Nu­we­jaar

Hy is ’n bon­del se­nu­wees, want hier op die Ou­jaar is groot din­ge be­sig om te ge­beur en daar is net een mens wat hul­le kan help. Wat gaan die nu­we jaar vir hul­le in­hou? Deur Ri­ta S­wa­ne­poel

Kuier - - KORTVERHAAL -

et die hoed in die hand staan hy voor haar. “Skies tog om Sus­ter se Ou­jaars­aand te staat en be­derf.” Sy stem is sag en a­po­lo­ge­ties.

“Wie’t nou weer vir wie met die mes by­ge­kom?” vra sy kort-af.

“Nee, nie­mand nie, Sus­ter. ”Die hoed is in ’n rol­le­tjie ge­vou en word om en om in sy se­nu­wee­ag­ti­ge han­de ge­rol. “Dis Nel­la; ek dink die ba­by wil kom.” “Dié tyd van die nag?” “Sus­ter ken mos van ba­bies. Hy wag net dat ’n man se kop swaar op die kus­sing lê, dan wil hy mos ge­bo­re word.”

“Wag hier. ”Do­ra draai om en stap die huis in.

Haar han­de vat vin­nig en raak en sy maak die no­di­ge by­me­kaar. Die haas­tig­heid laat die kers­vlam wap­per. Met als on­der die arm blaas sy die spar­te­len­de vlam­me­tjie dood.

“Het Sus­ter iets aan­ge­had vir die Ou­jaars­aand?” Petrus soek nog re­des om weer ver­sko­ning te vra.

“Sê my Petrus, hoe­veel men­se het jy in die huis ge­sien?” “Nie­mand nie, Sus­ter” “En wat het jy ge­hoor?” Hy neem ’n tyd­jie om te ant­woord as­of hy weet dit is die aan­loop vir ’n af­jak. “Niks nie, Sus­ter.”

“Dink jy daar kon dalk ’n par­ty­tjie daar­bin­ne ge­wees het?” “Nee, Sus­ter. Ek het maar net ge­vra.” “Nou hou op ge­sel­skap soek. ”Do­ra trek haar fiets van die muur af weg. “Kom laat ons ry; daai kind wag vir nie­mand nie.”

Ná ’n stil kwar­tuur praat Do­ra .“Petrus, weet jy dit is al die vier­de maal dat ek die trip­pie vir jou moet ry? Hoe­veel keer moet ek vir jou ver­tel jy moet re­ver­se?”

“Ek maak so Sus­ter, maar die ga­ra­ge hy kom saam. ”Do­ra se lag weer­galm in die don­ker­te. Die fiets se voor­wiel wan­kel en so ook haar be­heer. Die rem­me het geen stop­krag wan­neer die wie­le van klip na gras­pol skiet nie. ’n Mod­der­kol laat die fiets on­der haar uit­gly.

In die ry spring Petrus van sy fiets af en hard­loop na haar toe. “Sus­ter, is jy ol­raait?”

Do­ra is o­rent en trek die fiets op. “Petrus, ek kon my dood­ge­val het.”Haar woor­de is snor­kend. Petrus pro­beer ’n vat­plek op haar lyf kry. “Los my man, ek is ou­kei.”

’n Half­myl ver­der be­daar haar proe­se en die stil­te neem weer oor. Sy wens hul­le is al op pad te­rug. Dan fluit Petrus ge­woon­lik ’n op­ge­ruim­de deun­tjie en sy neu­rie sag­gies saam.

Do­ra weet die my­le is ver­by wan­neer die geel ven­ster in die don­ker­te hang. Teen die laag­te af loop die fiets te sta­dig vir Petrus en hy spring af.

Die fiets slaan sy eie koers in. Toe Do­ra van die fiets af­klim, het Petrus reeds die voor­deur oop. Hy staan in die lig­kol en wys na Nel­la. Sweet­drup­pels pê­rel op haar ge­sig.

Van ag­ter die ka­tel loer bang o­gies. Dié ar­me kin­ders se nag is ook heel ver­steur. “Naand Nel­la.” Nel­la kreun. Do­ra se kun­di­ge oog sien dat hul­le kort voor lank fluit-fluit op pad te­rug gaan wees .“Lyk my ek is net be­tyds.”

Die doe­ke is reeds langs die bed ge­pak en sy kan hoor hoe Petrus skar­rel om die wa­ter ge­kook te kry.

Do­ra glim­lag vir die o­gies. “Jul­le boe­tie of sus­sie gaan nou-nou hier wees.”

Nel­la gil bevele. “Petrus, mis­kien moet jy eers die kin­ders hier uit­kry!”

Petrus sit die kom ge­kook­te wa­ter neer en met ’n k­waai stem ver­wil­der hy die drie. “Petrus!” “Ja, Sus­ter?” Daar is rou se­nu­wees in sy stem.

“Ek wil hê jy moet by­staan so­dat jy dit vol­gen­de keer self kan doen.”

’n B­leek­heid sak van­af sy voor­kop na sy nek. Sy mond gaan oop, maar geen ge­luid kom uit nie.

