mees­ter

Hy was die ‘prins’ van die dorp; al­mal se held. Hy het hom oor al die jong seuns ont­ferm en vir hul­le ge­leent­he­de aan­ge­bied. Maar nie­mand het van sy duis­te­re mo­tie­we ge­weet nie.

Kuier - - Kortverhaal - Deur Jo­an­na A­lex­an­der

Hei­ni dryf vir ’n oom­blik tus­sen slaap en wak­ker en draai kreun-kreun op sy maag. Hy pro­beer so lank moont­lik aan die be­dwel­men­de arms van die slaap klou, maar die druk­king op sy blaas dwing hom wak­ker. Hy raak be­wus van die lyf langs hom. Hy kreun, en strom­pel bad­ka­mer toe. Hy loop oor die koue vloer en voel ’n ril­ling teen sy rug­graat af­kruip. Hy staan langs die bed, en staar na die ge­sig in die bed.

Sy lê op haar sy, een bors half ont­bloot, dui­de­li­ke slaap­groe­we op haar wang. Hoe raak ek nou van haar ont­slae? Hy loop kom­buis toe en sit die ke­tel aan. In die ver­te hoor hy kerk­klok­ke lui. Dit her­in­ner hom aan sy ma se op­roep gis­ter­aand. Dis ná daar­die op­roep dat hy blin­de­lings die nag in is en so dronk ge­word het dat hy nou met wat­se­naam in sy bed wak­ker word.

“Hei­ni, Mis­ter Pe­ters is gis­ter­aand oor­le­de. Ek het ge­dink ek laat weet jou maar.” Sy ma se stem het dik van tra­ne ge­klink en hy’t ge­weet een ver­keer­de woord en sy bars in tra­ne uit. En daar­voor het hy nie lus ge­had nie. “Dan­kie, Mam­mie.”Stil­te. “Die be­graf­nis sal se­ker Sa­ter­dag wees. Gaan jy kom?”Weer die tra­ne­stem­me­tjie. “Ek weet’ie, Mam­mie. Sal sien.” “Sal jy vir El­ri­co laat weet?” “Ja Mam­mie.”Weer stil­te. “Dan­kie. Dan sê ek maar koe­baai.” “Baai Mam­mie. Sal laat weet van­nie be­graf­nis.”

Hy weet hoe voel sy ma oor hom en Mis­ter Pe­ters. Sy bla­meer hom nog al die ja­re.

Mis­ter Pe­ters was ’n ou­jong­kê­rel op hul dor­pie in die Bo­land. Hy’t al die min­der­be­voor­reg­te seuns met a­ka­de­mie­se aan­leg by hom in sy huis in­ge­neem en ge­help. Die ou­ers, al­mal plaas­wer­kers, was maar te dank­baar dat ie­mand nog ’n mond van hul skou­ers af kon neem. Hy’s deur jonk en oud soos ’n prins be­han­del.

Toe die plaas­boe­re ’n sok­ker- en net­bal­veld skoons­kraap vir die kin­ders, het hy on­der­han­del vir ’n ten­nis­baan ook. Hy was na­tuur­lik die ten­nis­af­rig­ter.

Al­mal het les­se ge­neem. El­ri­co het dui­de­lik ta­lent ge­had.

Kort voor lank het El­ri­co by hom in­ge­trek. Hy’t eers a­ka­de­mies baie goed ge­doen, maar toe het sy skool­werk ag­ter­uit be­gin gaan. Hul ma het ge­skel en ge­raas, maar dit was ver­niet. Ge­luk­kig het hy nog in ten­nis uit­ge­blink, so hy kon aan­bly by Mis­ter Pe­ters.

Hei­ni slurp aan sy kits­kof­fie, op­ge­krul op die sit­ka­mer­bank.

Hy ont­hou toe Mis­ter Pe­ters aan die ein­de van sy st. 8 by hul mu­ni­si­pa­le huisie op­ge­daag het. Hei­ni het eer­ste ge­staan van al­le st. 8’s en hy sou graag vir Hei­ni on­der sy vlerk wou neem. Hul­le was in die wol­ke.

’n Week voor hul eer­ste skool­dag, het mis­ter Pe­ters vir hom en El­ri­co kom haal om nu­we skool­kle­re te gaan koop. Hul­le ma het am­per Mis­ter Pe­ters se voe­te ge­soen.

Al­les in Mis­ter Pe­ters se huis was an­ders. Elk­een het sy eie ka­mer ge­had, nie soos by die huis waar hul­le ’n klein ka­mer­tjie met hul jong­ste broer moes deel nie. Daar was ’n yskas, e­lek­tri­si­teit en warm­wa­ter. En ’n TV. Hul­le kon eg­ter net se­ke­re pro­gram­me kyk, en net as hul tuis­werk klaar was. En hul­le moes el­ke aand die nuus kyk.

Hei­ni was ge­luk­kig daar. An­dré Maas­dorp het ook by Mis­ter Pe­ters ge­bly.

