Fa­ce­book

Kuier - - Kuierhoekie -

My tra­ne het ge­loop vir Lay­la (Lay­la­loop weer,15Ju­lie2015). Sy is’n le­wen­de be­wys dat won­der­wer­ke reg­tig ge­beur. God is voor­waar goed en dit wys ook weer­eens dat ons as ma’s nooit moet op­gee nie. Ek het al­les in die Kui­er ge­niet.

RELANDI SEP­TEM­BER

Kui­er, jul­le is soos al­tyd tops met jul ar­ti­kels, re­sep­te en ver­ha­le, maar ek het glad nie ge­hou van die sto­rie oor oom Wil­lem Jon­kers nie (Kin­ders­vi­rA­fri­ka, 29Ju­lie2015), want dit wil vir my voor­kom as­of hy brag oor sy klomp kin­ders en sy ka­per­jol­le. Hy sê by­voor­beeld: “Ek het op el­ke plek waar ek ge­kom het ’n an­der mam­ma ge­kry.” Wel, dis

net my o­pi­nie, maar ek dink nie dit was toe­pas­lik vir Kui­er nie.

LEE SEP­TEM­BER

Ek het van­og­gend die Kui­er ge­lees en die sto­rie van oom Wil­lem met sy 35 kin­ders (Kin­ders vi­rA­fri­ka,29Ju­lie2015), het my lek­ker laat lag. Dan­kie aan die Kui­er- fa­mi­lie.

LI­ZA MA­KIET WAG­NER

Mens kan e­nig­iets van die re­ge­ring ver­wag (Geen­ge­na­de­vir ge­loof,29Ju­lie2015). Ons moet maar bid­dend bly vir ons jon­ger ge­ne­ra­sie. Die pre­di­kers sê: Al­les kom tot niet. Hul­le moet hul­le maar ge­niet ter­wyl hul­le kan.

CATHLEEN NOR­MAN

Dan­kie vir die ar­ti­kel oor Leigh-An­ne (Ge­lief­deLeigh-An­ne, 29Ju­lie2015). Ek kon nie wag om die ar­ti­kel te lees nie. Ek is baie trots op haar. Sy is ’n uit­ste­ken­de dan­ser en ek is baie trots op haar.

GLO­RIA SEP­TEM­BER

Kui­er!! Sul­ke fan­tas­tie­se leesstof! Die wen­ke, men­se se sto­ries, die hart­seer so­wel as hul pres­ta­sies en dan ’n Chris­te­li­ke blad ook! Jul­le doen puik werk!

MYRT­LE SWART­LAND

Ek raak net meer mal oor Kui­er met el­ke uit­ga­we. Ek lees nou eers my uit­ga­we van 1 Ju­lie as ge­volg van my ta­ke wat ek moes in­dien, maar lie­wer laat as nooit. High 5 vir Kui­er! KA­TRI­NA PE­TERS

Dit is so aan­ge­naam om ’n Kui­er- intekenaar te wees. Geen ge­haas en stres om ’n tyd­skrif in ’n win­kel te koop nie. By die tyd dat an­der le­sers hul tyd­skrif­te koop, is my­ne al klaar ge­lees. Jul diens is puik en ek het nog nooit ’n pro­bleem er­vaar nie.

E­VE­LYN SAULS

Ons het die vol­gen­de vraag op Fa­ce­book ge­vra: Wat­ter Suid-A­fri­kaan­se ‘ce­leb’ sal jy ver­kies om ’n dag mee te span­deer en hoe­kom? Hier is ’n paar van die le­sers se ant­woor­de:

Kim Cloe­te of Ela­na A­fri­ka. Ek het hul­le al­bei al ont­moet en vind hul­le baie aan­ge­naam en plat op aar­de. Ek sal ook baie oor die in­dus­trie by hul­le kan leer. En ook S­ha­leen Sur­tie Ri­chards. Sy is my ul­ti­ma­te ster!

PAU­LI­NE PIE­TER­SEN-AA­RON

Daar is so baie! S­ha­leen Sur­tie-Ri­chards: Sy is so ne­de­rig en op­reg, styl­vol en ’n ab­so­luut dier- ba­re, warm ge­voel-mens. T­re­vor No­ah: Hy is bril­jant op ver­skeie ge­bie­de, aan­trek­lik en ne­de­rig. Hoe kan ek hom ooit ver­geet in S­trict­lyCo­meDan­cing? Ly­net­te Fran­cis: Hoogs in­tel­li­gen­te, be­le­se joer­na­lis. Za­ne Me­as: ’n om­gee-mens, Gods­kind met ’n hart vir die kin­ders van ons land. Ek sal kop­stuk­ke met hom ge­sels.

LE­NIE STANDER

T­re­vor No­ah be­slis. Hy is een van die mees in­tel­li­gen­te men­se in Suid-A­fri­ka. Sy grap­pies is eg en oor­spronk­lik. Hy laat jou lag dat die tra­ne loop.

C­HAN­TELL OLYN

Jo-Ann S­trauss. Ek be­won­der haar al van­dat sy is as Mej. SA ge­kroon is. Sy is ’n goeie rol­mo­del vir jong­mei­sies.

CLAUDELLE JU­LI­US

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.