Kuier

Wat die hart van vol is

Tegnologie het ons lewens vergemakli­k . . . of het dit? Wat het geword van waardes en respek en die dae toe kinders nog kinders was?

-

Ek stap deur die strate van my dorpie, geleë naby die mees suidelike punt van Afrika. Die stofstrate het ’n anderse, aardse reuk ná die pas afgelope reënbui wat so mildelik oor ons dorpie uitgesak het. Waterpoele is aan die orde van die dag en die lus om my skoene uit te trek en kaalvoet deur die poele te hardloop, soos wat ons lief was om te doen as kinders, pak my beet.

Dit is toe dat dit vir my opvallend word; nêrens is eens ’n kaalvoetkl­onkie of -meisiekind te gewaar nie. Die paar wat in die strate te sien is, is almal gestewel en maak ’n punt daarvan om te sorg dat hul “nameskoene” – Nike, Adidas, Reebok, New Balance, ensovoorts – nie nat word nie.

Kopskudden­d hervat ek my wandeling, stap verby een van die vele winkels en hier gewaar ek ’n samedrommi­ng van jong seuns en meisies wat op die winkelstoe­pe rondlê. Kinders van so jonk as 12 of 13 jaar staan doodluiter­s en rook.

Die feit dat daar ’n volwassene aankom, maak nie vir hulle saak nie. Hul kru-taalgebrui­k kan beslis nie in hierdie skrywe herhaal word nie, want dis erg. Tog vloei dit oor hul lippe asof dit een van die nasionale tale is.

Hul hele “jy sê nie vir my nie”-houding spreek van ’n traak-my-nie-agtigheid. Ek sien hoe van hulle genot daaruit put om die spot te dryf met ’n vrou wat hulle vermaan oor hul rokery en gevloekery.

“Jy moenie vir my kom sê nie, jy is nie my ma nie. Hou jou eie kinders dop,” kom ’n stem uit die menigtes. Onbewustel­ik raak my hart vol, my gemoed gevul met ’n gevoel van hartseer en ’n traan baan ongemerk sy pad oor my wang. Die behoefte om verder deur my dorpie te stap, verdwyn eensklaps. My voete vind vanself hul pad huis toe, my gedagtes en emosies in ’n warboel.

Ek gaan sit op my bed, die toneel by die kafee speel homself weer in technicolo­ur voor my oë af. Dan, asof iewers vanuit die newels, kom daar ’n ander toneel voor my geestesoog.

’n Toneel waar kinders kaalvoet, sorgvry, gelukkig en spelend deur die waterpoele hardloop. ’n Toneel waar uitbundig gelag, gespot en in die modder gedans word. Waar die aardse reuk wat die rëen gebring het, diep en behaaglik ingeasem word.

’n Toneel waar kinders uitsluitli­k net in die winter skoene skool toe gedra, dit op pad huis toe uitgeskop en dit oor die skouers gedra het. Te bly om daarvan ontslae te raak, gelukkig om die gevoel van grond en klip (en so nou en dan ’n doring) onder hul voete te ervaar.

’n Toneel waar respek vir volwassene­s ’n onuitgespr­oke evangelie was. Respek is immers, tesame met moedersmel­k, aan jou gevoer. Jy is van ’n vroeë ouderdom af al die moets en moenies geleer en sou jy vergeet, is jou geheue pynlik met die plathand of lyfband verfris.

’n Toneel waar jy skelm rook terwyl jou maatjies kywie hou en by die aankoms van ’n volwassene alarm maak.

Soos ’n liedjieskr­ywer sing “kinders was nog kinders toe ons nog kinders was”. En glo my vry, ons ouers het gesorg dat ons kinders bly.

Tog kan niemand dit wegredenee­r dat tye verander het nie, die lewe het gejaagd geword. Outydse normes en waardes het plek-plek in die slag gebly. Kinders is deesdae gouer blootgeste­l aan die grootmensw­êreld.

Sosiale media oorheers ons lewens. Dis WhatsApp, Facebook, email, Twitter en meer. Ons het nie meer tyd vir mekaar nie. Oral is selfone sigbaar. In die kerk, langs die kostafel, in die bed. Ons het gevangenes en slawe in ons eie ongesonde mensgemaak­te leefstyl geword. Vrymoedige, openhartig­e kommunikas­ie tussen ouers en kinders, tussen man en vrou, en tussen vriende het ’n skaars entiteit geword.

Dat sosiale media ons lewens kom vergemakli­k het, is onbetwisba­ar. Met die druk van ’n knoppie kan ’n heel nuwe wêreld vir jou oopgaan en kan jou kind al die inligting bekom wat haar met skoolwerk kan help.

Maar teen watter prys? Die verval van outydse normes en waardes? Die verloëning van jou beginsels? Die miskenning van respek teenoor jou medemens (oud en jonk) of die verontagsa­ming van die Tien Gebooie? Is ons seker dís die prys wat ons bereid is om te betaal?

Ons verkeer onder die indruk dat ons aanpasbaar is – vooruitgan­g noem ons dit. Maar is ons regtig aanpasbaar of is dit maar net ’n manier om ons gewetens te stil?

 ??  ?? DEUR NAGEL PICK
DEUR NAGEL PICK

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa