Hal­lo Kui­er­men­se

Kuier - - KUIERHOEKIE -

In hier­die uit­ga­we raak ons weer ’n teer sa­kie aan waar­oor men­se nie som­mer praat nie. Trou­ens, men­se swyg eer­der daar­oor . . . Ek praat van huis­hou­de­li­ke ge­weld. Dis nie die eer­ste keer dat ons die on­der­werp in Kui­er aan­raak nie en steeds voel ek daar word nie ge­noeg daar­oor ge­sê nie, want te veel van ons bly nog stil daar­oor. My­self in­kluis. Ja, ons moet nou maar per­soon­lik raak.

Die sto­ries van S­ha­ron A­do­nis* (bl.14) en Mag­da K­leyn (bl.18) gaan dalk nie jou si­klus van ge­weld help breek nie, maar dalk help breek dit die stil­te. En ek kan nie vir an­der men­se sê jy moet praat an­ders gaan jy nooit vry kom van die ver­le­de of die ge­weld as ek nie self gaan praat nie.

So, ja ek ken huis­hou­de­li­ke ge­weld. Ek kom ook uit ’n slaan­huis. Ek weet wat dit is om te hard­loop voor die houe en wat dit is om mag­te­loos toe te kyk hoe ie­mand vir wie jy lief is, aan­ge­rand word. Ek dink dit is waar die woe­de van­daan kom, hoe­kom ek tot van­dag nie boe­lies kan vat nie en hoe­kom ek suk­kel om men­se te ver­trou.

Daar is dit in een para­graaf en dit het my veer­tig jaar ge­vat om te skryf, maar nou is dit uit. En nou dat dit hier staan vir al­mal om te sien, ver­staan ek nie hoe­kom ek al die ja­re te s­kaam of te bang was om dit te sê nie.

Dalk is dit om­dat ek nie wou hê men­se moet my be­jam­mer, as ’n slag­of­fer sien of my ver­oor­deel nie. Maar as daar een ding is wat ek by Kui­er ge­leer het, is dat jy dit vir jou­self moet doen, al sê men­se wat, want dis al hoe jy kan vry word.

Uit dit al­les hoop ek al die slag­of­fers van huis­hou­de­li­ke ge­weld be­sef hul­le is nie al­leen nie en daar is ’n ma­nier om die si­klus te breek. En as jou klein o­gies al die le­li­ke din­ge ge­sien het, moet jy be­sef jy is ook ’n slag­of­fer en het ook hulp no­dig.

Tot vol­gen­de keer,

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.