Hal­lo Kui­er­men­se

Kuier - - Kuierhoekie -

Dié uit­ga­we laat jou werk­lik met ’n goeie ge­voel in die bors, so na­by die hart se kant. Dit lees lek­ker en jy voel lek­ker as jy klaar ge­lees het. Soos ge­woon­lik voel jy saam met die men­se, maar dis nie so swaar nie. Hier­die is am­per vir my ons goeie nuus-uit­ga­we. Dit be­te­ken nou nie die te­mas is lig of snaaks nie. Al­ler­mins! Ons praat hier van on­der meer kan­ker, siek kin­ders, ver­mis­te men­se en de­pres­sie, maar el­ke sto­rie los jou in die lig met hoop dat din­ge tog kan uit­werk.

Ek laat dit aan jul­le oor om te sê wat­ter een jul­le die mees­te be­moe­dig het, maar ek ver­trou daar is ’n bood­skap op­ge­sluit in elk­een. Dit was eg­ter nie een van bo­ge­noem­de sto­ries wat my die mees­te aan­ge­raak het in hier­die uit­ga­we nie. Ek is nie s­kaam om te er­ken I­vor Pri­ce se sto­rie op blad­sy 18 het my heel­te­mal ver­stom ge­had nie!

Dalk is ek nie so in­ge­lig, wê­reld­wys of oop­kop as wat ek ge­dink het nie, maar ek het nog nooit só aan ge­strem­des en hul be­hoef­tes ge­dink nie. Al wat ek met al­le eer­lik­heid kan sê na­dat ek die sto­rie ge­lees het, is dat ek nie weet wat­ter kant reg is nie en ek het ab­so­luut geen be­nul wat ek sou doen as ek in daar­die pa se skoe­ne was nie. S­terk­te aan al­mal wat sul­ke si­tu­a­sies moet han­teer.

Hier aan die tuis­front, skar­rel die he­le span heen en weer om al­les be­tyds ge­reed te kry vir Pienk Ple­sier ein­de van­dees­maand. Ons wil Vrou­e­maand be­hoor­lik op ’n hoë noot af­sluit en haal al­les uit om vir ons le­sers die bes­te funk­sie ooit aan te bied. Ons is baie op­ge­won­de en kan nie wag om jul­le daar te sien nie! Dan moet jul­le nie die nu­we

Bo­nusCom­bo- uit­ga­we mis nie. Dis land­wyd te koop van­af 31 Au­gus­tus. Hoop jul­le ge­niet dit.

Tot vol­gen­de keer,

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.