Kuier

antwoorde gegee

-

Om die spatare en are op jou bene te verbloem, smeer concealer daarop.

Elize Visagie, Florida

Vir oliemerke op sement, gooi koeksoda op en daarna witasyn. Los vir ’n rukkie en was af met warm water.

Rachel Adams, Atlantis

Om honde van jou grasperk af te hou, sprinkel weekliks cayenne pepper daaroor. Herhaal wanneer dit gereën het.

Leanda Meyer, George

Om geelvlekke van kledingstu­kke te verwyder, maak ’n pasta van suurlemoen­sap en sout en smeer dit aan die vlek. Hang dit in die son om te droog te word. Was

daarna soos gewoonweg. Nanie van der Merwe, Uitenhage

As jou wenkbroue dun of min is, smeer olyfolie aan om dit dikker te maak.

Aulbany Dyers, Somerset-Wes

Smeer ’n bietjie pine gel op hardnekkig­e vetkolle op klere. Hou dit vir vyf minute aan en was dan in die wasmasjien soos gewoonlik. Dit werk op omtrent enige vlek. Suzette Lakay, Wellington

Om kougom op klere te verwyder, kook asyn en gooi dit op die kougom. Vee dit dan af met ’n skoon borsel. Die kougom behoort dadelik af te kom.

Regina Hoofd, Grabouw

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa