Kuier

As jy sukkel om ’n pleister van jou seerplek af te trek, gooi ’n bietjie baba-olie daarop om dit sag te maak. Trek dit dan af.

-

Doreen Rheeder, Uitenhage Vir aangepakte, vetterige potte of panne, kook dit in Omo-water en skuur die ergste met skuurdraad af.

Katie Doyle, Johannesbu­rg

Om jou kastrolle en stainless steel-items goed blink te maak, smeer karringmel­k aan. Los vir ’n ruk aan en vryf blink met droë lap. Johanna Slabbert, Kirkwood

As jy sukkel om miere uit jou suiker te hou, gooi dit in ’n bakkie en bêre dit in die yskas. Francis October, Robertson

As daar ’n bietjie wyn oorgebly het, hoef jy nie die hele bottel te hou of die wyn weg te gooi nie. Giet die oorskietwy­n in ’n houer en vries dit vir latere gebruik in oondgeregt­e of souse.

Frances Titus, Kakamas

As jou stoof vuil is nadat jy kos gemaak het, spuit Mr Muscle Window & Surface Cleaner daarop en vee af met ’n klam lap. Jou stoof sal dan weer mooi skoon wees. Philida Plaatjies, Atlantis

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa