KOOLFRIKKADELLE

Kuier - - IN DIE KOMBUIS -

Ge­noeg vir 4 – 6

BE­STAND­DE­LE

Vir die frik­ka­del­le 500 g min­ce 1 klei­ne­ri­ge ui, fyn­ge­kap 1 knof­fel­toon­tjie, ge­kneus en fyn­ge­kap 1 tee­le­pel fyn kol­jan­der ¼ tee­le­pel fyn clo­ves (na­el­tjies) 1 tee­le­pel droë, ge­meng­de kruie ’n Knip­pie vars­ge­ras­per­de nut­meg (neut­mus­kaat) Sout en vars­ge­maal­de swart­pe­per na smaak 2 snye brood 1 eet­le­pel ta­ma­tie­sous 1 eet­le­pel chut­ney (blat­jang) 1 eet­le­pel Wor­ces­ter shi­re­sous

Vir die sa­me­stel­ling 1 mid­del­slag kop­kool 1 – 2 li­ter wa­ter 1 eet­le­pel sout 1 groot ui, in sky­we ge­sny 2 ta­ma­ties, in sky­we ge­sny ½ kop­pie bees­vl eis­af­t­resel

ME­TO­DE

Frik­ka­del­le: Ge­bruik jou han­de om al die be­stand­de­le vir die frik­ka­del­le saam te meng en lek­ker groot frik­ka­del­le (wat on­ge­veer in die hol­te van jou hand pas) te vorm. Hou een­kant.

Sa­me­stel­ling: Sny die kool­bla­re een vir een van die stronk af en spoel goed af. Vul ’n groot ka­strol met wa­ter, voeg 1 eet­le­pel sout by en bring tot kook­punt. Dom­pel die bla­re ’n mi­nuut of twee in die ko­ken­de wa­ter tot­dat dit buig­saam is. D­rei­neer goed en druk lig­gies droog met hand­doek­pa­pier. Rang­skik die uie- en ta­ma­tie­sky­we on­der­in ’n oond­vas­te bak. Vou el­ke frik­ka­del net­jies in ’n kool­blaar toe en pak styf teen me­kaar bo-op die uie-en­ta­ma­tielaag met die ge­vou­de kant na on­der. Giet die af­trek­sel bo-oor, be­dek die bak met ’n dek­sel of foe­lie en plaas in ’n voor­ver­hit­te oond van 180°C en bak vir on­ge­veer 30 – 40 mi­nu­te (af­han­gen­de van die groot­te van jou frik­ka­del­le).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.