Hal­lo Kui­er­men­se

Kuier - - Kuierhoekie -

In hier­die uit­ga­we wil ons die kol­lig laat val op sterk vroue. En toe ons hier­die uit­ga­we be­plan het, het ons nog­al baie ge­praat oor wat pre­sies van jou ’n sterk vrou maak. Baie het ge­meen dis wan­neer jy kan uit­styg bo moei­li­ke om­stan­dig­he­de. Maar dis vir my ook die ma­nier waar­op jy dit doen en of jy an­der saam met jou kan vat. S­ha­ron I­saacs en Kis­smea C­har­les het in hul­self ge­glo en hul dro­me na­ge­jaag al was al­les teen hul­le.

Dan is ’n sterk vrou ook ie­mand wat weet wan­neer sy hulp no­dig het en braaf ge­noeg is om dit te vra. Die mees­te van ons ken Me­la­nie du Bois se ge­sig en som­mi­ge van ons het selfs al daar­die soort pyn be­leef. Maar baie min van ons weet hoe dit voel om in die o­pen­ba­re kol­lig deur so iets te gaan. Me­la­nie, ek kan my­self nie in­dink hoe­veel waag­moed dit vat om el­ke dag deur die pyn daar­die o­pen­ba­re fi­guur te moet wees vir an­der, ter­wyl die seer dreig om jou bin­ne­ste uit­me­kaar te skeur nie. Ek hoop jy weet net deur jou sto­rie met ons le­sers te deel, het jou in­ner­li­ke krag reeds ver­me­nig­vul­dig, want ek glo dit sal ie­mand an­ders ook aan­moe­dig om oop te maak en hulp te kry vir die seer.

En dan is daar sterk vroue wat on­baat­sug­tig gee aan an­der. Hul­le gee hul lief­de, hul tyd, hul aan­dag, hul sorg. En hul­le gee son­der om iets te­rug te ver­wag. I­sa­bel­le My­les en Mag­da­le­na van Neel is sterk vroue, maar ook mooi vroue, want om iets vir an­der te doen maak hul­le werk­lik ge­luk­kig.

En in een tyd­skrif is daar hopeloos te min plek om aan al­le sterk vroue hul­de te bring, maar nou’s dit oor na jul­le. Be­gin by jou­self en gee eer­ste vir die vrou in die spie­ël die er­ken­ning wat sy ver­dien, want ons ver­geet te mak­lik van haar.

Tot vol­gen­de keer,

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.