“Petrus, daar is niks moei­lik aan ba­bas vang nie. Dit is net so mak­lik soos om die ou goed­jies te maak.”

“Nooit nie, Sus­ter!” Petrus gooi sy lyf om na die deur toe.

’n Kraam­sus­ter se han­de moet vin­nig wees en voor hy sy eer­ste tree gee, het sy hom aan die broeks­pyp beet. “Staan daar bo by haar dan hou jy haar hand vas.”

“As­se­blief nie, Sus­ter.” Se­nu­wees laat hom smeek.

Do­ra trek hom aan die broeks­pyp na waar sy wil hê hy moet staan. “Kin­ders maak kan jy mos goed doen, maar van­aand gaan jou job nie daar ein­dig nie. Jy maak hul­le; jy vang hul­le.”

Petrus neem Nel­la se hand in sy­ne en draai sy ge­sig na die gor­dyn. Haar gil­le volg kort op­me­kaar en Do­ra kan die kop­pie sien.

Do­ra kyk op. “Petrus, hou op om Nel­la se hand so styf te druk. Sy is ver­on­der­stel om joune te druk.” Sy gryp hom weer aan die broeks­pyp en trek hom na haar toe. Sy oë los nie die gor­dyn nie.

“Druk, Nel­la! Die kop­pie is uit. Petrus staan hier en vat jou oë van die gor­dy­ne af.”

Do­ra staan op en druk Petrus in die po­si­sie waar sy ge­staan het. Sy lig­gaam is soos ’n to­tem­paal. “Petrus, re­lax, dis nou­nou ver­by.”

“Ag as­se­blief tog nie, my goeie Sus­ter.” Sy stem kom en gaan. “Ek sal nie weer ’n kind maak nie.”

“Hier­na kan jy maak so­veel as wat jou lig­gaam be­geer.”

Do­ra draai sy kop na daar waar die ly­fie ’n ver­sky­ning maak. “Nou steun jy hom met jou han­de.”

Sy be­gin twy­fel of dit so ’n goeie i­dee is, want Petrus ruk as­of hy fit. Hy mag dalk groot ska­de aan­rig.

Wan­neer Petrus se han­de die lig­gaam­pie aan­raak, is dit as­of ’n kalm­te hom be­set. Die be­we­ra­sie ver­dwyn en die han­de word dié van ’n ge­sou­te vroed­vrou.

“Sus­ter, ek kan sien dis ’n mei­sie­mens!” Met een a­sem lag en huil Petrus.

Hy loer oor Nel­la se knieë. “Dis wrag­tig ’n mei­sie­mens!” “Petrus, kyk wat jy doen!” kreun Nel­la. Do­ra kan sien dat die ge­luk hom dom ge­laat het. “Nou hou jy haar on­der­ste­bo en gee haar ’n hou op die bou­de.”

“Sus­ter, ek kan mos nie som­mer die kind staat en slaan nie.”

Do­ra be­sef dat sy te veel ver­wag van Petrus en neem die ba­ba uit sy han­de.

Ná die eer­ste gil­le­tjie uit is, lê sy die ba­ba in Nel­la se arms.

“Sy’s ’n ge­son­de won­der­wer­kie, Nel­la. Petrus, jy kan nie nou staan en g­rens nie, daar’s nog die na­ge­boor­te.” “Die wat, Sus­ter?” “Die ge­deel­te wat jy nie gaan groot­maak nie.”

Nog in skok neem Petrus sy po­si­sie in. Sy lig­gaam be­gin rit­mies wieg soos dit vir hom dui­de­li­ker word wat be­sig is om te ge­beur. Dan kan­tel die groot lig­gaam en sak teen Do­ra se be­ne af. “Wat het nou ge­beur, Sus­ter?” vra Nel­la. “Petrus het neer­ge­slaan. ”Do­ra kyk af na waar hy oor haar voe­te lê. “Hy sal by­kom. Laat ek eers vir jou klaar­maak.”

Tus­sen­deur die ge­vroe­tel met ma en ba­ba, kom Petrus by. Swak kruip hy teen die bed op. “Is jy ou­kei, Nel­la?”

“Ja, Petrus. Kom kyk die prag­ti­ge mei­sie­kind.”

Nel­la steek haar hand uit. “Wil die be­ne nog nie staan nie, Petrus?”

“Nee, Nel­la­tjie, dis maar net dat ek na­der is aan die kleinding as ek so op my knieë staan.” Hy blaas ’n lang fluit deur sy voor­tan­de. “Sy’s wrag­tig mooi.”

“Petrus. jy het nou ge­noeg ge­kyk. Gaan roep vir El­sie van langs­aan so­dat ons kan te­rug­ry.” Do­ra kyk op haar hor­lo­sie. “Mag­tig Nel­la, jy het ’n 1957-mo­del.” “Is­sit Sus­ter?” “Ja, en ’n voor­spoe­di­ge Nu­we­jaar vir jul­le en die klein­goed.”

“’n Voor­spoe­di­ge toe­koms vir Sus­ter en ’n blink Nu­we­jaar.”

Met die pad te­rug fluit Petrus ’n bly­moe­di­ge deun­tjie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.