BOLLAS

Kuier - - IN DIE KOMBUIS -

Le­wer on­ge­veer 24 – 30, af­han­gen­de van die groot­te van jou skep­le­pel

BE­STAND­DE­LE Vir die sui­ker­stroop 2 kop­pies wa­ter 1 kop­pie sui­ker ¼ tee­le­pel koek­so­da 1 eet­le­pel bot­ter

Vir die be­slag 2 eet­le­pels bot­ter 2 eet­le­pels sui­ker 2 ei­ers 2 kop­pies koek­meel 2 kop­pies bruis­meel 1 tee­le­pel bak­poei­er ¼ tee­le­pel sout 1 tee­le­pel va­nil­la es­sen­ce 1½ kop­pies melk 2 kop­pies kook­o­lie 1 kop­pie klap­per

ME­TO­DE

Sui­ker­stroop: Gooi die wa­ter en sui­ker in ’n ka­strol en kook saam tot die sui­ker op­ge­los en die meng­sel stro­pe­rig be­gin word. Roer die koek­so­da en bot­ter by. Hou een­kant warm.

Bollas: Smelt die bot­ter en meng met die sui­ker en ei­ers in ’n gro­te­ri­ge bak. Sif die twee me­le, bak­poei­er en sout by. Voeg die melk en die va­nil­la es­sen­ce by en meng tot ’n dik­ke­ri­ge be­slag. Ver­hit die o­lie in ’n diep ka­strol en skep le­pels­vol van die be­slag in die warm o­lie. Diep­braai tot die bol­le­tjies uit­pof en goud­bruin is. Skep met ’n gaat­jies­le­pel uit en d­rei­neer op hand­doek­pa­pier. Doop in die warm sui­ker­stroop en rol in die klap­per.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.