Ver­tel vir An­tie Val

Suk­kel jy met jou sekslewe? Hier is raad.

Kuier - - SEKS -

Ge­sin is kwaad

VFOKUS OP MY­SELF Ek het on­langs be­gin oe­fen en stap saans ná werk saam met ’n groep vroue in ons a­rea. Ons stap vir ’n half­uur, drie keer per week. Dit laat my goed voel, want ek voel le­wen­dig en dis lek­ker om ’n bie­tjie uit te kom. Ek het al­tyd net als vir my fa­mi­lie en man ge­doen, maar nou dat ek iets vir my­self doen, is my man en kin­ders kwaad. My man sê ek soek man op die straat en ek wil ge­sien wees. Die kin­ders kla dat ek hul­le in die ey­es sit en dit maak my seer. Ek weet nie hoe om hier­mee te de­al nie. Is dit ver­keerd van my om aan te hou stap of moet ek lie­wers stop?

SEER­GE­MAAK

ABESTE SEER­GE­MAAK Ag nee! Jou kin­ders en man is som­mer kin­der­ag­tig en self­sug­tig. Hoe durf hul­le jou so seer­maak? Dit is be­lang­rik om tyd vir jou­self te maak en jou ge­sond­heid is van ui­ter­ste be­lang. Moe­nie jou kin­ders kop toe vat nie, want hul­le het niks met jou be­slui­te te doen nie. En jou man moet ook reg­kom. Moe­nie dat jou fa­mi­lie jou on­der­kry nie. Hoe­kom nooi jy nie jou man saam met jou nie? Dan kan hy pre­sies sien wat aan­gaan. Praat met hom oor jou ge­voe­lens en hoe jy dit ge­niet om te stap; dat dit jou e­ner­gie gee so­wel as ple­sier. En as ’n mens mos goed voel, dan lyk jy ook som­mer goed. So, ge­niet dit!

VVROEG RYP?

My dog­ter het on­langs jong­mei­sie ge­word. Ek is ’n s­kaam vrou en weet nie hoe om met haar daar­oor te ge­sels nie. My man is ook nie goed met sul­ke din­ge nie en is nou kwaad vir die kind, om­dat sy nou in dié si­tu­a­sie is. Hy sê sy is te vroeg ryp en dat sy kort voor lank swan­ger sal word. Ek wil nie hê dit moet ge­beur nie. Wat doen ek nou?

BE­KOM­MER­DE MA

ABESTE BE­KOM­MER­DE MA Dit is die plig van jul­le as ou­ers om die kind te be­skerm en die no­di­ge hulp­bron­ne en in­lig­ting aan haar te ver­skaf so­dat sy wy­se en in­ge­lig­te be­slui­te in haar le­we kan maak. Jul­le het mos van dag een af ge­weet dié dag sal aan­breek, want dis mos ’n na­tuur­li­ke deel van ’n vrou se le­we. Maar nou moet jou kind suf­fer om­dat sy met ou­ers sit wie in van­dag se le­we nog s­kaam is om die reg­te ding te doen. Hoe daai ar­me kind nou voel, is vir my baie kom­mer­wek­kend. Om haar bang te praat, sal niks help nie en net die saak ver­er­ger. Hoe­kom koop jul­le nie vir haar ’n goeie boek wat die nu­we s­ta­di­um in haar le­we aan haar kan ver­dui­de­lik nie? Jul­le kan dan saam deur die boek werk. Trek jou sok­kies op as ma en pak die ding by sy ho­rings aan! S­kaam wees is nie ’n ver­sko­ning nie.

VBORSVOED NOG

My kind is al vier jaar oud, maar drink nog aan my bors. Ek wil dit nie meer doen nie, maar my man hou vol ek moet. MOE­DE­LOOS

ABESTE MOE­DE­LOOS

Dit is reg­tig nie no­dig om op dié ou­der­dom nog jou kind te bors­voed nie. Jou man kan mos ver­staan dat jou kind nou mooi groot is. Gaan dok­ter toe so­dat hul­le vir jou iets kan voor­skryf wat jou melk sal laat op­droog. Dis be­slis tyd om die bors­voe­ding te staak. Daar is niks daar­mee ver­keerd nie, maar as jy on­ge­luk­kig is, is dit tyd om op te hou.

VWIL SINGLEWEES

Ek is nie meer lus om in ’n ver­hou­ding te wees nie. Ek voel as­of ek en my ou ver­by me­kaar le­we. Ons is al vier jaar saam en bly ook nou saam. Hy het nog nooit ge­praat van trou nie en ek voel net dat ek my tyd mors. Wat moet ek doen?

SOEK RAAD

ABESTE SOEK RAAD

Jou ge­moed klink as­of jy op­ge­gee het. Dit sal hart­seer wees as dit die ge­val is, want ’n mens moet al­les in jou ver­moë doen om jou ver­hou­ding te red. Ver­al as dit nou al so­veel jaar ge­hou het, plus die feit dat jul­le so erns­tig was om saam in te trek. Ek ver­staan dat jy sleg voel om­dat jou ou nog nie oor trou ge­praat het nie, maar ek won­der of jy al met hom hier­oor ge­praat het? Jy kan mos jou ge­voe­lens be­kend maak. Ek is se­ker hy gaan jou nie ig­no­reer nie. Die ding van ver­by me­kaar le­we kan gou hand­uit ruk. Maak ’n be­sluit oor of jy nog in die ver­hou­ding wil wees of nie en kyk of jul­le die ding kan uit­sor­teer. As dit nie jou be­geer­te is nie, moet jy jou ou sê so­dat jul­le a­bei kan aan­be­weeg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.