.”

“Toe moes Ma din­ge da­de­lik stop­ge­sit het. Wat­ter soort mens word twee keer swan­ger van ’n ge­trou­de man?”vra Claudia woe­dend.

“Ma is die een wat al­les ver­oor­saak het. Ma het nie uit­ge­vind hy was ge­troud ná my ge­boor­te nie. Ma het ge­weet daar was ie­mand wat vir hom in P­re­to­ria ge­wag het.” “Ja, ie­mand van wie hy sou skei,”sê my ma nou om­ge­krap.

“As­se­blief! Dis die oud­ste sto­rie in die boek en Ma weet dit.”

“Ek was ver­lief op hom. Dis nie ’n son­de nie. Ek het ge­glo ons was vir me­kaar be­doel. Hy het ge­sê sy hu­we­lik is ver­by. Ek sou mos nooit by ’n man be­trok­ke ge­raak het wat met my sus­ter ge­troud was nie. Ek weet ek het ’n groot fout ge­maak, maar ek het my he­le le­we ge­wag vir ie­mand soos hy. Hy het my al­tyd laat voel as­of ek die be­lang­rik­ste per­soon in die wê­reld was.”

“Ja, tot hy weer P­re­to­ria toe moes gaan,” mom­pel Claudia.“En toe moes ons daar­on­der ly. Ons het t­win­tig jaar se pyn ver­duur om­dat Ma des­pe­raat was om ie­mand te hê.”

“Ek het ’n fout ge­maak. Ou­ers maak ook fou­te. En ek moes duur daar­voor be­taal. Ek het my kin­ders sien swaar­kry.”

“Ma het vir ons ge­lieg. Ma het ge­sê Ma weet nie waar hy was nie. Ma het ge­sê Ma weet nie hoe­kom hy weg­ge­gaan het nie. Toe het ons ant­woor­de ge­soek en ons­self bla­meer. En Ma het dit toe­ge­laat. Ma het toe­ge­laat dat ons ons­self el­ke dag martel.

“Ons was nou net by Ju­a­ni­ta. Weet Ma hoe aak­lig dit was om by haar te hoor hoe sy en pa met hul le­we aan­ge­gaan het? Ek het ver­le­de week by my huis in die voor­ka­mer ge­sit en huil, want dit was Pa se ver­jaar­dag en ek wou hom so graag ge­sien het. El­ke jaar het ek ’n kers aan­ge­steek en ge­wens dat ek hom weer sou sien en dat hy ou­kei was. En nou hoor ek hy vier el­ke jaar sy ver­jaar­dag met sy twee seuns en vrou met wie hy ’n gas­te­huis be­stuur. Maar steeds het ek vir my­self ge­sê, dalk ver­tel hier­die vrou vir ons leu­ens, want my eie ma sal nooit toe­laat dat ons on­no­dig seer­kry nie. En toe is dit pre­sies wat Ma ge­doen het,”sê Claudia en kan die tra­ne nie meer keer nie.

“Ek weet nie wat ek kan sê om jul­le be­ter te laat voel nie . . .”sê my ma moeg. “Sê Ma is jam­mer,”stel ek voor. “Ek is jam­mer,”sê sy eers half­har­tig en maak haar oë vir ’n paar se­kon­des toe. Dis as­of sy be­sef haar“ek is jam­mer”klink nie jam­mer ge­noeg nie. Of eg ge­noeg nie. Sy laat sak haar skou­ers ef­fens en staan na­der aan Claudia, wat nou nie meer so sterk soos vro­ëer van­og­gend is nie.

“My sus­ter is ge­woon­lik die sterk een. Sy is die een wat in die aard­be­wings van ons le­we kon stap son­der om om te val, maar van­dag het die waar­heid haar om­ge­stoot.

“Ek is jam­mer dat ek jul­le ge­bruik het,”sê my ma met ’n tra­ne­ri­ge stem. “Ek is jam­mer dat jul­le my plan B was om vir Ron­ny te hou. Ja­re te­rug was ek so stuk­kend. Hy het ge­sê hy was lief vir my so ek moes net al­les in my ver­moë doen om hom te hou.

“As ek reg­tig eer­lik moet wees … Ek het ge­weet hy sou loop. Ek het al­tyd ge­weet hy sou my los. Toe is ek sim­pel en maak die seer nog gro­ter. Vir t­win­tig jaar het ek ge­lieg, want ek was nie reg om hier­die ge­sprek met jul­le te hê nie. En nou …”

Die tra­ne rol by haar oë af voor sy ver­der be­gin praat.“En nou is ek moeg. Ek is moeg van al die pyn wat ek ver­oor­saak het aan my eie kin­ders. En ek is moeg om­dat ek so min re­spek vir my­self ge­had het dat ek vir so lank so iets kon toe­laat. Ek hoop jul­le kan my gou­er ver­ge­we as wat ek my­self kan ver­ge­we.”

My ma loop sta­dig en gaan sit by die eet­ka­mer­ta­fel waar die koe­rant lê, met die be­rig van ons pa wat in die hos­pi­taal lê en niks kan ont­hou nie. Sy her­in­ne­rin­ge is nou in ons han­de . . .

’n Week la­ter kry my pa sy ge­heue te­rug, maar nie al­les nie. Hy ont­hou vir my, my sus­ter en ons ma – maar nie al die dra­ma van sy dub­be­le le­we nie. En ons be­sluit om hom te ver­tel van die won­der­li­ke ge­sin wat hy in P­re­to­ria het en hoe lief hy vir hul­le is. Ons is nou die skry­wers van sy sto­rie. En ons het die mag om dit be­ter te ver­tel. In hier­die weer­ga­we kry nie­mand seer nie, want nie­mand ver­tel leu­ens nie. Ons het ’n pa ge­had wat fou­te ge­maak het, maar lief was vir sy kin­ders.

En Ju­a­ni­ta be­sef haar ma wat nooit vir haar ge­sê het dat sy lief is vir haar nie, het ’n laas­te op­roep ge­maak voor sy heen­ge­gaan het. En dit was om die lief­de van Ju­a­ni­ta se le­we aan haar te­rug te be­sorg. Daar­die laas­te op­roep spreek boek­de­le.

’n Maand la­ter is dit my pa en Ju­a­ni­ta se se­we-en-twin­tig­ste hu­we­liks­her­den­king. ’n Bot­ter­geel maan hang daar­die aand in die nag tus­sen die ster­re. Ná daar­die aand was die maan nooit weer die­self­de nie. Hy het nou ge­luk­ki­ger her­in­ne­rin­ge ge­dra.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.