As hy nie wil trou

As jou ge­lief­de nie wil trou nie, moet jy bly hoop dat hy een­dag die groot vraag gaan vra of moet jy eer­der aan­be­weeg? DEUR AN­DE­LI­NE WIL­LI­AMS-P­RE­TO­RI­US

Kuier - - KUIERCOACH -

Hu­we­liks­klok­kies is daar­die na­tuur­li­ke vol­gen­de stap wan­neer ’n paar­tjie lank ge­noeg saam is. Maar hoe ge­maak wan­neer jy en jou boyf­riend al vir ja­re saam is, kin­ders uit jul ver­hou­ding ge­bo­re is, maar jy suk­kel om hom voor die kan­sel te kry? Hoe be­ant­woord jy vrien­de en fa­mi­lie se las­ti­ge vrae oor wan­neer jul­le een­dag gaan trou?

’n Ge­lief­de se koue voe­te lei ge­woon­lik daar­toe dat jy be­gin won­der of daar fout is met jou. Jy won­der ook of jy ’n ul­ti­ma­tum aan hom moet stel of som­mer net moet aan­gaan met jou le­we son­der hom. Die be­sluit om aan te be­weeg, kan jou eg­ter laat voel as­of jy ’n he­le klomp tyd wat jy in die ver­hou­ding be­lê het, sal weg­gooi. En wan­neer jy be­sluit om te bly en jy aan­hou hoop dat hy die groot vraag gaan vra, mag dit lei tot frus­tra­sie en kon­flik om­dat dit voel as­of dit wat vir jou be­lang­rik is, nie vir jou maat be­lang­rik is nie.

Wan­neer jy wil weet wan­neer jul­le een­dag tot trou gaan kom, ver­an­der hy die on­der­werp. Dit kan ’n ne­ga­tie­we uit­wer­king op jou selfbeeld hê, om­dat jy dan jou eie waar­dig­heid as­ook jou maat se lief­de vir jou be­vraag­te­ken.

Mans wat nie wil trou nie ter­wyl hul maat reg is om te trou, is ’n al­ge­me­ne ver­skyn­sel. As vrou bly jy ge­woon­lik hoop­vol dat jul­le wel een­dag sal trou.

Vroue is ook meest­al ge­neig om bie­tjie meer in ’n ver­hou­ding te be­lê as mans. Dit is iets wat vir baie lank reeds saam met ons is en wat ook ge­kop­pel kan word aan die feit dat seuns en dog­ters meest­al ver­skil­lend op­ge­voed word.

Moont­li­ke re­des

Dalk is hy, soos hy reeds aan jou ver­dui­de­lik het, s­legs bang om die knoop deur te haak om­dat hy te veel fo­kus op an­der hu­we­li­ke wat nie uit­ge­werk het nie. Maar daar kan ook an­der re­des wees.

Dalk voel hy dis on­no­dig om te trou om­dat hy reeds al die voor­de­le wat ’n hu­we­lik bied, ge­niet – jul­le woon saam, jul­le het kin­ders en jy doen als vir hom wat ’n ge­trou­de vrou vir haar man doen.

Mis­kien is hy on­se­ker oor die toe­koms van jul ver­hou­ding en voel hy hy wil nie trou net om­dat dit iets is wat jy wil hê nie. Of dalk was hy voor­heen ge­troud en om­dat daar­die hu­we­lik op die rot­se be­land het, is hy nie gre­tig om weer ’n keer die knoop deur te haak nie.

In­dien hy dit uit die staan­spoor dui­de­lik ge­maak het dat hy nie wil trou nie en jy die vry­heid ge­had het om te kies of jy steeds in die ver­hou­ding wil wees, kan jy nie al die blaam na sy kant toe skuif nie. Baie vroue glo hul­le kan hul maat ver­an­der en is te­leur­ge­steld wan­neer dit nie ge­beur nie. Hoe­wel bo­ge­noem­de re­des ver­staan­baar is, is dit be­lang­rik dat jy ook aan jou­self dink. Ver­hou­dings gaan oor gee en neem en wan­neer jy te veel of al­les gee en nie die­self­de waar­de in ruil ont­vang nie, gaan jy la­ter baie ge­frus­treerd voel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.