Een aand het Hei­ni wak­ker ge­skrik. Eers was hy deur­me­kaar, maar toe het hy be­wus ge­raak van ’n fi­guur langs sy bed. Hy’t ge­dink dis El­ri­co en het op­ge­skuif en pro­beer ver­der slaap.

Toe raak hy be­wus van die on­mis­ken­ba­re mus­kus-geur van Mis­ter Pe­ters se na­skeer­mid­del. Hy’t dit ge­ken, want hy’t dit el­ke week vir hom gaan koop. Mis­ter Pe­ters het dood­stil ge­staan. Hei­ni se hart het ge­tam­boer teen sy rib­be­kas.“Hou jou aan’ie slaap,”het hy vir hom­self ge­sê, en sy a­sem­ha­ling e­ga­lig pro­beer hou.

Hy kon die koue lug voel toe Mis­ter Pe­ters sy kom­ber­se op­lig en sag­gies by hom in­kruip. Hy’t kam­ma in sy slaap ge­woel en om­ge­draai met sy rug na Mis­ter Pe­ters. Hy kon Mis­ter Pe­ters se knop­pe­ri­ge ou­man­knieë in sy kui­te voel druk. Toe hy eg­ter Mis­ter Pe­ters se hand oor sy heup voel gly, kon hy hom­self nie keer nie … hy het uit die bed ge­vlieg en is na El­ri­co se ka­mer toe.

“Wat’s fout?”wou El­ri­co weet toe hy by hom in­kruip. “Niks. Ek’s net bang.” El­ri­co het op­ge­skuif en plek vir hom ge­maak, maar niks ge­sê nie. Die vol­gen­de dag is hul­le vroeg op en voor al­mal weg skool toe. Pou­se by die skool het hy vir El­ri­co ge­sê hy gaan te­rug huis toe.

El­ri­co het net na hom ge­kyk.“Ek gaan saam.”

Hul­le het vin­nig ná skool, toe daar nog nie­mand by die huis was nie, hul goed in­ge­pak en al­les wat hy vir hul­le ge­koop het, net daar ge­los.

Hul ma was woe­dend. Hul­le kon geen gel­di­ge re­de vir hul weg­lo­pe­ry gee nie.

Sy’s daar­die aand na Mis­ter Pe­ters toe om uit te vind wat aan­gaan, maar het nog min­der wys te­rug­ge­kom. Sy’t hom, Hei­ni, ge­bla­meer, want voor hy by Mis­ter Pe­ters gaan bly het, was El­ri­co ge­luk­kig daar. Vir twee jaar lank. Dit kan net Hei­ni se in­vloed wees. Hei­ni het hoe­ka van kleins af al vir El­ri­co ge­ma­ni­pu­leer, al was El­ri­co ook die ou­er een. En hul­le moet net ont­hou, al die luxu­ries wat hul­le by Mis­ter Pe­ters ge­kry het, is ver­by.

Kort na­dat Hei­ni en El­ri­co te­rug huis toe ge­trek het, het Mis­ter Pe­ters be­dank en hom van die ge­meen­skap ont­trek. Kort daar­na is hy uit hul­le dor­pie uit weg.

’n Jaar la­ter het An­dré Maas­dorp self­moord ge­pleeg. Hy’t hom­self in hul bad­ka­mer op­ge­hang.

Hei­ni en El­ri­co het nooit oor Mis­ter Pe­ters ge­praat nie, maar El­ri­co het be­gin drink, dag­ga ge­rook en la­ter ster­ker dwelms be­gin ge­bruik. Hy’s uit­ein­de­lik uit die skool in ma­triek en is sak en pak Kaap toe. Hul­le het soms vir maan­de lank niks van hom ge­hoor nie.

Hoe­veel keer van­dat Hei­ni in die Kaap is, moes hy nie al vir El­ri­co uit die tronk of ’n hos­pi­taal gaan haal nie. Een­dag toe hy hom weer vir die hoe­veel­ste keer in ’n hos­pi­taal gaan haal, het Hei­ni hom ge­vra: “Is­sit oor Mis­ter Pe­ters?”

“Wie? Ek le­we soos ek wil! Dit het niks met Mis­ter Pe­ters of e­nig­ie­mand te doen nie!”het El­ri­co uit­ge­vaar.

Die vol­gen­de dag is hy son­der ’n woord van Hei­ni se woon­stel af weg. Hei­ni het nooit weer daar­oor ge­praat nie, hom maar net weer en weer gaan haal as wie ook­al bel. Hy staan op en sug. Hy sal een of an­der tyd die op­roep moet maak. Hy kan dit net so­wel nou doen.

“Hal­lo, Hei­ni.”El­ri­co se stem klink dik van die slaap aan die an­der­kant van die lyn.

“El­ri­co, Mis­ter Pe­ters is gis­ter oor­le­de. Ek’t ge­dink ek laat weet jou maar.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.